Wie is Louw Alberts?

Kyk ook:

Louw Alberts was ’n fisikus en kerkman. Volgens sy seun Albert Alberts het Louw intelligente ontwerp voorgestaan en geglo dat die aarde miljarde jare oud is.

Louw het die volgende geglo:

  • “Die Bybel ons leer dat God geskep het en dat die wetenskap ons leer hoe God geskep het”
  • Die statistiese kans dat lewe so sou ontwikkel soos die voorstanders van evolusie dit voorhou, is bitter klein. Dis so klein soos die kans dat as jy ’n klomp bakstene en boumateriaal hoog in die lug uit ’n klomp vliegtuie sou gooi, dat dit dan in die vorm van die stad Johannesburg op die grond sou val.
  • Hy het ook nie gedink daar is oorgangsvorme tussen verskillende spesies nie.

Hy het blykbaar begrip gehad vir die gevaar van die liberale teologie. Hy het op ’n keer die volgende opmerking gemaak: “Vroeër was dit baie moeilik om ’n wetenskaplike te wees en daarby ’n kinderlike gelowige. Deesdae lyk dit my is dit baie moeilik om ’n teoloog te wees en daarby ’n kinderlike gelowige.”

Hy is in 2013 oorlede.

Kyk ook

1 thought on “Wie is Louw Alberts?”

  1. Ek onthou Oom Louw van my stdentedae in Bloemfontein en daarna. ’n Ware Godsman en geliefd onder Christenstudente. Hy het die pad oopgemaak vir sending en het ’n groot rol gespeel met die besoek van Oswald Smith en bv Corrie Ten Boom. Sy poging om geloof en ewolusie gekwalifiseerd te versoen spruit uit sy integriteit as wetenskaplike.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui