Beskrywingspunt: Gemeente Pretoria oor taaldiversiteit

Gemeente Pretoria het die volgende beskrywingspunt aan die Noordelike Sinode voorgelê. Hierdie sinode het 16-20 Oktober 2022 plaasgevind.

******

Beskrywingspunt deur Gemeente Pretoria

Aan Noordelike Sinode, 16-20 Oktober 2022

Amptelike Tale van Noordelike Sinode

NG Pretoria

Aanbeveling:

  1. Dat die sinode erken dat Afrikaans nie meer die enigste taal is waarin gemeentes (of selfs ringe) funksioneer nie.
  2. Dat die sinode hierdie groter taal-diversiteit verwelkom,
  3. Dat die SDR en moderatuur in hulle beplanning vir die volgende sinodesitting en die toekomstige funksionering van die sinode hierdie diversiteit in ag moet neem.

Motivering

Noordelike Sinode word gereeld voorgestel in terme van haar geografiese diversiteit – met gemeentes tot ver noord van die Limpopo en selfs in Brittanje. Binne Suid Afrika is ons bediening in gemeentes ook al lank nie meer slegs Afrikaans sprekend nie. NG Pretoria het reeds etlike jare gelede ons amptelike taal van die kerkraad na Engels verander, en saam met NG Pretoria en ‘n groeiende groep gemeentes wat permanente observeerders is het die Ring van Pretoria-Oos ook ons amptelike taal van die ring na Engels verander ongeveer 5 jaar gelede. Ons vermoed dat daar meer sulke voorbeelde oor tyd sal wees. Ons het as kerk onsself verbind tot ‘n groeiende diversiteit en inklusiwiteit. Taal is deel van hierdie diversiteit, maar ons keuses en praktyke rondom taal bepaal ook ons konkrete bewegings tot groter inklusiwiteit. Alhoewel die toekoms verskeie bedieningstale sal insluit, soos wat ons onderskeie kontekste bepaal, gaan dit krities wees dat ons rondom ons strukture so gevorm sal word dat dit die deure sal oopmaak sodat die ryk diversiteit van ons omgewings ook in die NG Kerk sal kan tuis kom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui