Trilemma

In die algemeen is ’n trilemma ’n keuse tussen drie opsies. Jy kan een of hoogstens twee van die opsies kies, maar sodra jy die derde opsie ook wil kies raak dit teenstrydig met die oorblywende opsies.

Projekbestuur trilemma

In projekbestuur het jy altyd die trilemma tussen koste, skedule en kwaliteit. Jy kan nie al drie hierdie eienskappe ten volle bevredig nie. Sodra jy op een of twee fokus, verswak die ander een of twee.

Epicurus trilemma (boosheid)

Oor jou siening oor boosheid is daar drie opsies waaruit jy twee kan kies (hierdie trilemma geld vir alle gelowe):

  1. Boosheid en lyding bestaan
  2. God is goed
  3. God is almagtig

As jy 1 en 2 kies, beteken dit God kan nie die bose keer nie en is daarom nie almagtig nie.

As jy 1 en 3 kies, beteken dit God wil nie die bose keer nie en is daarom nie goed nie.

As jy 2 en 3 kies, beteken dit die boosheid bestaan nie, maar ook nie God nie. Mense soos Ben du Toit kies hierdie benadering – om alle metafisiese (die geesteswêreld) te verwerp. Met ander woorde, daar is geen God en geen duiwel nie. Hy skryf hieroor in sy boek God: Is daar ’n ander antwoord?. Die probleem met hierdie opsie is dat daar ’n baie sterk saak vir God is en dan moet jy ook nog Pascal se weddenskap in ag neem.

Hierdie trilemma word ook die teodiseevraagstuk genoem.

Apologetiese trilemma

Jesus erken in die Bybel dat Hy God is (kyk Jesus se Godheid). Dit laat ’n mens met die volgende opsies:

  1. Jesus was nie by sy volle verstand nie: Hy was bloot onder die illusie dat hy God was.
  2. Jesus was ’n bedrieër: Jesus het gelieg toe hy voorgegee het dat hy God was.
  3. Jesus was God: Hy was dus nie net ’n morele leermeester nie.

CS Lewis was baie bekend vir hierdie redenasie: Jy kan nie Jesus se Godheid ontken, maar beweer dat hy bloot ’n goeie morele leermeester was nie. As jy nie opsie 3 kies nie, moet jy kies tussen opsie 1 en 2. Daar is baie min mense wat die moed sal hê om dit te beweer.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui