******
Hier volg ‘n bondige lys van gebeure:
Na vele kontroversiële gebeure en sinodebesluite in die NG Kerk besluit Karatara gemeente, onder leiding van Ds Marius Coetzee, om te doleer op 3 September 2020. Karatara gemeente sluit ook aan by die Koinonia Sinode.
2024
Sekere lidmate in die gemeente maak egter beswaar daarteen by die Ring van Knysna.
20 Mei 2024 — Ds Coetzee kry kennis van tugverhoor.
23 Mei 2024 — Sy skorsing / stuiting word aangedui.
28 Mei 2024 — Tugverhoor sou plaasvind; uitstel word geweier.
30 Mei 2024 — Hy word skuldig bevind en gedelegitimeer.
31 Aug 2024 — Die appèlliggaam van die Sinode van Wes-Kaapland verwerp ds Coetzee se appèl.
27 Des 2024 — Die tugliggaam / appèlliggaam van die Algemene Sinode verwerp ds Coetzee se verdere appèl in sy geheel.
Sy bevoegdheid as predikant word van hom weggeneem. Hy kry regshulp en word aanbeveel om minder te preek. Sedert die klag op 20 Mei 2024 tot 31 Mei 2026 preek hy vir ongeveer 13 maande nie (nie aaneenlopend nie). Die kerkraad hou egter steeds aan om sy salaris te betaal.
2025
- Dominee vat NG Kerk hof toe ná hulle hom uitskop (3 Aug 2025, Johan Eybers, Rapport)
- ‘Geen dringendheid’ aan saak oor dominee se lewensbestaan – hof (5 Aug 2025, Jana Breytenbach, Netwerk24)
- Regter stel voormalige leraar se aansoek ter syde (5 Aug 2025, Charl Stander, Kerkbode)
- Insake: Vals en misleidende verklaring in Kerkbode – Marius Coetzee and others v the NG Kerk and others (6 Aug 2025, HJ van Rensburg Inc prokureurs)
- Brief: ‘Hof het nog nie oor die meriete van die saak beslis nie’ (8 Aug 2025, Nico Basson, Kerkbode)
- Brief: Hofsaak teen kerk: ‘Aansoek sal wel binne enkele maande op nie-dringende basis aangehoor word’ (8 Aug 2025, Johann Ernst, Kerkbode)
- Regstegniese implikasies van hofuitspraak (opvolg) (8 Aug 2025, Charl Stander, Kerkbode)
- Nelus Niemandt: Dwars dominees werp donker skadu oor hul eie integriteit (10 Aug 2025, Rapport)
2026
In Junie 2026 wen Ds Marius Coetzee die hofsaak teen die NG Kerk (Ring van Knysna en Sinode van Wes-Kaapland) met koste (die NG Kerk moet die koste van die hofsaak betaal).
- Hofuitspraak: Marius Coetzee vs NG Kerk (2 Jun 2026)
- Eerste indrukke uit die hof: tugbesluite teen Marius Coetzee tersyde gestel (4 Jun 2026, Neels de Jager, Kerkbode)
- Hooggeregshof stel tugsaak teen Marius Coetzee ter syde; nuwe ondersoek gelas (5 Jun 2026, Hanri Joubert, Kerkbode)
- Prokureursbrief: Misleidende plasing op Kerkbode 5 Junie 2026 (5 Jun 2026)
- Neels de Jager gee oorsig oor hofsaak: Marius Coetzee vs NG Kerk (Koinonia Sinode nuusbrief)
- Hof beveel NG Kerk: Gee dominee sy kansel terug (7 Jun 2026, Johan Eybers, Rapport)
- Hoekom was die kerk doof vir lidmate wat hul dominee steun? (7 Jun 2026, Philip Coetzee, Rapport)
- Dit maak seer om te erken: NG Kerk is in ’n krisis (7 Jun 2026, Hoffie Hofmeyr, Rapport)
- NG Kerk se huis is nie ‘ruim’ genoeg vir Skrifgetroue leraars (14 Jun 2026, Bernhard Ficker, Rapport)