Interseks

Kyk ook:

Interseks is ‘n algemene term wat gebruik word vir verskillende toestande waarin ‘n persoon gebore word met ‘n voortplantings- of seksuele anatomie wat nie by die tipiese definisies van man of vrou pas nie. Byvoorbeeld, iemand wat gebore word wat aan die buitekant vroulik lyk, maar aan die binnekant meestal ‘n manlike anatomie het.

‘n Voorbeeld van so iemand is die Suid-Afrikaanse 800 meter atleet, Caster Semenya.

Hoe gemaak met interseks kinders?

Die grootste fout wat met interseks kinders gedoen kan word is om oorhaastig geslagsorgane te verwyder. So ’n kind moet eers kans gegee word om te ontwikkel sodat gesien kan word watter geslag domineer en eers dan kan die ander geslagsdele verwyder word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui