Wie is Allan Boesak?

Allan Boesak is ’n baie omstrede karakter. Hy was verbonde aan die VGK (Verenigende Gereformeerde Kerk) en het die NG Kerk baie skerp aangeval oor apartheid. Hy was ’n baie sterk voorstaander van die Belharbelydenis en het die NG Kerk skerp gekritiseer omdat die kerk nie die belharbelydenis wou aanvaar nie. Voor Belhar opgestel was, het Boesak sy doktorsgraad gedoen in swart teologie (wat ’n vorm van bevrydingsteologie is).

Generaal Johan van der Merwe, medeskrywer van Belhar geweeg het prof. Dirkie Smit en dr. Allan Boesak, mede-opstellers van die Belharbeslydenis gevra of hulle ’n leuenverklikkertoets sou ondergaan om die volgende vrae te beantwoord om eens en vir altyd duidelikheid oor die vraag te kry of Belhar uit die staanspoor in politieke oorwegings verstrengel was:

  • Is die belydenis, volgens u kennis, op so ’n wyse opgestel, of op enige tydstip in kerklike kringe gebruik om verset teen die vorige regering aan te wakker en die regering te diskrediteer?
  • Het u op enige tydstip in die openbaar die terreurvoorvalle van die jare tagtig veroordeel en Christene aangemoedig om dit op geen wyse te steun nie?
  • Het u ooit deur u optrede of uitlatings op enige wyse, hetsy regstreeks of deur beïnvloeding of deur geld beskikbaar te stel, die revolusionêre aanslag gesteun?
  • Is die belydenis volgens u kennis gedurende die jare tagtig op enige wyse hoegenaamd gebruik om die terreur en geweld wat deur die ANC/SAKP-alliansie bedryf is, te regverdig?

Van der Merwe het onderneem om, indien hulle slaag, al die koste te dra en sy Belharbesware terug te trek. Albei het egter geweier. (Uit Volksblad briewe oor Belhar. Kyk ook Gen Johan van der Merwe se verklaring oor Belhar.)

Boesak word in Maart 1999 skuldig bevind aan bedrog en in 2000 vir drie jaar tronk toe gestuur. In die tronk word hy gevang dat hy onwettiglik selfoonoproepe uit die tronk gemaak het van ’n gesteelde selfoon. Hy word weer in 2001 vrygelaat nadat hy slegs een jaar van die vonnis uitgedien het.

Op 21 Mei 2018 steun hy, saam met ’n hele paar ander, die sportkommentator Ashwin Willemse, wat op regstreekse TV vir Naas Botha en Nick Mallet daarvan beskuldig het dat hulle hom kwansuis geteiken het as ’n kwota (kyk artikel en video onder).

Kyk ook:

********

Steun vir Ashwin op Facebook: ‘Jy maak ons trots’

Deur: Maygene De Wee

21 Mei 2018

Morele steun vir Ashwin Willemse, die oud-Springbokvleuel en SuperSport-kommentator, het sedert Saterdagaand nadat hy uit die SuperSport-ateljee gestap het van heinde en verre ingestroom.

’n Facebookblad, Moral Support Towards Ashwin Willemse, het boodskappe van steun deur bekendes soos prof. Jonathan Jansen, Elna Boesak, adv. Dali Mpofu, Zelda la Grange en selfs die DA-leier, Mmusi Maimane, geplaas.

Willemse het Saterdagaand op ’n regstreekse uitsending net ná ’n advertensiepouse gekla oor die “neerbuigende” houding van sy medeaanbieders, Nick Mallett en Naas Botha. Hy het daarna sy mikrofoon afgehaal en uitgestap.

Willemse het na Mallett en Botha verwys as spelers wat in die gesegregeerde apartheidstyd gespeel het en gesê hulle is “neerhalend”.

George Germishuys het Saterdag geskryf dat Willemse hulle ook daarop gewys het dat hy hard moes werk om sy “kwota-etiket” as speler af te skud.

“Dis belangrik vir my. Ek het hierdie spel lank gespeel en ek is gereeld as ’n kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek te verdien,” het Willemse gesê.

Elna Boesak, oudjoernalis en vrou van dr. Alan Boesak, teoloog en apartheidstryder, skryf: “Ashwin Willemse het die masker van die lelike gesig van aanvaarbare apartheid afgeruk waarin ons sedert 1994 lewe.”

Met dié dapper optrede het hy, sonder om die koste vir homself te bereken, gewys wat dit beteken “om vir die waarheid op te staan”.

“Wat ’n uitnemende, roerende voorbeeld van integriteit, eerlikheid en dapperheid teenoor die gesig van heilige wit kapitaal wat onbuigsaam staan in hul wit meerderwaardigheid.”

Jansen het geskryf: “SuperSport beter met ’n goeie verskoning vorendag kom oor wat veroorsaak het dat Ashwin Willemse geknak het. Hy is die sagste en vrygewigste mens wat ek nog ontmoet het en iets het agter die skerms gebeur wat veroorsaak het dat hy Naas en Nick as dwepers gekonfronteer het. SuperSport, begin praat . . .”

Mpofu twiet: “My man Ash! Jy maak ons trots! Enige spel wat in ons land gespeel word, behoort aan ONS! Daar is geen kompromie, geen terugkeer!”

Kyk ook Boesaks pat Willemse on the back.

********

Op hierdie stadium was daar nie werklik veel meer inligting beskikbaar as wat in die video hieronder gewys word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui