Simmetrie in diere bewys teen ewekansige evolusie

Simmetrie in diere is vir my bewys van intelligente ontwerp en bewys teen evolusie. As lewende dinge ewekansig geëvolueer het, sou ’n mens baie verskillende konfigurasies in diere gesien het, bv:

  • Diere met slegs een oog of meer as twee oë feitlike enige plek op die liggaam.
  • Meer as een neus of meer as twee ore, feitlike enige plek op die liggaam.
  • Meer as twee arms of bene (selfs ’n onewe getal) wat nie noodwendig dieselfde lyk nie.
  • Verskillende “hande” of “voete” aan die punte van die arms en bene, bv ’n hand aan die een arm en ’n klou of knyper aan die ander arm.
  • Een of meer horings enige plek op die liggaam.
  • Meer as een stert, enige plek op die liggaam.

Daar is nog letterlik legio moontlikhede.

Ons sien egter die teendeel:

  1. Diere is feitlik almal simmetries met die uitsondering van slegs ’n paar diere soos ’n tipe krap met ’n groter knyper aan die een kant en ook ’n sole vis. Hierdie diere kon egter hulle simmetrie verloor het agv een of ander mutasie, dus vermindering in genetiese inligting, maar ook nie noodwendig nie.
  2. Liggaamsdele van byna alle diere sit in ongeveer dieselfde posisie: twee oë horisontaal gespasieerd op die gesig, een neus in die middel, een mond onder die neus, twee ore aan die kant van die kop, twee arms, twee bene, geslagsdele tussen die bene, ens.

’n Argument hierteen kan moontlik wees dat dit bewys is van ’n gemeenskaplike voorvader. Hierdie is eerder ’n bewys vir ’n gemeenskaplike ontwerper. En verder, hoekom sal slegs simmetrie oorgedra van die vorige generasies en nie die ander genetiese inligting nie?

’n Moontlike ander argument is dat nie-simmetriese konfigurasies onprakties sou wees en dat dit uitgewis sou word deur natuurlike seleksie. Dit is waar, maar ook nie altyd nie: simmetrie sal bv ’n dier met twee bene help om vinniger te kan hardloop, maar nie noodwendig ’n spinnekop met meer bene nie. ’n Aap met ’n hand aan die een kant en ’n klou of knyper aan die ander kant, kan ook baie prakties wees.

As diere egter nie simmetries was nie, sou jy moontlik afskuwelike diere kon kry. Dit is vir my bewys dat God goed (en mooi) geskep het.

*********************

Vir een of ander rede sê www.creation.com nie baie oor hierdie kwessie nie. Die volgende webblad van Harun Yahya (nogal van ’n Moslem) ondersteun egter hierdie argument:

The Skulls that Demolish Darwinism:

If evolution truly did take place, then the Earth’s strata should be full of billions of intermediate-form fossils. In addition, these millions of living things should have been distinctly abnormal in appearance because of the effects of mutations. Organs subjected to mutation many times over should have turned into abnormal forms. Before attaining their perfect and attractive present appearance, these living things must first have had abnormal transitional appearances. For example, before the emergence of the highly symmetrical human face with its two ears, two eyes, nose and mouth, there must have been a great many abnormal mutated faces with impaired symmetry, imperfect ears and eyes, the nose sited right between the eyes or on the chin, or where the ear should have been, and countless other such abnormalities.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui