Ope brief aan NGK leiding (Samuel Louw)

Kyk ook:

Die volgende brief is in Kerkbode (‘n Kerk wat krimp), Juig! en Ridge Times (plaaslike koerant in die Secunda area) geplaas.

********

Dr Samuel Louw,

NG Kerk Eendracht, Leandra:

Die debat rondom die NG Kerk en die verlies aan lidmate het betrekking.

Ons is ’n plattelandse gemeente in die oostelike Hoëveld en wil die volgende opmerkings maak:

  • Daar is by ons groot waardering vir die rol van ons kerk oor die afgelope meer as 350 jaar. Die invloed is onberekenbaar en die kerk was betrokke – en selfs op die voorpunt – by baie sake wat net tot voordeel van die land en die inwoners was.
  • Ons vind dit jammer dat die “kerklike leiding” (sinodes en predikante) baie keer voeling met lidmate verloor het, soos dit tans ook blyk die geval is. Dit kan gesien word daarin dat kerklike vergaderings (en ook kerkleiers in hulle uitlatings) “polities korrek” probeer wees en die heersende tydsgees telkens ’n té groot invloed het.
  • Die gees van verdraagsaamheid lei daartoe dat sinodes besluite neem wat so akkomoderend vir almal probeer wees, dat ’n duidelike en eenvoudige standpunt nie ingeneem word nie. Dit lei tot verwarring, ontsteltenis en teleurstelling onder baie lojale lidmate.
  • Vir ons is daar sekere kernwaarhede in ons geloof waaroor daar geen onduidelikheid behoort te wees nie, en waaraan ons gelowig vashou. Dit sluit in: Dat God die Skepper is; Dat die huwelik ’n Goddelike instelling is; Dat Jesus Christus God se Seun is en daarom die enigste Middelaar; Dat Christus werklik opgestaan het uit die dood en so die dood oorwin het; Dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is.

Dit is ons gebed dat die Kerk getrou aan die Here en Sy Woord sal bly, of die kerk dan sal groei of sal kwyn, is nie in ons hande nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui