Evolusie

Evolusie is die hipotese dat, deur natuurlike prosesse alleen, veranderinge oor miljarde jare laat plaasvind. ’n Mens kry biologiese evolusie, kosmologiese evolusie en geologiese evolusie:

  • Biologiese evolusie beweer dat die volgende veranderings oor miljarde jare plaasgevind het:
    • Dooie materie het in die eerste lewende sel verander (alhoewel niemand ’n realistiese idee het hoe dit deur natuurlike prosesse sou gebeur het nie).
    • Eensellige organismes het in meersellige organismes verander.
    • Eenvoudige organismes het in komplekse organismes verander.
    • Uiteindelik het al komplekser organismes tot stand gekom, onder andere ook die mens.
  • Kosmologiese evolusie beweer dat alles in die kosmos ontstaan het uit ’n oerknal ongeveer 15 miljard daar gelede en dat alle planete ewekansig in wentelbane om hulle moederster gekom het.
  • Geologiese evolusie beweer dat die geologie soos ons dit vandag ken (bv die Grand Canyon) deur ’n proses van miljoene jare gevorm het (die aarde is na bewering ongeveer 4 miljard jaar oud).

Evolusionisme is ’n uitbreiding van die evolusiehipotese om meer velde as die natuurwetenskap in te sluit, soos byvoorbeeld ook die natuurlike ontwikkeling van ’n godsbegrip by die mens. Volgens liberale teoloë is dit dan ook die oorsprong van die Judese en Christelike godsdienste.

Tydlyne

Hier volg ’n eenvoudige evolusietydlyn:

Gebeurtenis Jaar gelede
Oerknal 13.7 miljard
Hemelliggame 10 miljard
Aarde 4.5 miljard
Eerste lewe 3.5 miljard
Visse 530 miljoen
Dinosourusse 230 miljoen
Soogdiere 120 miljoen
Dinosourusse sterf uit 65 miljoen
Vroegste primate 50 miljoen
Homo sapiens (mens) 200 000

Evolusie en die Bybel

In wese is evolusie en die Bybel onversoenbaar.

Makro-evolusie vs mikro-evolusie

Makro-evolusie of Darwinistiese evolusie is die evolusie wat beweer dat lewende organismes verandering kan ondergaan oor soorte, byvoorbeeld ’n vis kan ’n reptiel word en ’n reptiel ’n voël. Dit verg ’n spontane vermeerdering in genetiese inligting en is nog nooit waargeneem nie.

Mikro-evolusie of natuurlike seleksie handel oor die verandering van lewende organismes binne ’n bepaalde soort, byvoorbeeld, een hondespesie kan verander om ’n ander hondespesie te word. Mikro-evolusie is geen probleem vir skeppingsleerders nie. Kyk ook baraminologie.

Vir meer hieroor, kyk Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui