Brief aan Moderamen van AS 2012 (Paar skrywers)

Kyk ook:

(For English, click here.)

Die volgende brief is op 23 November 2012 aan die moderamen van die NG Kerk gestuur op daardie stadium. Ondertekenaars is: Jan Louw, Hennie Mouton, Henrietta Klaasing, Yf Veldhuizen, Louis Scheepers, Fanie Scheepers, Daniel Louw, Danie du Plessis, Pieter Pelser, Wynand Louw

Die voetnotas is na die tyd ingesit en was nie deel van die oorspronklike brief nie.

Tot op hede het die skrywers van hierdie brief nog geen terugvoer ontvang nie.

***************************

Aan: Kobus Gerber
Cc: Gert Duursema; Braam Hanekom; Nelis van Rensburg; Johann Ernst; Elize Bezuidenhout; Nelus Niemandt; Elize Morkel; AC van Wyk; Pieter Raath; Pieter van Jaarsveld; Jacie van Rensburg; GF Claassen; Ferdie Clasen; JJ Pienaar

BRIEF AAN MODERAMEN VAN DIE ALGEMENE SINODE

23 November 2012

Geagte broers en susters,

I/S DWAALLEER IN DIE NG KERK

By die Sinode Hoëveld, het die probleem te berde gekom dat verskeie teoloë van die NG Kerk standpunte huldig, wat as dwaalleringe beskryf moet word. Sommige besluite van die Algemene Sinode dra ook by tot die probleem. Ons die ondergetekendes, het voorleggings gedoen by ’n Luistergeleentheid van die Sinode Hoëveld en ons het ook verneem hoedat ongelukkigheid oor leerkwessies in die Kerk, kerkregtelik aangespreek moet word.

In opvolg hiervan wil ons u wat aangestel is om leiding in die NG Kerk te neem, inlig oor sommige van die kwessies wat in ons opinie dringend op hoogste vlak hanteer behoort te word. Ons versoek u as Moderamen om hierop ag te gee en die Here se leiding te soek oor hoe om die saak te hanteer, sodat ons nie in die waan moet leef dat die Here die NG Kerk wil seën terwyl ons in werklikheid voor Hom net “’n riet in die wind” is nie (Mat 11:7):

  1. Panenteïsme: Panenteïsme is net nog ’n verwerplike, mensgemaakte afbeelding van God, hoe rooskleurig dit ookal deur teoloë beskryf mag word. Dit is ’n voorstelling van God wat nie in ooreenstemming is met die manier waarop God Hom in die Bybel aan ons openbaar het nie. Ten spyte hiervan is die panenteïsme openlik deur prof. Julian Müller vanuit die teologiese Fakulteit Pretoria die afgelope jare gepropageer [1]. Dr. Ben du Toit, ’n hoogaangeskrewe amptenaar in diens van die Algemene Sinode het ook stellings in sy boek: God? Geloof in ’n postmoderne tyd, gemaak wat panenteïsties verstaan moet word [2].
  2. Christus in die Ou Testament: Ons glo (NGB Art 18) dat die Heilige Gees reeds in die Ou Testament die profete van God gebruik het, om die verskyning van Christus aan te kondig en dat daardie profesieë in Christus vervul is. Op die teologiese Fakulteit Pretoria se amptelike webblad word mense wat hierdie geloof bely verkleineer en van “verouderde teologie” beskuldig, deur die redakteur dr. Gerda de Villiers [3].
  3. Geloof in die Bybel: Ons vra u om die geloof van die NG Kerk te herbevestig dat die Bybel die enigste en betroubare openbaring van God aan die wêreld is. Die Bybel is vir ons die bril waardeur ons na die werklikheid kyk en waarmee ons die gedagtes van die mense beoordeel (2 Kor 10:5). Ons het bv. met besorgdheid kennis geneem van die trant waarin daar in die konsep van die Algemene Sinode se Eietydse Interpretasie van die Apostoliese Geloofsbelydenis oor die openbaring van God gepraat word (Handelinge AS 2011 Bl 8).
  4. Verlossing deur Jesus Christus: Ons bely in die kerk dat Jesus met sy dood ’n skuldoffer vir die sondes van die wêreld gebring het en dat daar geen ander Naam aan ons geopenbaar is waardeur ons gered kan word as deur Jesus Christus nie. Ons glo dat die NG Kerk hom opnuut hieroor sal moet uitspreek, teen die agtergrond van uitsprake in die Kerkbode (25-08-2006)[4] deur dr. Ben du Toit en standpunte wat deur opeenvolgende webmeesters van die Algemene Sinode se Diversiteitsforum uitgespreek is (Trojaanse Perd bl. 193-198) [5].
  5. Die opstanding van Jesus: Prof. Danie Veldsman van die Teologiese Fakulteit Pretoria huldig ’n standpunt dat Jesus se liggaam waarskynlik deur die dissipels gesteel is (König; Die Evangelie is op die spel; bl 259-262). Die stilswye van die kuratorium en ander verantwoordelike liggame in die kerk oor so ’n belangrike saak skep die indruk dat dit aanvaarbare teologie vir die NG Kerk is en dat in die toekoms daarop voortgebou kan word.
  6. Die duiwel: Die Algemene Sinode het besluit dat dit nie meer vir lidmate van die NG Kerk nodig is om te glo in die bestaan van die duiwel as ’n persoonlike wese nie [6]. Wysigingsvoorstelle hierop is ter sprake in verskeie sinodes. Ons vertrou dat u die intensie het om die gewraakte besluit reg te stel.
  7. Homoseksualiteit: Drr. Ben du Toit en Kobus Gerber, albei amptenare in diens van die Algemene Sinode het die Staat namens die NG Kerk versoek om huwelike tussen mense van dieselfde geslag te wettig [7]. Dit is intussen so geïmplementeer. Hoe ernstig moet ons nou die besluit van die Algemene Sinode opneem dat die huwelik bedoel is as ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou?
  8. Saamwonery: Die Algemene Sinode het ’n tegemoetkomende houding ingeneem teenoor paartjies wat saamwoon, as hulle “seker wil maak dat hulle in alle opsigte by mekaar pas, ook wat die seksuele betref” [8]. Hoe is so ’n beleid te versoen met die kerk van Christus se roeping om die huwelik as heilige instelling van God te bevorder?
  9. Die Ferdie Mulder sage in 2005: Die wyse waarop die Kerk die opstand van meer as 30 studente hanteer het toe hulle in opstand gekom het teen die leerstellings van sommige dosente spreek van skandelike onreg. Dit is ’n boek in die geskiedenis van die NG Kerk wat nie sommer goedsmoeds toegemaak kan word nie. As ons die seën van die Here wil behou gaan dit verootmoediging en belydenis vra van die mense wat betrokke was. (Ferdie Mulder: Opgestaan[9]).

Lidmate wat die afgelope aantal jare hierdie onheilige suurdeeg in die kerk probeer aanspreek het, is op allerande maniere beledig en is beskuldig van leuens en liefdeloosheid (Kerkbode 16-03-2012[10]). Ons versoek u dus om, soos die Sinode Hoëveld [11], ag te slaan op mense wat in opregtheid vir u in leiersposisies daarop probeer wys dat ons in baie opsigte wegbeweeg van die “gesonde leer” waarvan die apostel Paulus praat (1 Tim 1:10). Die probleem sal nie vanself weggaan nie en daarom versoek ons u om daadwerklik op te tree en die lidmate opnuut te oortuig van u persoonlike verbintenis om die belydenis wat ons saambind te verdedig. Die versoek is om die volgende redes geldig:

  1. ’n Paar jaar gelede het die moderators van die verskillende sinodes ’n verklaring oor die opstanding uitgereik [12]. Ons het aanvaar dit was na aanleiding van verwarring in die kerk oor die standpunte van teoloë in Pretoria oor die opstanding. ’n Soortgelyke optrede is nou meer as ooit tevore nodig.
  2. Baie lidmate se vertroue in die NG Kerk se hoogste besluitnemings liggame en opleidingsinstellings, is op ’n laagtepunt omdat teoloë die leer van die kerk skaamteloos in die openbaar uitdaag.
  3. Leraars het almal tydens ons legitimasie verklaar: dat ek alle dwalinge wat met hierdie leer in stryd is, sal weerlê en alles in my vermoë sal doen om dit uit die Kerk te weer.
  4. Die leerstellings wat hier ter sake is, is nie van middelmatige aard, waaroor ons maar met mekaar kan verskil nie. Dit kan nie ingesluit word onder die vaandel van inklusiviteit en diversiteit, wat by die Algemene Sinode gepropageer is nie.

Ons het nie behae daarin om die NG Kerk verdag te maak nie, maar ons vra u om saam met ons erns te maak met die boodskap van God aan Eli in 1 Sam 2:30: Die een wat My eer, sal ek eer, en die een wat My minag sal ek minag. Ons hoop om spoedig van u te verneem of u die besorgdheid met ons deel, oor die minagting van die Woord van die Here in die NG Kerk. Ons hoop ook dat u bereid sal wees om standpunt hieroor in te neem in die kringe waar die Here u aangestel het om leiding te neem.

Wat ons betref is dit vir ons onmoontlik om net toe te kyk hoedat die duiwel deur misleidende leringe die kerk van die Here ondergrawe. Ons voel ons geroepe om in die toekoms voort te gaan met dit waarmee ons besig is, nl. om die lidmate in te lig van wat verkeerd is en van die waarheid te getuig.

Met agting die uwe,

Jan Louw, Hennie Mouton, Henrietta Klaasing, Yf Veldhuizen, Louis Scheepers, Fanie Scheepers, Daniel Louw, Danie du Plessis, Pieter Pelser, Wynand Louw

Enkele verwysings en bronne:

Oor prof Julian Müller se leringe:

Oor Jesus in die Ou Testament:

Oor dr. Ben du Toit:

Eietydse Interpretasie van die Apostoliese Geloofsbelydenis:

Lees meer by:

Pogings van lidmate om die toestand onder die Kerk se aandag te bring:

  • Sarel van der Merwe met sy DVD, Nuwe strome in die Teologie,
  • Dr Adrio König: Die Evangelie is op die spel
  • Dr Adrio König: Wie is God?
  • Ferdie Mulder: Opgestaan
  • Johan Janse van Rensburg: Jesus is die Een!
  • Verskillende skrywers: Die Trojaanse Perd in die NG Kerk
  • Pieter Pelser: Die NG Kerk: Reformeer of…..DISINTEGREER?
  • Verskeie kerkrade wat beskrywingspunte oor leerdwaling by die Sinode Hoëveld ingedien het.

Voetnotas

[1] Kyk Kommentaar op Julian Muller se “Panenteïsme: ’n Nuwe verstaan van God vir ’n nuwe tyd?”.

[2] Kyk Kritiek op Ben du Toit se boek “God? Geloof in ’n postmoderne tyd.” deur Wynand Louw.

[3] Kyk Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg.

[4] Kyk Aanbid ons almal maar dieselfde God? deur Ben du Toit.

[5] Kyk NGK Diversiteitsforum 2010.

[6] Kyk NG Kerk laat ruimte vir botsende sienings oor duiwel.

[7] Kyk NGK vra SA parlement dat homoseksuele huwelike gewettig word (Okt 2006).

[8] Kyk Huwelik en Saamwoon – Algemene Sinode NG Kerk – 12 Oktober 2011.

[9] Kyk Opgestaan.

[10] Kyk Moderator ontmasker “aanstootlike leuens” deur Nelus Niemandt.

[11] Hoëveld sinode.

[12] Kyk ook ’n Geloofstandpunt wat ’n soortgelyke verklaring is.

*****************

Letter to Moderamen AS 2012-11-23

Written by Jan Louw

(As translated by Google Chrome)

The following letter on 23 November 2012 was sent to the moderamen of the Dutch Reformed Church at that time.

The footnotes was not part of the original letter.

To date, the authors of this letter has not received any feedback.

See also:

***************************

To: Kobus Gerber
Cc: Gert Duursema; Braam Hanekom; Nelis van Rensburg; Johann Ernst; Elize Bezuidenhout; Nelus Niemandt; Elize Morkel; AC van Wyk; Pieter Raath; Pieter van Jaarsveld; Jacie van Rensburg; GF Claassen; Ferdie Clasen; JJ Pienaar

LETTER TO Moderamen THE General Synod

23 November 2012

Dear brothers and sisters,

I / S heresy in the DRC

At the Synod Highveld, the problem-table came several theologians of the DRC that surround it, which should be described as heresies. Some decisions of the General Synod also contribute to the problem. We, the undersigned, made presentations at a Listening Session of the Synod Highveld and we also know how unhappiness about teaching issues in the Church, ecclesiastical need to.

Following this, we want you to be appointed to take leadership in the DRC, information about some of the issues that in our opinion should be dealt with urgently highest level. We request you Moderamen to give this consideration and to seek the Lord’s guidance on how to handle the matter, so we do not have to live in the delusion that the Lord to bless the DRC while in reality just before him ” a reed in the wind “(Matt 11:7):

  1. Panentheism : panentheism is just a despicable man-made image of God, no matter how rosy may be described by theologians. This is a representation of God that is not consistent with the way God has revealed to us in the Bible. Despite this, the panentheism openly by prof. Julian Müller from the Theological Faculty of Pretoria propagated in recent years [1] . Dr. Ben du Toit, a highly respected official in charge of the General Synod statements in his book: God?Faith in a postmodern time , to be panenteïsties understand [2] .
  2. Christ in the Old Testament: We believe (DCF Section 18) that the Holy Spirit already in the Old Testament, the prophets of God, to announce the coming of Christ and that those prophecies fulfilled in Christ. On the Theological Faculty Pretoria’s official website, people who profess this belief belittled and “outdated theology” accused by editor Dr. Gerda de Villiers [3] .
  3. Belief in the Bible: We ask you to the faith of the DRC confirmed that the Bible is the only reliable revelation of God to the world. The Bible is for us the glasses through which we look at the reality and by which we judge the thoughts of the people (2 Cor 10:5). We have eg.noted with concern of the vein in which the concept of the General Synod’s Contemporary Interpretation of the Apostles’ Creed talking about the revelation of God ( Acts AS 2011 P 8 ).
  4. Salvation through Jesus Christ: We confess in the church that Jesus and his death a debt offering for the sins of the world, and revealed to us that there is no other name by which we must be saved by Jesus Christ. We believe that the DRC again this will express itself in the context of comments made in the Kerkbode (25-08-2006 ) [4] by Dr. Ben du Toit and views by successive webmasters of General Synod expressed Diversity Forum ( Trojan Horse p. 193-198) [5] .
  5. The Resurrection of Jesus: Prof. Danie Veldsman of the Theological Faculty Pretoria hold a position that Jesus’ body was probably stolen by the disciples (König; The Gospel is at stake; pp. 259-262 ). The silence of the board of governors and other responsible bodies in the church on such an important matter gives the impression that it is acceptable for the Dutch Reformed Church and theology that can be built on in the future.
  6. The Devil: The General Synod has decided that it is no longer necessary for members of the Dutch Reformed Church to believe in the existence of Satan as a personal being. [6] Amendment Proposals to this is involved in several synods. We trust that you have the intention to correct the challenged decision.
  7. Homosexuality: Drs. Ben du Toit and Kobus Gerber, both officials in charge of the General Synod requested the State on behalf of the Dutch Reformed Church to legalize marriage between people of the same sex [7] . It has since been implemented so. How seriously should we take up the decision of the General Synod that marriage is meant to be a union between a man and a woman?
  8. Saamwonery: The General Synod has an accommodating attitude towards couples living together, if they “want to make sure that they match in all respects, including the sexual concerns” [8] . How is such a policy to reconcile with the church’s vocation to promote marriage as a holy institution of God?
  9. Ferdie Mulder saga in 2005: How the Church dealt with the revolt of more than 30 students when they rebelled against the teachings of some lecturers speak shameful injustice. This is a book in the history of the DRC that not just cheerfully can be closed. If we have the blessing of the Lord will keep going to ask repentance and confession of the people involved. (Ferdie Mulder: Resurrected [9] ).

