Seisoen van menswaardigheid

Die Seisoen van Menswaardigheid is ’n inisiatief van die NG Kerk familie (NGK, VGKSA, RCA en NGKA). Die doel was om mense daaraan te herinner dat alle mense menswaarheid het.

Die webblad www.menswaardigheid.co.za is selfs geskep hiervoor.

Die Seisoen van Menswaardigheid het gevolg op die Seisoen van Luister. Die doel daarvan was om mense daaraan te herinner dat hulle na mekaar moes luister.

Beide van hierdie inisiatiewe het baie edel geklink, maar dit was egter niks anders as deel van die NG Kerk leierskap se agenda om liberale idees in die kerk in te smokkel en/of om behoudendes se stemme stil te maak (kyk Bylaag A).

Die Seisoen van Luister is soms baie eensydig toegepas – kyk byvoorbeeld Seisoen van (eensydig) luister! Ook was behoudendes se monde baie keer gesnoer tydens debatte op die NG Kerk se amptelike gesprekswebblaaie. Kyk byvoorbeeld Facebook: Kerkbode/NGK-debatte en NGK Diversiteitsforum 2010.

**********

Die volgende is ’n uittreksel uit Nelis Janse van Rensburg se aanbieding by die sinodale bekendstelling van die Seisoen van Menswaardigheid.

Daar het iets in ons land verkeerd gegaan. Die mees basiese waarde van respek vir mekaar is grootliks vernietig. Dit word bevestig deur die hoë voorkoms van:

  • Moord en verkragting
  • Roof en ander misdade
  • Verwaarlosing van gestremdes
  • Armoede
  • Diskriminasie teen vroue
  • Eensaamheid van mense
  • Minagting van mense
  • Plaasaanvalle
  • Verwaarlosing van kinders
  • Homofobie
  • Geweld op weerloses
  • Vreemdelinge haat
  • Rassisme
  • Onregverdige uitsluiting van mense
  • Etikettering en veralgemening

Mense se waardigheid word aangetas deur sistemiese werklikhede soos wanneer:

  • siekes nie toegang het tot mediese hulp nie,
  • kinders nie toegang het tot goeie onderwys nie,
  • gestremdes op ’n diskriminerende wyse uitgesluit word,
  • mense nie toegang het tot basiese dienste nie,
  • mense nie toegang het tot werksgeleenthede nie.

Mense se waardigheid word ook aangetas deur ons onbewuste of bewuste optrede, byvoorbeeld wanneer:

  • Vroue net omdat hulle vroue is as minderes beskou word.
  • Mense bloot op grond van hulle seksuele oriëntasie uitgesluit word.
  • Armes aan hulle lot oorgelaat word.
  • Mense beoordeel word bloot op grond van hulle velkleur.
  • Mense nie na behore vir hulle werk vergoed word nie en dus uitgebuit word.
  • Ons veralgemenend dink en praat oor mense.
  • Wanneer magsverhoudinge so bedryf word dat mense onderdruk en ondermyn word, word hulle menswaardigheid aangetas.
  • Wanneer mense uitgesluit word of as minderwaardig geag word, word hulle stemme nie gehoor nie. Dit is vernederend.

Die Bybel praat ’n ander taal. Die Bybel leer:

  • God gee aan alle mense waarde.
  • God tree in verhouding met álle mense.
  • God word self mens.

Jesus beliggaam menswaardigheid as volg:

  • Jesus lê sy lewe af vir mense.
  • Hy gee aan mense ’n nuwe lewe in Hom.
  • Jesus raak die verworpenes aan.
  • Hy bevry die besetenes en maak siekes gesond.

Bylaag A

Die volgende is voorbeelde waar die beginsel van menswaardigheid gebruik is om eintlik maar behoudendes se stemme stil te maak:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui