Jesus se 12 dissipels

Hier volg ’n lys van die 12 dissipels volgens Matteus 10, Markus 3:14-19 en Lukas 6:13-16.

  1. Petrus (Simon) (broer van Andreas)
  2. Andreas (broer van Simon Petrus)
  3. Jakobus (seun van Sebedeus, broer van Johannes)
  4. Johannes (seun van Sebedeus, broer van Jakobus)
  5. Filippus
  6. Bartlomeus
  7. Tomas
  8. Matteus (Levi) (die tollenaar)
  9. Jakobus (seun van Alfeus)
  10. Taddeus (Lebbeus/Judas), seun van Jakobus
  11. Simon die fanatikus/Kananeër/Seloot/Yweraar
  12. Judas Iskariot wat Jesus verraai het

In Handelinge 1:13 word almal weer gelys behalwe Judas Iskariot.

Kyk ook The 12 Apostles.

In die Eenjaarbybel, word die volgende baie treffende oordenking gegee:

Oordenking: Jesus stel sy twaalf dissipels aan (Markus 3:14)

Jesus het geweldig baie volgelinge gehad en uit hulle geledere het Hy twaalf gekies om deurentyd by Hom te bly. Hy het nie die twaalf op grond van hulle geloof gekies nie, want hulle geloof was soms wankelrig. Hy het hulle nie gekies vanwee hulle talente en vermoëns nie, want daar was nie een met buitengewone vermoëns nie. Die agtergrond en lewenservaring van die twaalf het verskil, en dit lyk ook nie asof hulle meer leierskappotensiaal gehad her as die wat nié gekies is nie. Maar al twaalf het één gemeenskaplike eienskap gehad: hulle was almal bereid om Jesus te volg en aan Hom gehoorsaam te wees. Hulle is ná Jesus se hemelvaart met die Heilige Gees vervul en het baie besondere werk in die vroeë kerk verrig.

Ons moenie dink dat ons nie geskik is om vir Christus te werk omdat ons nie oor sekere talente beskik nie. ’n Mens het nie ’n sekere getuigskrif nodig om ’n goeie dissipel te kan wees nie – al wat jy moet doen, is om Jesus met ’n gewillige hart te volg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui