Wie is Jurie le Roux?

Jurie le Roux was ’n teologiese dosent by die teologiese fakulteit van UP (hy is tans afgetree).

Hy glo nie in Jesus se letterlike opstanding nie. Hy en Julian Müller is deur Ferdie Mulder gevra om hulle standpunt oor Jesus se opstanding in die openbaar te bely. Dit het tot Ferdie se skorsing gelei. Kyk Opgestaan.

Oor Jesus

Oor Andries van Aarde se boek Fatherless in Galilee, sê Jurie le Roux in sy resensie (kyk Kommentaar op Andries van Aarde se vaderlose Jesus deur Jurie le Roux):

“Van Aarde se boek oor die historiese Jesus is ’n hoogtepunt in die Suid-Afrikaanse Bybelwetenskap.”

In hierdie boek spekuleer Van Aarde onder andere oor:

  1. Wie Jesus se ma was.
  2. Jesus was ’n buite-egtelike kind. Dus was Jesus nie maagdelik verwek nie.
  3. Die moontlikheid dat haar man haar gelos het pas nadat Jesus gebore is (dus het Jesus sonder ’n vader groot geword).
  4. Die rede vir Jesus se kruisiging was heel moontlik agv konfrontasie met die owerhede. (5) Bevraagteken Jesus se wonderwerke.

In Le Roux se resensie  lewer hy op geen oomblik kritiek op hierdie idees nie. ’n Mens sou dink dat as Le Roux enigsins lojaal was teenoor die Bybel, hy hierdie growwe wanvoorstellings ten sterkste sou veroordeel, maar hy doen dit nie.

Abraham

In Le Roux se studienotas oor Abraham bevraagteken hy Abraham se historisiteit. Dit het reuse teologiese gevolge (dit word bespreek in Kommentaar op Jurie le Roux se studienotas oor Abraham). Dus word studente by UP teologiese fakulteit verwar met ’n onsekerheid wat eintlik nie bestaan nie. Le Roux is persoonlik gekontak hieroor, maar die gesprek het op niks uitgeloop nie. Aanvanklik het hy probeer argumenteer dat hy nooit sê dat Abraham nie histories is nie (wat nie waar is nie) en later het hy geredeneer dat ek te min van Hebreeus weet om saam te praat en dat hy nie tyd het om my te probeer verduidelik nie.

Die Bybel

Jurie het tydens ’n klas gesê (Opgestaan, Ferdie Mulder, bl 36):

“Die Bybel is die produk van die gekonkel van mense!”

Dit was nadat ’n student geredeneer het dat die Bybel deur die Heilige Gees geïnspireer is.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui