Lewende fossiele

Ek het onlangs die DVD, Living Fossils, Evolution: The Grand Experiment, Episode 2 deur Dr Carl Werner gekyk. Die DVD begin met die volgende vrae: Het natuur-historiese museums irrelevant geword? Het dit so verouderd en argaïes geraak dat hulle tans die publiek mislei? Het museumkurators doelbewus sekere fossiele van die publiek weerhou – fossiele wat die teorie van evolusie in gedrang sal bring? Of het hulle nie die nodige finansies om hulle museums op te dateer nie?

Waar kom hierdie redelik drastiese stellings vandaan? Dr Carl Werner is ’n mediese dokter. Toe hy 19 jaar oud was en nog ’n mediese student, het ’n medestudent hom gekonfronteer met argumente teen evolusie. Dr Werner het sy argumente redelik geldig ervaar en dit het hom gepla omdat hy geglo het dat evolusie ’n feit is. Die student het hom gewed dat hy nie evolusie sou kon bewys nie. Hy het hierdie uitdaging redelik ernstig opgeneem en begin soek. Hy het geredeneer dat as evolusie nie waar is nie, behoort daar fossiele van moderne diere saam met die fossiele van dinosourusse te wees. Hy het slegs fossiele oorweeg wat in dinosourus opgrawingsterreine gevind is sodat mense nie kon sê dat sy bevindinge nie “ou” fossiele was nie. Hy was baie verbaas wat hy gevind het: in die dinosouruslae was daar ook fossiele van die al die moderne hoof diergroepe en ook plante sonder dat hulle baie verander het (kyk Woordeskat vir vertalings en definisies en ook Wetenskaplike Klassifikasie):

  • Elke hoof invertebrata-groep: geleedpotiges (bv insekte en skaaldiere), skulpvis, stekelhuidiges (bv stervis, seelelies, bros sterre, ens), korale, sponse, en gesegmenteerde wurms (bv erdwurms, mariene wurms, ens).
  • Vertebratas: visse, amfibië, reptiele, voëls en soogdiere.
  • Die hoof visgroepe: Kraakbeenagtige vis (haaie en straalvisse), beenagtige vis (bv steur, spaanvis, salm, haring, bot en bowfin) en kaaklose vis (slymprik en lamprei).
  • Die vier reptielgroepe: slange, akkedisse, skilpaaie en krokodille.
  • Voëls: papegaaie, uile, pikkewyne, eende, albatrosse, kormorante, ens.
  • Soogdiere: eekhorings, possums, Tasmaanse duiwels, erdvarke, bewers en eendbekdiere. Dr Werner weet nie hoe goed hierdie fossiele ooreenstem met moderne diere – hy het self nie hierdie fossiele gesien nie omdat nie een van hierdie fossiele in die 60 museums wat hy besoek het, gesien kan word nie omdat dit van die publiek weerhou word. Die paleontoloë wat die opgrawings gedoen het, het dit wel gesien.
  • Al die hoof plantsoorte: blomplante, ginkgobome, keëlbome, mos, vaskulêre mosse, broodbome en varings. Weereens, as jy kyk na hierdie fossiele en dit vergelyk met moderne vorms, sal jy vinnig tot die gevolgtrekking kom dat die plante nie verander het nie. Fossiel mammoetbome, magnolias, kornoelies, populiere en rooihoute, lelies, broodbome, varings, perdesterte, ens is gevind by die dinosourus opgrawings.

Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer:

  1. Daar is baie voorbeelde van fossiele van moderne diere en plante wat in die dinosouruslae gevind word. Dit het hom baie verbaas.
  2. Die moderne diere vandag het heeltemal verskillende wetenskaplike name as die fossiele van die moderne diere wat gevind is in die dinosouruslae, ten spyte daarvan dat hulle baie ooreenstem. As mens bv ’n moderne garnaal met die fossiel van ’n garnaal vergelyk, lyk die twee baie dieselfde, maar tog het hulle verskillende wetenskaplike name (figuur 1):

lf02 garnaal

Figuur 1: Litopenaeus setifery vs Antrimpos speciosus (Garnaal)

Die volgende foto wys die skedels van twee honde (Canis familiaris) en demonstreer hoe groot die variasie kan wees binne een diersoort. Alhoewel die twee skedels van die honde redelik drasties verskil, het hulle dieselfde wetenskaplike naam.

lf01 hond

Figuur 2: Die skedels onderskeidelik ’n bulhond en Ierse wolfhond wat demonstreer hoe groot die variasie kan wees binne een diersoort

Dit is daarom dat dr Werner so verbaas was dat daar verskillende name bestaan vir die moderne diere en die fossiele wat gevind is in die dinosouruslae. Die volgende prentjies is nog voorbeelde van wat dr Werner gevind het en wat bogenoemde twee waarnemings bevestig:

lf03 griffelseekastaiing

Figuur 3: Hemicidaris intermedia vs Eucidaris tribuloides (griffel seekastaiing of “slate pencil urchin”):

lf04 cyclolites undulata

Figuur 4: Fungia fungites vs Cyclolites undulata (Boggelrug koraal of “Humpback Coral”)

lf05 kreef

Figuur 5: Procambrus clarkii (links) vs Eryma leptodactylina (regs) (varswaterkreef)

lf06 kreef

Figuur 6: Palinurina longipes (links) Panulirus pencillatus (regs) (Kreef)

lf07 naaldekoker

Figuur 7: Pachydiplax longipennis (links) vs Urogomphus giganteus (regs) (Naaldekoker)

lf08 krokodil

Figuur 8: Albertochampsa langstoni vs Alligator mississipiensis (Amerikaans krokodil)

lf09 kabouterhaai

Figuur 9: Scapanorynchus vs Mitsukurina (Kabouterhaai of “goblin shark”)

lf10 selekant

Figuur 10: Latimeria chalumnae vs Coelacanthus Pencillatus (Selakant of “coelacanth”)

lf11 kewer

Figuur 11: ’n Kewer

lf12 seester

Figuur 12: Palaeocoma tenuibrachiata (links) vs Ophiarachenella (spesie onbepaald) (regs) (Brosster of “Brittle Star”)

lf13 likkewaan

Figuur 13:Iguana/likkewaan

lf14 blaar

Figuur 14: Populus kansaseana (links) vs Populus szechuanica (regs) (Populier or “Poplar”). Op die DVD word gewys dat hierdie blaar presies op die fossiel pas

lf15 hoefysterkrap

Figuur 15: Limulus polyphemus (links) vs Mesolimulus walchi (regs) (Hoefyster krap of “Horseshoe crab”)

Dit is dus baie duidelik dat moderne diere saam met dinosourusse geleef het maar dat wetenskaplikes verskillende name gee vir die moderne diere en die fossiele van moderne diere saam met dinosourusfossiele, selfs al stem die fossiele baie ooreen.

’n Ander interessante verskynsel wat gevind is, is ’n fossiel van ’n dier wat baie ooreenstem met ’n Tasmaanse duiwel (“Tasmanian devil”), met ’n klein dinosourus in sy maag (kyk Dinosaur-eating mammal discovered in China en Prehistoric badger had dinosaurs for breakfast).

Daarom het die vraag by Carl Werner ontstaan of evolusie nie kunsmatig aangeblaas word nie deurdat wetenskaplikes totaal verskillende wetenskaplike name uitdink vir moderne diere teenoor “prehistoriese” diere, selfs al lyk hulle feitlik presies dieselfde. (In ’n onlangse ontleding van die 1401 wetenskaplike name wat aan dinosourusse gegee is tussen 1824 en 2004 toon dat ongeveer 16% van die name duplikate was, en 32% ander vorme van foute bevat – kyk Too many dinosaur names.)

Aan die einde van die DVD spreek hy die volgende kritiek uit teenoor museums (onthou, hy was voorheen ’n evolusionis):

  1. Fossiele en moderne plante en diere word apart vertoon in museums. Dus kan ’n mens nie maklik die ooreenkomste raaksien nie en aanvaar mense dat diere en plante verander het oor tyd.
  2. Museums vertoon nooit fossiele van dinosourusse saam met fossiele van moderne diere nie, selfs al is al hierdie fossiele van moderne diere ook in die dinosouruslae gevind. As garnale byvoorbeeld saam met dinosourusse gevind is, hoekom word dit nooit saam vertoon in museums nie?
  3. Die belangrikste fossiele, die byna 100% volledige fossiele van soogdiere wat gevind is in die dinosouruslae, is nie beskikbaar vir die publiek om gesien te word by geen een van die 60 museums wat dr Werner besoek het nie. [Is dit om te verhoed dat mense sien dat evolusie op losse skroewe staan?]

Kyk ook

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Die volgende kom uit Does CMI ministry to churches reach unbelievers?:

The testimony of a gentleman in Canada, whom we’ll refer to as Larry, is a good example of the ‘fruit’ possible from creation ministry. CMI–Canada speaker Calvin Smith addressed Larry’s church in 2009. Larry recalls:

“After Calvin spoke, many questions that I had had for years were answered and I became a ‘capital C Christian’. I have always gone to church but now I realize I was an agnostic during those years. I really didn’t believe the Bible and thought that many questions like, ‘How do we know God exists?’ just didn’t have answers.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui