Poliamorie

Poliamorie (van die Griekse πολύ poly, “baie, verskeie” en Latynse amor, “liefde”) is die vermoë of kapasiteit om meer as een persoon op ’n slag lief te hê. Dit word soms beskou as die beoefening van, of begeerte na, intieme verhoudings met meer as een persoon, waar alle betrokke persone daarvan kennis dra.

In hierdie verhoudings is daar beide heteroseksuele en homoseksuele verhoudings tussen die verskeie persone wat ook groepseks kan insluit. Lede staan in ’n vaste verhouding met mekaar en woon gewoonlik in dieselfde huis.

Poliamorie verskil soos volg van poligamie en orgies:

  • Poligamie:  ‘n Huwelik tussen een man en baie vroue (of een vrou en baie mans). In ’n poligame huwelik is daar slegs heteroseksuele verhoudings. Met ander woorde, as een man baie vroue het, sal hy seksuele verhoudinge met almal hê, maar die vroue sal nie homoseksuele verhoudinge met mekaar hê nie. Indien daar wel homoseksuele verhoudinge tussen die vroue is, sal dit in die geheim wees.
  • Orgie: ’n Sekspartytjie wat uit ten minste vyf lede bestaan waar gaste vrylik en openlik met mekaar seks het.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui