10 plae

Die tien plae word weergegee in Eksodus 7-12.

Dit kom ook voor in Psalm 105, maar dit is ‘n onvolledige lys en word nie in volgorde gegee nie.

Hier volg die lys van plae:

Plaag Eksodus Psalm 105
1 Water in bloed 7:14-25 v29
2 Paddas 8:1-15 v30
3 Muggies 8:16-19 v31
4 Steekvlieë 8:20-32
5 Pes onder die vee 9:1-7
6 Swere 9:8-12
7 Hael 9:13-34 v32-33
8 Sprinkane 10:1-20 v34-35
9 Drie dae duisternis 10:21-27 v28
10 Dood van die eersgeborenes 10:2812:40 v36

Die onvolledige lys in Psalm 105 laat ‘n mens dink aan die sogenaamde tweede skeppingsverhaal: Sommiges beweer dat daar in Genesis 2 ‘n tweede skeppingsverhaal bestaan wat teenstrydig is met die weergawe in Genesis 1 en daarom kan daar niks uit die Bybel afgelei word oor hoe God geskep het nie. Vir meer hieroor, kyk Is Genesis 1 en Genesis 2 verskillende, teenstrydige skeppingsverhale?

Hierdie argument is net so ongeldig as om te redeneer dat die onvolledige lys van plae in Psalm 105 die tien plae en die uittog uit Egipte in Eksodus tot niet maak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui