Algemene sinode se rakleeftyd dalk al verby

*******

Algemene sinode se rakleeftyd dalk al verby | Netwerk24

Gerhard Mahne, Kaapstad

28 September 2022

Oor Albin Bowler van Bellville se brief “Een NG Kerk-formulier vir alle sondaars” (27.09): Ek verstaan nie mooi wat Albin oor dr. Bernhard Ficker se bediening en formulier sê nie. Dalk het hy dit teen Ficker se sarkasme oor al die formuliere wat die NG Kerk voortaan sal moet saamstel.

Ons hou nie van sarkasme nie. Iemand moet reguit sê wat hy wil sê. Maar ’n tyd kom wanneer “reguit sê” nie meer tot jou hoorders deurdring nie en sarkasme ’n skokmetode word.

Miskien moet ons deur Ficker se brief agterkom wat aan die gang is in die NGK-leierskorps. Weet die NGK-leiers wat hulle aan mekaar en aan die NGK wil sê? Is die algemene sinode – die NG Kerk se leierskorps – se rakleeftyd nie al verby nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui