Een NG Kerk-formulier vir alle sondaars

Kyk ook:

Kyk ook die volgende reaksies op hierdie brief:

.

*******

Een NG Kerk-formulier vir alle sondaars | Netwerk24

Albin Bowler, Bellville

27 September 2022

Dr. Bernhard Ficker se brief “Dit lyk vir my die tameletjie was te groot” (26.09) het betrekking. Dr. Ficker se brief getuig nogal van diepe nadenke – kenmerkend van ’n hoë geleerde!

Maar my oorlede ma het altyd gesê: Moenie ’n gat vir ander mense grawe of hulle bespotlik voorstel nie.

Ek vermoed die NG Kerk gaan een formulier opstel en gebruik vir almal, net soos dr. Ficker in sy bediening gedoen het vir die skindertonge, kwaadpraters, afgunstiges, dronkaards, vroueslaners, onderdrukkers, uitbuiters, huweliksverneukers, navolgers van wettisisme, vyande, geneigdes tot woede, uitspattiges, twisgieriges, skeurders, afgodedienaars (ook hulle wat meer weet as God oor hoe God nié kon geskep het nie, asof hulle daar was), onvergenoegdes, patriargaal-denkendes en dergelike sondaars in gedagte, woord en daad.

O ja, dit sluit diegene in wat maklik die splinters in andere uitwys, maar blind is vir balke, soos onder meer rassisme.

Dit is ’n teleurstelling dat dr. Ficker dit nie kon raaksien nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui