Sataniste se aanslag problematies vir regerings wat hulle skaam vir die Evangelie

Kyk ook:

Lukas 9:26

Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele.

In November 2012 is ’n granietmonument van die 10 gebooie langs die statehuis in Oklahoma opgerig. Dit is deur ’n private persoon befonds (kyk Ten Commandments monument is installed at Oklahoma state Capitol).

In reaksie daarop het sataniste daarop aangedring om ook ’n standbeeld op te rig:

Ten spyte daarvan dat mense aanvanklik gedink het dat die sataniste se versoek belaglik is, het die regering die 10 gebooie verwyder om te verhoed dat die sataniste se standbeeld opgerig word. Volgens Oklahoma Will Remove Ten Commandments Monument From State Capitol Grounds (29 Sep 15):

The Oklahoma Supreme Court in June had ordered the monument, which was erected in 2012, removed because the state constitution bans the use of state property for the benefit of a religion.

Omdat daar dus besluit is dat geen monument van geloof opgerig gaan word nie, moes die sataniste ’n ander plek kry vir hulle standbeeld:

Satanic Temple looking for new home for Baphomet statue after Oklahoma Court’s ruling (2 Jul 15)

Die standbeeld is toe in Detroit opgerig:

Die sataniste het egter die rondte gewen. Hulle het dit reggekry om die granietmonument van die 10 gebooie langs die statehuis in Oklahoma te verwyder.

In die vervolg sal dit al hoe moeiliker wees om Christelike monumente op te rig omdat sataniste daarop sal aandring om dan ook satanistiese monumente op te rig.

Op 5 Oktober 2015 is berig dat sataniste kinderboeke by skole uitgedeel het wat kinders leer van satanisme:

Satanic books handed to US kids after religious freedom ruling

Kyk ook hoe David Suhor die sisteem gebruik het ook Satan se stem te laat hoor:

9 25 14 Escambia BOCC Pagan prayer SUNG! (September 2014)

Satanist leads prayer at Pensacola council meeting (Julie 2016).

*********

Dit word al hoe moeiliker om hierdie tipe ding te keer weens die sogenaamde benadering om kerk en staat te skei.

Hierdie dilemma is alles die resultaat van regerings wat hulle skaam vir die evangelie. Hulle is skaam om die Christelike geloof bo ander gelowe te bevoordeel, want hulle is bang dit skep kontroversie. Hulle kom nou te staan tussen twee keuses:

  1. Gee alle gelowe gelyke reg in staatsinstansies soos skole, howe en die parlement.
  2. Verwyder alle geloof uit alle staatsinstansies.

Mag regerings besef dat daar net Een is aan wie verantwoording gedoen moet word: God. Wat mense dink is baie minder belangrik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui