Hoëveld Sinode 2022 beskrywingspunte

Die volgende beskrywingspunte het gedien by die Hoëveld Sinode van 2022:

  1. Mooifontein – AS moet ontbind
  2. Mooifontein – Losmaak van AS
  3. Ring van Heidelberg – Moratorium op 2019-besluit
  4. Evander – Losmaak van AS
  5. Charl Cilliers – Losmaak van AS
  6. Charl Cilliers – AS moet ontbind
  7. Witfield – Artikel 37
  8. Ring van Standerton – Losmaak van AS

Kommentaar

Daar is twee beskrywingspunte wat meer as een keer voorkom:

  1. Om die Algemene Sinode te ontbind
  2. Om individuele gemeentes toe te laat om hulleself los te maak van die Algemene Sinode

Hoe enige van hierdie in die langtermyn gaan help, is onseker. Kyk:

********

NG gemeente Mooifontein (Dolerend) – AS moet ontbind

20 Junie 2022

Beskrywingspunt: Die Algemene Sinode moet ontbind

Heelwat gemeentes wat doleer sowel as behoudend vra hierdie vraag na al die skokkende besluite in die NKG die afgelope meer as 10 jaar.

Verskillende sinodes/gemeentes binne een denominasie kan nie wyd uiteenlopende sieninge oor kern teologiese dogmas hê nie. Dit sal nie sin maak as streeksinodes binne die NGK verskil oor byvoorbeeld die doop, eskatologie, selfdegeslagverhoudings en teologiese opleiding nie. Dit is juis hierdie kernsake wat denominasies van mekaar skei. Daarom moet daar ‘n oorhoofse struktuur wees om seker te maak dat daar oor kernsake saam gestem word.

Die voorstel dat die AS met ‘n federale struktuur vervang word om die AS minder mag te gee.

  1. Is die struktuur in die NGK so ontwerp dat dit deur verteenwoordigers van reg oor die land bygewoon word. Daar is moontlik ‘n saak uit te maak dat die normale grootte sinode van 400 afgevaardigdes beter is as ‘n verkleinde sinode van 220 (of selfs minder).
  2. Besluite van die afgelope 10 jaar glad nie afgedwing na onder nie. Dit is baie duidelik gesê dat gemeentes self moet besluit oor byvoorbeeld die hantering van selfdegeslagverhoudings.
  3. Uit bogenoemde punte kan die afleiding gemaak word dat die AS reeds ‘n federale sisteem gebruik.
  4. Die probleem is dat die tydgees die kerk te diep geïnfiltreer het om dit nog te probeer omdraai.
  5. Onder leiding van die AS het die NG Kerk se evangeliese ywer die afgelope 30 jaar sterk afgeneem nadat al meer inheemse kerke in die buiteland en tuis, selfstandig geraak en hul eie evangelisasie en kerkplanting plaaslik begin doen het.
  6. Die NG kerk se misionale fokus het verskuif as groot rolspeler in Suid Afrika, na dieselfde fokus as die Rooms Katolieke kerk en ander hoofstroomkerke oor die wêreld, naamlik sosiale geregtigheid.
  7. Die groot konflik wat tans heers tussen die AS van die NG kerk en ‘n groot groep besorgde lidmate en gemeentes, dit moet aangespreek word, soos in 1 Kor. 1:10 se Paulus dat almal eensgesind in JESUS CHRISTUS moet wees. “Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees met dieselfde GESINDHEID en met DIESELFDE OORTUIGING.” Die eenheid lê dus nie in ‘n “ruim huis” waar elkeen kan kies wat waarheid is vir hom/haar nie, maar in ‘n nuwe eenheid met Christus deur wie ons gered is uit sonde tot heiligheid. (Efesiërs 4:1-5:20)

AANBEVELINGS

  1. Die HS neem kennis van die afwykende gedrag van die AS.
  2. Die HS aanvaar dat die huidige konflik met die AS verdeeldheid veroorsaak.
  3. Die HS besluit dat die huidige AS struktuur onvoldoende is vir die NG kerk in die huidige omstandighede.
  4. Die HS versoek die ASM om ‘n buitengewone sitting te reël sodat die huidige stand van Kerkbestuur gedebatteer kan word met die doel om die AS struktuur te ontbind.

Ds CW Greeff

NG gemeente Mooifontein (Dolerend) – Losmaak van AS

20 Junie 2022

Beskrywingspunt: Voorstel aangaande ‘n welwillende wyse waarop die Algemene Sinode (AS) talle gemeentes kan help wat uit die verband met die Algemene Sinode wil tree.

Die Kerkraad van NGK Mooifontein wil graag, soos talle ander gemeentes, uittree uit die verband met die AS. Die kerkraad het besluit om nie die Hoëveld Sinode (HS) te versoek om as streeksinode uit die AS verband te tree nie. Die kerkraad stel egter voor dat die talle gemeentes wat tans versoek om uit die verband met AS wil tree, op die volgende wyse gehelp kan word om dit te doen:

Die kerkraad versoek die HS daarom om die aanbevelings wat volg goed te keur as ‘n weg van wedersydse welwillendheid tussen die verskillende streeksinodes, asook die AS van die NGK, waarop gemeentes uit verskillende streeksinodes gehelp kan word om uit die verband met AS te tree:

AANBEVELINGS

  1. Die HS aanvaar dat daar ‘n vasgelooptheid van Skrif verstaan binne die NGK bestaan.
  2. Die HS neem met sorg kennis daarvan dat ongeveer 100 NGK gemeentes formeel doleer, terwyl talle ander gemeentes hulle informeel distansieer van daardie besluite van die AS wat ruimte skep vir verskillende soorte Skrif verstaan binne die NGK.
  3. Die HS neem kennis dat hierdie gemeentes – regtens of verkeerdelik – oortuig is dat hierdie besluite van die AS bots met die Skrif, Belydenis en Kerkorde van die NGK.
  4. Die HS aanvaar ook die hartseer werklikheid dat hierdie gemeentes nie langer bereid is om binne die verband met die AS te bly nie.
  5. Die HS neem kennis dat hierdie gemeentes hulle distansieer van die NGK se voortgaande kontrakte vir teologies opleiding met die universiteite van Stellenbosch, Pretoria asook die Vrystaat. Hierdie gemeentes verkies dat teologiese opleiding voortaan by ander teologiese opleidingsentra sal plaasvind waar Skrifgetroue opleiding verskaf sal word.
  6. Die HS neem gevolglik kennis daarvan dat, behalwe die HS, die Namibiese, die Vrystaatse, die Oostelike asook die Goudland se Sinode tans op verskillende wyses besin oor die voorgaande band tussen gemeentes, streeksinodes en die AS.
  7. Die HS neem kennis van die tragiese hofgedinge oor eiendom wat in die Hervormde Kerk plaasvind weens ‘n stryd met gemeentes wat uit die Hervormde Kerkverband getree het, sodat dieselfde soort hofgedinge oor eiendom nie toekomstig ook in die NGK sal realiseer nie.
  8. Die HS aanvaar die werklikheid dat gemeentes wat versoek om uit die verband met die AS te tree, tans steeds binne die verband bly, alleenlik omdat hulle nie in soortgelyke hofgedinge betrokke wil raak aangaande die interpretasie van artikel 37 van die Kerkorde nie.
  9. Die HS neem kennis dat die AS of die ASM in ‘n posisie is om ruimte te skep vir hierdie gemeentes om sonder hofgedinge uit die verband met die AS te tree:
    a) Die HS neem kennis daarvan dat die AS of die ASM volgens Kerkorde artikel 32 by magte is om ‘n samewerking met verteenwoordigers van streeksinodes ‘n hergroepering van gemeentes goed te keur, sodat daar ruimte geskep kan word vir sulke gemeentes om as ‘n heringedeel de streeksinode uit die verband met die AS te tree.
    b) Die Sinode neem kennis daarvan dat daar reeds talle presedente in die geskiedenis van die NGK bestaan waar gemeentes, ringe en sinodes heringedeel is te spyte daarvan dat dit nie oor geografiese redes gegaan het – soos Kerkorde artikel 32 bepaal – nie. (Sien bylaag soos bekom uit ‘n verslag van die Vrystaat Sinode 2022)
  10. Die HS erken dat, indien sulke gemeentes gedwing word om binne die AS verband te bly deur eiendom en finansies as dwang- of magsinstrumente te gebruik, sulke voortgaande gedwonge eenheid nie versoenbaar is met die Skrif wat gelowiges roep tot eenheid in liefde en waarheid nie.
  11. Die HS onderneem daarom om die AS te versoek om dit op welwillende wyse maklik te maak vir hierdie gemeentes om met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, ensovoorts, uit die verband te tree deur hulle toe te laat om heringedeel te word binne een bestaande sinodale verband wat dan toegelaat kan word om in terme van artikel 37 uit die verband met die AS te tree. Die HS stem saam dat hierdie die enigste haalbare oplossing is wat die huidige vasgelooptheid in die AS sinvol kan aanspreek. Gemeentes wat deel wil vorm van hierdie streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, word dan toegelaat om hergroepeer te word by ander streeksinodes wat daardie streeksinode uit die AS verband tree.
  12. Die HS besluit daarom om reeds in beginsel dit goed te keur dat gemeentes uit die Hoëveld Sinode wat hulle wil voeg by ‘n streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, toegelaat word om dit te doen.
  13. Die HS versoek die ASM om, indien nodig, ‘n buitengewone sitting te reël waar ‘n besluit geneem sal word om gemeentes uit alle streeksinodes te hergroepeer in ‘n sinodale verband wat toegelaat sal word om met behoud van eiendom uit die verband van die AS te tree.

Ds. CW Greeff

Ring van Heidelberg – Moratorium op 2019-besluit

15 Augustus 2022

Insake: Ring van Heidelberg

Die Ring van Heidelberg het tydens sy 103de Gewone Vergadering op 31 Julie 2022 die volgende besluite geneem:

1. TUTELA – Samestelling van Ringe en statutêre indeling van werksgrense

(Notule Punt 11.4.1.3. iv.)

Die vergadering gee ook aan die ringskommissie opdrag om ‘n skrywe aan die Hoëveld Sinode te rig waarin daar versoek word dat die sinode ondersoek moet doen na die samestelling van ringe. Die sinode word versoek om die nodige aanpassings te maak in die samestelling van ringe, sodat dit ooreenstem met die statutêre indelings van munisipaliteite en provinsies. Hierdie aanpassing sal die administrasie en samewerking tussen die staat se maatskaplike dienste en TUTELA aansienlik vergemaklik.

2. Verslag rakende selfdegeslagverhoudings (Notule Punt 13.2)

  1. Die Ring van Heidelberg distansieer hom van die besluit rakende “Selfdegeslagverhoudings” wat deur die Algemene Sinode geneem is tydens die sitting van die Algemene Sinode gedurende Mei 2019. As Ring is ons oortuig dat die Woord van God negatief oordeel oor enige seksuele dade tussen mense van dieselfde geslag, sowel as enige ander seksuele wangedrag. Die Kerk kan nie ’n ruimte skep om enige sonde, van watter aard ook al, goed te keur terwyl die Woord van God dit duidelik verbied nie.
  2. Die Ring van Heidelberg is van mening dat die besluit van die Algemene Sinode die weg baan dat die Kerk homself die reg toeëien om dit wat die Woord van God geopenbaar het as sonde, te mag ophef en dan sy eie standpunt te hê, wat selfs in stryd met die Woord van God mag wees. Hier loop die kerk die gevaar om die skepsel en sy/haar eie voorkeure bo die Skepper en sy bepalings te verhef en te aanbid. Omdat die Algemene Sinode hom hieraan skuldig maak moet dit as dwaling gesien word en word die Algemene Sinode opgeroep tot inkeer van sy verkeerde weë.
  3. As Ring is ons van mening dat die besluit oor “Selfdegeslagverhoudings” die simptoom is van twee gevare in die Kerk naamlik:
    a) Die vraagstuk oor “Skrifgesag en Skrifbeskouing”. Die manier hoe ons die Woord van God hanteer en interpreteer. Die Ring is bekommerd dat die Woord van God deur sulke besluite as sekondêr gesien word en die mens se emosies en ervaring primêr word in die proses van besluitneming.
    b) Die morele verval van ons samelewing wat insluit seksuele losbandigheid. Die kerk het geen keuse nie as om hierdie morele verval daadwerklik aan te spreek.
  4. Die Ring wil dit duidelik stel, ons het geen bedoeling om een sonde bo die ander te stel nie! Die kerk ervaar daagliks die stryd teen sonde en is geroep om die stryd teen sonde voort te sit. Die kerk mag nooit die stryd teen enige vorm van sonde laat vaar deur ons verstaan van die Skrif so te verander dat dit die sonde regverdig nie. Na ons mening, kan die besluit van die Algemene Sinode ’n ruimte vir mense skep om in gemak te volhard in hulle sonde en steeds in die amp te bly, terwyl die Woord vir ons baie duidelike riglyne gee oor die lewenswandel van ampsdraers.
  5. Die Algemene Sinode se besluit skep verwarring, want die besluit herbevestig dat die huwelik slegs ’n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is. Tog gee die Algemene Sinode terselfdertyd erkenning aan die status van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag. Hierdie besluit skep ruimte vir die beoefening van die seksuele buite die grense van die huwelik.
  6. Die Ring van Heidelberg wil graag die kerklike weg volg om hierdie saak te hanteer. Derhalwe word die besluit van die Ring van Heidelberg aan die SDK van die Hoëveld Sinode gestuur, asook aan die Algemene Sinode. ’n Versoek word aan die SDK van die Hoëveld Sinode gerig om hierdie saak as ‘n saak van dringendheid tydens die eersdaagse Sinodesitting van die Sinode Hoëveld op 18-20 Oktober 2022, te bespreek sodat daar sinvolle, Bybelse voorstelle ter tafel gelê kan word.

Ons vra derhalwe dat daar ’n moratorium op die besluit van die Algemene Sinode geplaas sal word. In 2015 is hierdie selfde versoek aan die Sinode Hoëveld sowel as aan die Algemene Sinode gerig. Ons het egter tot op hede geen skriftelike terugvoer van enige van bogenoemde ontvang nie. Ons vertrou dat die Sinode Hoëveld sowel as die Algemene Sinode ernstig sal aandag gee aan ons versoek en ons van skriftelike terugvoer sal voorsien.

  1. Ten slotte bevestig ons steeds dat die gemeentes van die Ring van Heidelberg se deure, met die liefde en deernis van Christus vir alle mense oop staan. As kerk wil ons die oop arms van Jesus wees wat vir alle mense genade, vergifnis en heling bied. Liefde vir God en liefde vir mekaar bly ten alle tye ons opdrag. Tog het die kerk die taak om mense wat in sonde volhard te vermaan met die nodige kerklike opsig en tug. Derhalwe kan persone wat in enige sonde volhard en waarvan gemeentes bewus is, nie in ‘n leiersposisie (ampte van die Kerk) dien nie.
  2. Die Ring van Heidelberg herbevestig dat die Woord van God die ware en volkome leer van die verlossing is, en daarom bly dit die norm in die leer van die NG Kerk.
  3. Die Ring van Heidelberg versoek die Algemene Sinode en die Hoëveld streeksinode om indringend te kyk na die afvaardiging na die Algemene Sinode om ’n groter verteenwoordiging daar te stel.

3. Ringskommissie

Die ringskommissie van die Ring van Heidelberg vir 2022-2023 word soos volg saamgestel:

Voorsitter: Ds. J.J.C. Rossouw (NG Kerk Nigel-Oos) – 0827745662

Lid van die ringskommissie: Ds. D.R.O.V. Fourie (NG Kerk Suikerbosrand) – 0834492604

Skriba: Ds SMJ Dry (NG Kerk Greylingstad)

Ds. MJ Dry

Skriba: Ring van Heidelberg

NG gemeente Evander – Losmaak van AS

Beskrywingspunt: Voorstel vir ‘n ondersteunende werkwyse waarop die Algemene Sinode (AS) gemeentes kan help wat uit die algemene sinode-verband wil tree.

Die kerkraad van NGK Evander wil moontlik saam met talle ander gemeentes, uit die verband met die Algemene Sinode tree. Hierdie kerkraad versoek nie die Hoëveld Sinode (HS) om as streeksinode uit die verband te tree nie. Die kerkraad stel voor dat die talle gemeentes wat tans versoek om uit die verband met die AS te tree, op die volgende wyse gehelp kan word om dit te doen:

Die kerkraad versoek HS om die volgende wedersyds-ondersteunende aanbevelings GOED TE KEUR as ‘n werkswyse tussen verskillende streeksinodes en die AS ~ ‘n wyse waarop gemeentes uit die verskillende streeksinodes gehelp kan word om uit die verband met die AS te tree:

AANBEVELINGS:

  1. Die Sinode aanvaar dat daar ‘n vasgelooptheid in Skrifverstaan bestaan binne die NGK.
  2. Die Sinode neem met sorg kennis daarvan dat ongeveer 100 NG-gemeentes treur oor, en sommige hulle informeel distansieer van, besluite van die AS wat ruimte skep vir verskillende soorte van Skrifverstaan binne een NGK.
  3. Die Sinode neem kennis dat hierdie gemeentes – regtens of verkeerdelik – oortuig is dat hierdie besluite van die AS bots met die Skrif, Belydenis en Kerkorde van die NGK.
  4. Die Sinode neem kennis dat hierdie gemeentes hulle selfs wil distansieer van die NGK se voortgaande kontrakte vir teologiese opleiding met die universiteite van Stellenbosch, Pretoria asook die Vrystaat. Dié gemeentes verkies dat teologiese opleiding by ander teologiese opleidingsentra sal plaasvind.
  5. Die Sinode aanvaar ook die hartseer werklikheid dat hierdie gemeentes nie langer bereid is om, gegewe die verskille rondom Skrifverstaan, binne die verband met die AS te bly nie.
  6. Die Sinode neem gevolglik kennis daarvan dat, behalwe die HS, die Namibiese, Vrystaatse, Oostelike en Goudlandse Sinodes tans op verskillende wyses besin oor die voortgaande band al dan nie, tussen gemeentes en streeksinodes en die algemene sinode.
  7. Die Sinode aanvaar die werklikheid dat gemeentes wat versoek om uit die verband met die AS te tree, tans steeds binne die verband bly, alleenlik omdat artikel 37 bepaal dat slegs samestellende kerke – en nie gemeentes nie – met behoud van naam, eiendom, ensomeer, uit die verband mag tree.
  8. Die Sinode versoek die AS om kennis te neem van die tragiese hofgedinge oor eiendom wat in die Hervormde Kerk plaasvind weens ‘n stryd met gemeentes wat uit die verband getree het, sodat dieselfde soort hofgedinge oor eiendom nie toekomstig ook in die NGK sal realiseer nie.
  9. Die Sinode neem kennis dat die AS of die ASM in ‘n posisie is om ruimte te skep vir hierdie gemeentes om sonder hofgedinge uit die verband met die AS te tree:
    a) Die Sinode neem kennis daarvan dat die AS of die ASM volgens Kerkorde Artikel 32 by magte is om in samewerking met verteenwoordigers van streeksinodes, ‘n hergroepering van gemeentes goed te keur sodat daar ruimte geskep kan word vir sulke gemeentes om as ‘n heringedeelde streeksinode uit die verband met die AS te tree.
    b) Die Sinode neem kennis daarvan dat daar reeds talle presedente in die geskiedenis van die NGK bestaan waar gemeentes, ringe en sinodes heringedeel is ten spyte daarvan dat dit nie oor geografiese redes gegaan het nie – soos Kerkorde Artikel 32 bepaal. (vergelyk asb. die meegaande bylae soos bekom uit ‘n verslag van die Vrystaat Sinode 2022)
  10. Die Sinode erken dat, indien sulke gemeentes gedwing word om binne die verband te bly deur eiendom en finansies as dwang-of magsinstrumente te gebruik, sulke voortgaande gedwonge eenheid nie versoenbaar is met die Skrif wat gelowiges roep tot eenheid in liefde en waarheid nie.
  11. Die Sinode versoek daarom die AS om dit op welwillende wyse makliker te maak vir hierdie gemeentes om met behoud van eiendom uit die verband te tree deur hulle toe te laat om heringedeel te word binne een bestaande sinodale verband . . . wat dan toegelaat word om in terme van Artikel 37 uit die verband met die AS te tree.
  12. Die Sinode neem kennis dat hierdie ‘n haalbare oplossing is, aangesien gemeentes van ‘n streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, bloot toegelaat kan word om te hergroepeer by ander streeksinodes voor daardie streeksinode uit die verband tree.
  13. Die Sinode neem kennis daarvan dat dit hier gaan oor onderlinge, welwillende toestemming tot ‘n herindeling van ‘n groot groep gemeentes met ‘n gemeenskaplike motivering om in ‘n nuwe verband buite die AS te staan. Die AS het dus nie rede tot kommer dat ‘n presedent geskep word vir alle individuele gemeentes wat toekomstig oor onbenullighede met behoud van eiendom uit die verband met die AS wil tree nie.
  14. Die Sinode besluit daarom om reeds in beginsel dit goed te keur dat gemeentes uit die Hoëveld Sinode wat hulle wil voeg by ‘n streeksinode ~ wat uit die verband met die AS wil tree, toegelaat word om dit te doen.
  15. Die Sinode versoek die ASM om, indien nodig, ‘n buitengewone sitting te reël waar ‘n besluit geneem sal word om gemeentes uit alle streeksinodes te hergroepeer in ‘n sinodale verband wat toegelaat sal word om met behoud van eiendom uit die verband met die AS te tree.

Leraar: Ds. D.S. Meyer

Ouderling: GCM Hattingh

NG gemeente Charl Cilliers – Losmaak van AS

PREDIKANT: SKRIBA/KASSIER: Dr. Bennie Marais Anelda Maritz

Beskrywingspunt: Voorstel aangaande ‘n welwillende wyse waarop die Algemene Sinode (AS) talle gemeentes kan help wat betref losmaking van alle direkte en/of indirekte verbintenisse met die algemene sinodale struktuur.

Die kerkraad van NG Kerk Charl Cilliers (dolerend) wil graag, soos talle ander gemeentes, losgemaak word van enige verbintenis met die AS. Die kerkraad het besluit om nie die Hoëveld Sinode (HS) te versoek om as streeksinode uit die AS verband te tree nie. Die kerkraad stel voor dat die talle gemeentes wat tans versoek om losgemaak te word van enige verbintenis met die AS, op die volgende wyse gehelp kan word om dit te doen:

AANBEVELINGS:

  1. Die HS aanvaar dat daar ‘n vasgelooptheid van Skrifverstaan binne die NGK bestaan.
  2. Die HS neem met sorg kennis daarvan dat ongeveer 100 NG Kerk gemeentes formeel doleer, terwyl talle ander gemeentes hulle informeel distansieer van daardie besluite van die AS wat ruimte skep vir verskillende soorte Skrifverstaan binne die NG Kerk.
  3. Die HS neem kennis dat hierdie gemeentes – reg of verkeerd – oortuig is dat hierdie besluite van die AS bots met die Skrif en Belydenisskrifte van die NG Kerk.
  4. Die HS aanvaar ook die hartseer werklikheid dat hierdie gemeentes nie langer bereid is om binne enige direkte of indirekte verbintenis of verband met die AS te bly nie.
  5. Die HS neem kennis dat baie NG Kerk gemeentes hulle distansieer van die NGK se voortgaande kontrakte vir teologiese opleiding met die universiteite van Stellenbosch, Pretoria asook die Vrystaat. Hierdie gemeentes verkies dat teologiese opleiding voortaan by ander teologiese opleidingsentra sal plaasvind waar, na hul mening, Skrifgetroue opleiding verskaf sal word.
  6. Behalwe die HS self, neem die HS neem kennis daarvan dat die Namibiese, die Vrystaatse, die Oostelike en die Goudlandse Sinode ook tans op verskillende wyses besin oor die voortgaande kerkverband met die AS.
  7. Die HS neem kennis van die tragiese hofgedinge oor eiendom wat in die Hervormde Kerk plaasgevind het weens die stryd van gemeentes wat uit die verband met hul Algemene Kerkvergadering getree het. Die HS hoop dat dieselfde soort hofgedinge oor eiendom nie in die toekom ook in die NG Kerk sal realiseer nie.
  8. Die HS neem kennis dat die AS of die ASM in ‘n posisie is om ruimte te skep vir hierdie gemeentes om sonder hofgedinge uit enige verbintenis of verband met die AS te kan tree:
    a) Die HS neem kennis daarvan dat die AS of die ASM ingevolge Kerkorde artikel 32 by magte is om in samewerking met verteenwoordigers van streeksinodes ‘n hergroepering van gemeentes goed te keur. Hierdeur word daar ruimte geskep vir sulke gemeentes om as ‘n heringedeelde streeksinode uit die verband met die AS te tree.
    b) Die HS neem kennis daarvan dat daar reeds talle presedente in die geskiedenis van die NG Kerk bestaan waar gemeentes, ringe en sinodes heringedeel is ten spyte daarvan dat dit teen die geografiese indeling, soos Kerkorde artikel 32 bepaal, gegaan het.
  9. Die HS erken dat ‘n gedwonge verbintenis of verband met die AS nie versoenbaar is met die Skrif, wat gelowiges roep tot eenheid in liefde en waarheid, nie.
  10. Die HS versoek die AS om dit op ‘n welwillende wyse maklik te maak vir hierdie gemeentes om met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, ensovoorts, uit enige verbintenis of verband met die AS te tree.
  11. Die HS versoek die AS om sodanige gemeentes toe te laat om heringedeel te word binne een bestaande sinodale verband wat dan toegelaat kan word om in terme van artikel 37 uit die verband met die AS te tree. Gemeentes wat deel vorm van hierdie streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, word dan toegelaat om hergroepeer te word by ander streeksinodes wat steeds binne die verband met die AS wil bly alvorens daardie streeksinode uit die AS verband tree.
  12. As alternatief tot herindeling by ‘n bestaande streeksinode versoek die HS die AS om ‘n elfde sinode goed te keur wat die behoudende gemeentes en lidmate kan akkommodeer.
  13. Die HS besluit daarom om reeds in beginsel dit goed te keur dat gemeentes uit die Hoëveld Sinode wat hulle wil voeg by ‘n streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, toegelaat sal word om dit te doen.

Die kerkraad van NGK Charl Cilliers versoek die HS daarom om die bogenoemde aanbevelings wat volg goed te keur as ‘n weg van wedersydse welwillendendheid tussen die verskillende streeksinodes, asook die AS van die NG Kerk, waarop gemeentes losgemaak word van enige verbintenis met die AS.

VOORSTELLER: Dr. BP Marais

SEKONDANT: FJ Kok (Ouderling)

NG gemeente Charl Cilliers – AS moet ontbind

PREDIKANT: SKRIBA/KASSIER: Dr. Bennie Marais Anelda Maritz

Beskrywingspunt: Die Algemene Sinode (AS) moet ontbind

Heelwat dolerende sowel as behoudende gemeentes glo dat die AS sy reg om namens gemeentes te besluit verbeur het na al die skokkende besluite in die NGK die afgelope 10 jaar en langer.

Die problematiek wat die optrede en handelinge van die AS veroorsaak en die redes vir die ontbinding van die AS kan soos volg opgesom word:

  1. Die groot konflik wat tans heers tussen die AS en ‘n groot groep besorgde lidmate en gemeentes moet aangespreek word. In 1 Kor 1:10 sê Paulus dat almal eensgesind in JESUS CHRISTUS moet wees. “Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees met dieselfde GESINDHEID en met DIESELFDE OORTUIGING.”
    Die eenheid lê dus nie in ‘n “ruim huis” waar elkeen kan kies wat waarheid is vir hom/haar nie, maar in ‘n eenheid met Christus deur wie ons gered is uit sonde tot heiligheid. (Efesiërs 4:1-5:20)
    Verskillende sinodes/gemeentes binne een denominasie kan nie wyd uiteenlopende sieninge oor kern teologiese dogmas hê nie. Dit maak nie sin as gemeentes en streeksinodes binne die NG Kerk verskil oor byvoorbeeld die doop, eskatologie, selfdegeslagverhoudings en teologiese opleiding nie. Dit is juis hierdie kernsake wat denominasies van mekaar skei.
  2. Die omstandighede wat voor 1962 eenwording van die verskillende sinodes gedryf het (dieselfde Skrifinterpretasie en Skrifuitleg), is duidelik nie tans meer die geval nie. Die hele rede vir samesmelting en vorming van die AS het verdwyn.
  3. In tye van harmonie en eensgesindheid is dit moontlik dat 400 afgevaardigdes ongeveer 1 miljoen lidmate (0.04%) verteenwoordig. Die huidige samestelling en verteenwoordiging is net nie meer moontlik met die “ruim huis” wat die AS voorstaan nie.
  4. Bogenoemde word vererger deurdat ʼn afgevaardigde nie stem volgens die mening van die gemeente wat hy/sy verteenwoordig nie, maar eerder volgens sy/haar eie standpunt. Hierdie beteken eenvoudig dat die wil van die gemeente nie meer gehoor word nie.
  5. Die leuse van die NG Kerk van “Een Liggaam en Een Gees“ het ‘n leuen geword in die lig van die huidige verdeeldheid in die NG Kerk.
  6. Die NG Kerk as groot rolspeler in Suid Afrika se missionale fokus, het verskuif na dieselfde fokus as die Rooms Katolieke Kerk en ander hoofstroomkerke oor die wêreld, naamlik sosiale geregtigheid. Die beginsel van Skrifgetrouheid word hierdeur vervang deur mense gelukkig te hou eerder as om God gelukkig te hou.

AANBEVELINGS

  1. Die HS neem kennis dat sommige gemeentes en gemeentelede die gedrag van die AS as afwykend van hul Skrifbeskouing en Skrifinterpretasie ervaar.
  2. Die HS aanvaar dat hierdie huidige konflik met die AS verdeeldheid veroorsaak en dus nie die eer van God verseker nie.
  3. Die HS aanvaar dat die huidige AS-struktuur onvoldoende is vir die NG Kerk in die huidige omstandighede.
  4. Die HS versoek die ASM om ‘n buitengewone sitting te reël sodat die huidige stand van die NG Kerkbestuur gedebatteer kan word met die doel om die AS-struktuur te ontbind.

VOORSTELLER: Dr. BP Marais

SEKONDANT: FJ Kok

NG gemeente Witfield – Artikel 37

Navraag by gemeentes binne die ressort van Sinode Hoëveld aangaande Kerkorde Artikel 37

1. Agtergrond

Die Kerkraad van die NG gemeente Witfield het kennis geneem van gebeure op kerklike front omtrent die volgende:

  1. Met die opskrifstelling van hierdie beskrywingspunt is die kerkraad bewus van sinodegesprekke[1] asook van prosesse by Sinode Goudland, Sinode van Namibië, Sinode Vrystaat asook Oostelike Sinode[2] wat handel met Artikel 37 van die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk omtrent die moontlikheid om uit die algemene sinodale verband te tree al dan nie.
  2. Artikel 37 lui: “Dit staan die samestellende kerke vry om met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, ensovoorts, uit die algemene sinodale verband te tree wanneer hulle so ’n stap voor God in die lig van sy Woord kan regverdig”[3].
  3. Die prosesse waarna in § 1 verwys word, word veral gestu deur ongelukkigheid op gemeentelike vlak sedert Oktober 2019 se besluite van die Algemene Sinode in verband met selfdegeslagverhoudinge[4].
  4. Die ongelukkigheid op gemeentelike vlak het aanvanklik gestalte gekry deur die beweging van dolerende gemeentes. Hieruit het die Kairos Netwerk gestalte gekry wat as ’n geloofsnetwerk samewerking en ondersteuning op alle vlakke van die NG Kerk fasiliteer ten einde besorgdhede in die kerk aan te spreek omtrent Skrifinterpretasie en -gesag, teologiese opleiding en besluite van die Algemene Sinode wat as onskriftuurlik beskou word[5]. Baie van die teologiese kwessies in die kerk speel uit in teenoorstaande pole van liberalisme en fundamentalisme[6].
 [1] Conradie, C. 2022. Uit die Noord-Kaap: Moenie net kampe maak vir ‘reg’ en ‘verkeerd’. Kerkbode: 23 Mei 2022.

[2] Anon. 2022. Oostelike Sinode: Plan vir nuwe streeksinode bedink. Kerkbode: 3 Aug 2022.

[3] Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. 2019.

[4] Verslagspan. 2022. Nuwe streeksinode vir doleerders: Oplossing of ‘grondslag vir skeuring’? Kerkbode: 3-4, 15 Feb 2022.

[5] Ontmoet Kairos Netwerk. s.a. Kairos Netwerk [http://kairosnetwerk.net]

[6] Hofmeyr, H.W. 2021. Is die NG Kerk naby aan Ground Zero al dan nie? Kerkbode: 15 Okt 21.

  1. Die kerkraad is van mening dat binne die ressort van Sinode Hoëveld die besorgdheid omtrent hierdie sake nie alleen by die dorelende gemeentes bestaan nie, maar ook by ander gemeentes.
  2. Verder aanvaar die kerkraad dat binne die ressort van Sinode Hoëveld daar tegelyk gemeentes is wat oortuig is dat, weens die toedrag van sake, uit die algemene sinodale verband getree behoort te word en dat ander gemeentes nie hierdie moontlikheid oorweeg nie.
  3. Die kwessie dat landwyd meer as 100 NG gemeentes doleer, en dat deelnemende of streeksinodes reeds besin oor die toepassing van Artikel 37, plaas na die kerkraad se mening ook die onus op Sinode Hoëveld om op ’n kollektiewe en welwillende wyse navraag te doen omtrent gemeentes se stand van oortuiging oor die aangeleenthede en moontlike versoeke om Artikel 37 toe te pas.
  4. Die kerkraad is van mening dat sodanige navraag allerweë duidelikheid sal bring oor wat die posisie van gemeentes binne die ressort is en watter verantwoordelikheid Sinode Hoëveld het om ook met Artikel 37 te handel al dan nie.
  5. In hierdie verband het die kerkraad kennis geneem van ’n besluit wat deur Sinode Vrystaat (VS) tydens hulle sitting in Maart 2022 geneem is7. Hiervolgens is die volgende belangrik:
    a) Die sinode meen daar is nie voldoende inligting rakende gemeentesienings, prosedures en implikasies om ’n onmiddellike besluit omtrent Artikel 37 te maak nie;
    b) ’n Sinodale taakspan ’n inligtingstuk oor Artikel 37 en kerkverband saamstel en na gemeentes en ringe verwys vir bespreking met terugvoering teen ’n sekere sperdatum.
    c) Op grond van die terugvoering besluit word oor die noodsaak van ’n buitegewone sinodesitting.
  1. Met § 9 word die belangrikheid van sodanige proses binne Sinode Hoëveld onderstreep.
  2. Die kerkraad aanvaar dat dit ’n tydsame en ingewikkelde weg is tot waar “samestellende kerke” en gemeentes daarmee tesaam met behoud van naam, eiendom en finansies uit die algemene sinodale verband kan tree.

2. Versoek

  1. Die kerkraad versoek gevolglik, in die lig van al bogenoemde inligting, Sinode Hoëveld om ’n sinodale taakspan aan te wys om ’n inligtingstuk oor Artikel 37 en kerkverband saam te stel en aan gemeentes en ringe binne die ressort van Sinode Hoëveld te rig vir terugvoering omtrent die uitvoering van Artikel 37 al dan nie.
  2. Indien die noodsaaklikheid van streekskonferensies blyk, dit oorweeg sal word.
  3. Verder word versoek dat gemeenteterugvoering in die eerste kwartaal van 2023 sal geskied.

3. Aanbevelings

Die kerkraad stel die volgende aanbevelings vir goedkeuring deur die Sinode:

  1. Die sinode gee opdrag aan die Sinodale Dienskommissie om ’n sinodale taakspan, bestaande uit sinodale leierskap en verteenwoordigers van dolerende gemeentes, aan te wys om ’n inligtingstuk oor Artikel 37 en kerkverband saam te stel en aan gemeentes en ringe binne die ressort van Sinode Hoëveld te rig.
  2. Die inligtingstuk bevat weldeurdagte implikasies vir plaaslike gemeentes binne die ressort van Sinode Hoëveld indien Artikel 37 uitgevoer word.
  3. Die sinode versoek gemeentes se terugvoering in die eerste kwartaal van 2023 oor die moontlike uitvoering van Artikel 37 deur Sinode Hoëveld.
  4. Die sinode dra dit aan die Sinodale Dienskommissie op om streekskonferensies te oorweeg indien dit met verloop van die proses nodig blyk.
  5. Die sinode besluit dat na die verwerking van gemeentes se terugvoering die Sinodale Dienskommissie ’n buitengewone wettig gekonstitueerde sinodevergadering byeenroep om die uitkoms en implikasies te bespreek, asook ’n besluit omtrent Artikel 37 te neem.
  6. Gegewe die uitkoms van sodanige besluit (in Aanbeveling 5) gemeentes wat nie daarmee kan vereenselwig nie, toegelaat sal word om uit streeksinodale verband te tree en te hergroepeer binne ’n streeksinodale verband waarmee grondig identifiseer word.

Schoeman, L. 2022. NG Kerk Vrystaat: Oor opleiding van dominees, beelde van God en ‘n moontlike uittog

Kerkbode: 16 Mrt 2022.

Namens die kerkraad

Voorsitter Skriba

Goedgekeur op die kerkraadsvergadering van 29 Augustus 2022.

Ring van Standerton – Losmaak van AS

Beskrywingspunt: Voorstel aangaande ’n welwillende wyse waarop die Algemene Sinode (AS) talle gemeentes kan help wat losmaking van alle direkte en/of indirekte verbintenisse met die Algemene Sinodale struktuur.

Die Ring van Standerton se Gemeentes wil graag, soos talle ander gemeentes, losgemaak word van enige verbintenis met die AS. Die Ring het besluit om nie die Hoëveld Sinode (HS) te versoek om as streeksinode uit die AS verband te tree nie. Die Ring stel voor dat die talle gemeentes wat tans versoek om losgemaak te word van enige verbintenis met die AS, op die volgende wyse gehelp kan word om dit te doen:

Die Ring versoek die HS daarom om die aanbevelings wat volg goed te keur as ’n weg van wedersydse welwillendendheid tussen die verskillende streeksinodes, asook die AS van die NGK, waarop gemeentes losgemaak word van enige verbintenis met die AS:

AANBEVELINGS:

  1. Die HS aanvaar dat daar ’n vasgelooptheid van Skrifverstaan binne die NGK bestaan.
  2. Die HS neem met sorg kennis daarvan dat ongeveer 100 NGK gemeentes formeel doleer, terwyl talle ander gemeentes hulle informeel distansieer van daardie besluite van die AS wat ruimte skep vir verskillende soorte Skrifverstaan binne die NGK.
  3. Die HS neem kennis dat hierdie gemeentes – regtens of verkeerdelik – oortuig is dat hierdie besluite van die AS bots met die Skrif en Belydenisskrifte van die NGK.
  4. Die HS aanvaar ook die hartseer werklikheid dat hierdie gemeentes nie langer bereid is om binne enige direkte of indirekte verbintenis of verband met die AS te bly nie.
  5. Die HS neem kennis dat baie NG gemeentes hulle distansieer van die NGK se voortgaande kontrakte vir teologiese opleiding met die universiteite van Stellenbosch, Pretoria asook die Vrystaat. Hierdie gemeentes verkies dat teologiese opleiding voortaan by ander teologiese opleidingsentra sal plaasvind waar, na hul mening, Skrifgetroue opleiding verskaf sal word.
  6. Die HS neem kennis daarvan dat, behalwe die HS, die Namibiese, die Vrystaatse, die Oostelike asook die Goudlandse Sinode tans op verskillende wyses besin oor die voortgaande kerkverband met die Algemene Sinode.
  7. Die HS neem kennis van die tragiese hofgedinge oor eiendom wat in die Hervormde Kerk plaasgevind het weens ’n stryd met gemeentes wat uit die verband met hul Algemene Kerkvergadering getree het, sodat dieselfde soort hofgedinge oor eiendom nie toekomstig ook in die NGK sal realiseer nie.
  8. Die HS neem kennis dat die AS of die ASM in ’n posisie is om ruimte te skep vir hierdie gemeentes om sonder hofgedinge uit enige verbintenis of verband met die AS te kan tree:
    a) Die HS neem kennis daarvan dat die AS of die ASM volgens Kerkorde artikel 32 by magte is om in samewerking met verteenwoordigers van streeksinodes ’n hergroepering van gemeentes goed te keur, sodat daar ruimte geskep kan word vir sulke gemeentes om as ’n heringedeelde streeksinode uit die verband met die AS te tree.
    b) Die HS neem kennis daarvan dat daar reeds talle presedente in die geskiedenis van die NGK bestaan waar gemeentes, ringe en sinodes heringedeel is ten spyte daarvan dat dit nie oor geografiese redes gegaan het – soos kerkorde artikel 32 bepaal – nie.
  9. Die HS erken dat, ’n gedwonge verbintenis of verband met die AS nie versoenbaar is met die Skrif wat gelowiges roep tot eenheid in liefde en waarheid nie.
  10. Die HS versoek die AS om dit op ’n welwillende wyse maklik te maak vir hierdie gemeentes om met behoud van alle regte, voorregte, besittings, naam, ensovoorts, uit enige verbintenis of verband met die AS te tree.
  11. Die HS versoek die AS om sodanige gemeentes toe te laat om heringedeel te word binne een bestaande sinodale verband wat dan toogelaat kan word om in terme van artikel 37 uit die verband met die AS te tree. Gemeentes wat deel vorm van hierdie streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, word dan toegelaat om hergroepeer te word by ander streekinodes voor daardie streeksinode uit die AS verband tree.
  12. As alternatief tot herindeling by ’n bestaande streeksinode versoek die HS die AS om ’n elfde sinode goed te keur wat die behoudende gemeentes en lidmate kan akkommodeer.
  13. Die HS besluit daarom om reeds in beginsel dit goed te keur dat gemeentes uit die Hoëveld Sinodc wat hulle wil voeg by ’n streeksinode wat uit die verband met die AS wil tree, toegelaat word om dit te doen.

Ds. P.J. Kotze (Voorsitter van die ring)

Ds W. de Beer (Skriba)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui