Wie is Albert Alberts?

Kyk ook:

Albert Alberts is ’n NG lidmaat, ’n afgetrede onkoloog en gelowige.

Hy is ook die seun van die bekende Louw Alberts. Louw Alberts was ’n fisikus en kerkman. Volgens Albert het sy pa, Louw, intelligente ontwerp voorgestaan en geglo dat die aarde miljarde jare oud is. Hy is in 2013 oorlede.

In ’n onderhoud met Neels Jackson (Evolusie – Is dit werklik hoe God ons gemaak het?), verduidelik Albert Alberts wat hy oor God en evolusie glo:

  • Hy is ’n teïstiese evolusionis. Hy glo daar is ’n persoonlike God. God het die mens geskape en het die meganisme van evolusie gebruik. Hy is die een wat die proses begin en voleindig.
  • Anders as sy pa, glo Albert Alberts dat lewe wel spontaan kon ontstaan. [Kommentaar: As dit waar is, wonder ’n mens wat God se rol in die skepping was. Was God enigsins nodig?]
  • Ook anders as sy pa, glo Albert dat moderne genetika wel oorgangsvorme tussen verskillende spesies kan verklaar.
  • Hy glo dat die oomblik toe die mens se brein ver genoeg ontwikkel was, kon mense begin reageer op God se liefde.

Kyk ook

1 thought on “Wie is Albert Alberts?”

  1. Hoe groter die geleerdheid hoe minder verstaan hulle die Skepper YaHWeH. Dit is waarom hulle so gorrel. Ongelukkig glo die gebreinspoelde mense die dom geleerdes.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui