Geslagsregisters in die Bybel

Die sittende skriba of "the seated scribe" is ’n beeld van ’n skriba in die Louvre museum‘n Kalksteenbeeld van ’n Egiptiese skriba uit die vyfde Egiptiese dinastie, ongeveer 2400 vC – dit is voor Abraham se tyd. Die skribas was belangrike persone in die gemeenskap wat die alledaagse besonderhede van hulle kultuur neergeskryf het. (Die beeldjie is tans in die Louvre.)

Die Bybel bevat die volgende geslagsregisters:

Genesis 5: Adam tot Noag. Dit bevat ook die ouderdom van elke persoon. Hierdie kan gebruik word om uit te werk hoe lank Noag ná Adam geleef het.

Genesis 10: Sem, Gam en Jafet se geslagsregister.

Genesis 11: Van Sem tot by Abraham. Dit bevat ouderdomme van elke persoon.

1 Kronieke 1-9: 1 Kronieke 1 tot 1 Kronieke 9 bevat geslagsregister van verskeie mense.

Rut 4:18-22: Van Peres tot Dawid

Matteus 1: Die geslagsregister van Jesus deur sy vader, Josef. Dit begin by Abraham en eindig met Jesus. Dit is slegs ’n lys en bevat geen ouderdomme van mense nie.

Lukas 3: Die geslagsregister van Jesus deur sy moeder, Maria. Dit begin by Jesus en werk terug tot by Adam en sluit af met: “…seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, die seun van God.” Soos Matteus is dit slegs ’n lys en bevat geen ouderdomme van mense nie.

Ander

Josua 18: In vers 4-9 gee Josua opdrag dat ’n beskrywing van die sewe dele van die land gemaak moet word. Hierdie is weereens ’n bewys dat daar in daardie tye skrywers was wat die dinge in die Bybel vir ons kon opteken het.

Esra 2: Hier word ’n opgawe gegee van die mense uit die provinsie Juda wat uit die ballingskap teruggekom het na Jerusalem en Juda toe. In vers 62 word gesê dat priesterfamilies wat nie in hierdie registers opgeneem is nie, uit die priesteramp onthef is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui