Kyk ook:
- NGK Diversiteitsforum 2010
- UP Teologiese Fakulteit – Claassen in, Harwood uit (2 Feb 2010)
- Die Trojaanse Perd in die NG Kerk (7 skrywers) (Nov 2010)
- Wil ons regtig luister? (31 Maart 2011, Johan Janse van Rensburg)
Die Seisoen van Luister was ’n inisiatief deur die NG Kerk leierskap om lidmate aan te moedig om na verskillende standpunte te luister.
Dit het lyk my in Oktober 2006 afgeskop kort nadat die NG Kerk se parlementêre verteenwoordigers voorgestel het dat die parlement moes voortgaan om homoseksuele huwelike in Suid-Afrika te wettig (kyk Luister uit genade).
‘n Mens het egter die idee gekry dat dit bloot ’n dekmantel was om dwaalleer in die kerk in te smokkel as ’n mens in ag neem hoe eensydig dit soms toegepas is – kyk byvoorbeeld Seisoen van (eensydig) luister!
As deel van die seisoen van luister word gespreksplatvorms geskep, soos die NGK Diversiteitsforum 2010 en NG Kerk/KerbodeFacebook blaaie. Ongelukkig word heelwat van die behoudendes se plasings verwyder wat weereens bewys dat slegs sekere standpunte werklik gehoor wil word.
Die Seisoen van Menswaardigheid het gevolg op die Seisoen van Luister.
Kyk ook
- Wat het van die Seisoen van Luister geword? (28 Aug 2023)
- Wil ons regtig luister? (31 Maart 2011, Johan Janse van Rensburg)
- Seisoen van (eensydig) luister! (Feb 2010)
- Luister uit genade (27 Okt 2006)