Members over the past few years these evil leaven in the church tries to address, are allerande ways insulted and accused of lying and lack of love ( Kerkbode 16-03-2012 [10] ). We therefore ask you to, as the Synod Highveld [11] , attention to people who sincerely to you in leadership positions on trying to show that we are in many ways moved away from the “sound doctrine” of which the Apostle Paul speaks (1 Tim 1 : 10). The problem will not go away by itself, so we request you to act decisively and to convince the members renew your personal commitment to defend the confession that binds us together. The request is valid for the following reasons:

  1. A few years ago, the moderators of the various synods issued a statement on the resurrection [12] . We assumed it was a result of confusion about the views of theologians in the church in Pretoria on the resurrection. A similar action is needed now more than ever.
  2. Many members’ confidence in the DRC’s highest decision-making bodies and training institutions, at a low because theologians learning challenges the church shamelessly in public.
  3. Ministers all during our licensing declared: I all errors associated with this doctrine, refuted and will do everything in my power to make it out of the Church.
  4. The teachings are relevant, not mediocre ones, which we had with each other may differ. It can not be included under the umbrella of inklusiviteit and diversity, at the General Synod propagated.

We do not delight in the DRC suspicious, but we ask you to cooperate with us to take seriously the message of God to Eli in 1 Samuel 2:30: The one who honor me I will honor, and that despise me shall I despise. We hope to hear from you soon, or share your concerns with us about the contempt of the Word of God in the DRC. We also hope that you will be willing to take a view on this in the circles where the Lord has appointed to take the lead.

For our part, it is impossible for us to just to see how the devil by misleading teachings the church of God is subverted. We feel called to continue in the future with what we’re doing, viz. to inform the members of what is wrong and to bear witness of the truth.

With respect yours

Jan Louw Hennie Mouton Henrietta Klaasing, Yf Veldhuizen, Louis Scheepers, Fanie Scheepers, Daniel Louw, Danie du Plessis Pieter Pelser, Wynand Louw

Some references and resources:

  1. Julian Müller ‘s teachings:

About Jesus in the Old Testament:

  1. Ben du Toit :

Contemporary Interpretation of the Apostles’ Creed:

Read more at:

Efforts of members to bring the situation to the attention of the Church:

  • Sarel van der Merwe with his DVD New streams of Theology ,
  • Dr. Adrio König: The Gospel is at stake
  • Dr. Adrio König: Who is God?
  • Ferdi Mulder: Resurrected
  • Johan Janse van Rensburg: Jesus is the One!
  • Various authors: The Trojan Horse in the DRC
  • Pieter Pelser: DRC: reforming or ….. disintegrate?
  • Several church boards points for about leerdwaling at the Synod submitted Highveld.

Footnotes

[1] See Commentary on Julian Muller’s “panentheism: A new understanding of God for a new era?” .

[2] See Critique of Ben du Toit’s book “God? Religion in a postmodern time.” by Wynand Louw .

[3] See Jesus is the One! Johan Janse van Rensburg .

[4] Look we all worship but the same God? Ben du Toit.

[5] See DRC Diversity Forum 2010 .

[6] See DRC allows for conflicting views about devil .

[7] See Accompanying Letter Submission on Marriage .

[8] See Marriage and Cohabitation – General Synod DRC – October 12, 2011 .

[9] See Risen .

[10] See Moderator unmasked “offensive lies” by Nelus Niemandt.

[11] Highveld Synod.

[12] See also Religion Position that a similar statement.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui