Johan van der Merwe

Prof Johan van der Merwe doseer Kerkgeskiedenis en Kerkreg aan die Universiteit van Pretoria.

Homoseksualiteit

Hy is ’n voorstaander daarvan om ruimte te maak vir homoseksualiteit in die NG Kerk.

Tydens ’n eendag-konferensie oor selfdegeslagverbintenisse op 12 November 2015 in Stellenbosch sê Johan van der Merwe dat die 2015-besluit, waarmee die NG Kerk ruimte gemaak het vir selfdegeslagverhoudings (SGVs), deel van ’n groter diversiteit in die kerk is en pleit dat ons vir mekaar ruimte moet maak daaroor. Hier volg sy eie woorde:

17:38 Prof Johan van der Merwe – Kerkreg – Praktiese implikasies

“Dit is niks nuuts nie. As mens gaan kyk na die geskiedenis van die NG Kerk dan is daar ’n klomp besluite in die verlede geneem wat op ’n soortgelyke basis gewerk het [soos die 2015-besluit waar daar ruimte gemaak is vir gemeentes om self daaroor te besluit]: Ampsdrag… kategesemateriaal … liedere bundels … vrou in die amp … kindernagmaal [Kommentaar: Met ander woorde, hy stel hierdie sake gelyk met die 2015-besluit oor SGVs]. … Dit gaan op die ou end oor diversiteit … Coenie Burger het my kop oopgemaak toe hy by die 2013 sinode na Handelinge 15 verwys het toe Paulus en Petrus fundamenteel van mekaar verskil het oor die besnydenis en die doop en waar hulle op ’n punt gekom het en gesê het: ons erken dat ons van mekaar verskil, maar wat ons saambind is die feit dat ons deur Jesus Christus uit genade gered is. [Kommentaar: Ek dink Johan moet weer Handelinge 15 gaan lees, want dit is nie wat daar gebeur het nie. Petrus stem saam dat besnydenis NIE ’n voorvereiste moet wees nie en sê: “(10)Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies ’n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? (11)Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” (kyk vers 7 tot 11)] Die NG Kerk het geskuif en verander oor die afgelope klompie jare … Ons is divers en hierdie besluit [die 2015-besluit oor SGV] is waarskynlik deel van ’n groter diversiteit in die kerk … die groot uitdaging is om nie weg te hardloop nie, maar om juis te sê: “Kom ons praat met mekaar en kom ons omarm en vier ons diversiteit en ons loop die pad saam vorentoe.”

Sedert die ontstaan van Kairos Netwerk het hy in sy briewe wat hy in die media geskryf het gepleit vir kerkeenheid en gewaarsku teen kerkskeuring.

Hier volg ’n paar artikels wat hy geskryf het:

1 thought on “Johan van der Merwe”

  1. Ek lees in Hand 15 (1983-vertaling) dat daar mense van Judea af in Antiogië gekom het en die gelowiges daar wysgemaak het dat as hulle hul nie laat besny nie, hulle nie gered kon word nie. Paulus en Barnabas het toe in ’n heftige meningsverskil met hierdie mense betrokke geraak en is daar besluit dat Paulus-hulle na die ouderlinge en apostels in Jerusalem (waar Petrus apostel was) in verband met hierdie vraagstuk sal gaan. Hier het party van die gelowiges, wat voorheen Fariseërs was, ook vertel dat bekeerlinge besny moes word voordat hulle gered kon word. Maar na bespreking het Petrus opgestaan en gesê dat daar geen onderskeid tussen gelowiges is nie: “Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word”.
    Prof Van der Merwe sê hierbo dat Coenie Burger sy kop oopgemaak het deur na Hand 15 te verwys waar Paulus en Petrus fundamenteel van mekaar oor die besnydenis verskil het…. Dis bloot nie waar nie, want hier lees ons dat albei apostels geglo het dat mens net deur die genade van ons Here Jesus gered kan word. Hulle het wel vroeër hieroor verskil, maar nou is hulle eensgesind. Dis wat Petrus se uitspraak tog baie duidelik hierbo verkondig. Hulle het nie by ’n punt gekom en gesê: “… ons erken dat ons van mekaar verskil, maar wat ons saambind is die feit dat ons deur Jesus Christus uit genade gered is”, soos prof Van der Merwe skryf nie. Die verskille is opgeklaar en Petrus en Paulus, asook die ouderlinge en ander gelowiges was eensgesind hieroor.
    Dit wil nou vir my voorkom asof diversiteit binne die NG kerk op grond van hierdie besluit gedryf word, sodat SGV, asook gender LGBTQI+-klassifikasies, asook enige ander kwessie, hierdeur geregverdig kan word….
    Waar interpreteer ek as gelowige God se Woord in Handelinge 15 verkeerd?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui