Pascal se weddenskap

Pascal se weddenskap word gebruik om te redeneer dat dit baie meer sin maak om in God te glo as om nie in God te glo nie – jy het baie meer om te wen en minder om te verloor deur wel in God te glo as om nie in God te glo nie.

Dit word kortliks soos volg weergegee:

As jy besluit dat daar ’n God is en jy rig jou lewe volgens Sy wil in, maak jy dalk ’n paar opoffering hier op aarde, maar dit weeg hoegenaamd nie op teen dit wat jy wen wanneer jy dood gaan nie (kyk Die Bybel oor die hemel).

As jy egter besluit dat daar nie ’n God is nie of as jy besluit om nie jou lewe volgens Sy wil in te rig nie, wen jy dalk ’n paar dinge hier op aarde, maar as jy doodgaan, verloor jy die ewige lewe en land jy in die hel, wat hoegenaamd nie opweeg teen die “winste” wat jy op aarde gekry het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui