Moreletapark gemeente “doleer”

Moreletapark gemeente het die volgende e-nuusbrief aan hulle gemeentelede gestuur op 6 Augustus 2020:

*******

Liewe gemeentelede en vriende

Ons as leierskap het met skok kennis geneem van die Algemene Sinode se aansoek by die Staat, vir die goedkeuring van bevestiging van selfdegeslagverhoudings.

Ons het egter in hierdie verband al ons hoop op die buitengewone sitting van die Oostelike Sinode geplaas, wat weens die grendelgreep, tot nóú toe nog nie kon plaasvind nie.  Intussen het ons ná die landswye Spesiale Beraad, steeds voortgegaan met beplanning en strategie, saam met al die rolspelers wat deel was van die Beraad.  Die Beraad paneel het besluit om ’n persverklaring uit te reik oor die besluit van die Algemene Sinode.  Dit sal binnekort in die media verskyn.

Ons gemeente het intussen sinodale bydraes na die Algemene Sinode gestaak.  By ons Kerkraadsvergadering van 27 Augustus 2020, gaan ons indringend weer die saak bespreek, omdat ons nie langer kan wag vir die Oostelike Sinode sitting nie.

Dankie vir jul saamloop in hierdie saak. Bid asseblief ernstig vir ons en al die ander gemeentes landswyd wat sedert die Spesiale Beraad saam met ons hierdie pad stap.

Groete en seënwense

Moreletapark Gemeente: Leierskap

1 thought on “Moreletapark gemeente “doleer””

  1. Dis al wat die AS gaan stop – as die geld opdroog; ek glo nie hulle sal tot bekering kom nie, want hulle is lankal nie meer gepla met die gesonde leer nie. (1 Tim. 1 : 9-11)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui