Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Brief: ‘Hof het nog nie oor die meriete van die saak beslis nie’ – Kerkbode
Kerkbode
08 Augustus 2025
Nico Basson van Sedgefield skryf namens Karatara kerkraad: Die verklaring Regter stel voormalige leraar se aansoek ter syde verwys.
Die kerkraad van Karatara gemeente wil hiermee die bogenoemde verklaring aanspreek. Dit is ons begeerte om duidelikheid en deursigtigheid in hierdie verband te bied. Gevolglik bevestig ons die volgende:
- Ons verwys na Charl Stander (hierna verwys as “Stander”) se gepubliseerde verklaring, uitgereik namens die Sinode Wes-Kaapland en gepubliseer in Kerkbode , waarin hy voorgee om die uitkoms van die dringende aansoek, gebring deur Marius Coetzee (hierna verwys as “Coetzee”), wat in ’n hoofhersieningsaansoek saak aanhangig gemaak, is te beskryf.
- In daardie verklaring voer Stander onder meer aan: “Op Dinsdag, 5 Augustus het die regter in die guns van die NG Kerk beslis en die aansoek met koste vir die applikante, van die hand gewys.”
- Hierdie stelling is wesenlik vals en hoogs misleidend. Soos Stander ongetwyfeld weet – aangesien hy persoonlik die antwoordende beëdigde verklaring namens die respondente onderteken het, regsadvies ontvang het, en teenwoordig was in die hof op 5 Augustus 2025 – het die agbare hof nie oor die meriete van die saak beslis nie. Die aansoek is van die rol verwyder weens ’n gebrek aan dringendheid, sonder enige bevinding oor die substantiewe meriete van die saak. Die hof het homself uitdruklik daarvan weerhou om enige uitspraak te lewer oor die geldigheid van die sanksie, die prosedurele billikheid van die tugproses, of die meriete van die hersieningsaansoek.
- Om andersins voor te gee – veral op ‘n openbare forum – verdraai die geregtiglike rekord en stel lesers insluitend lidmate van die NG Kerk, bloot aan die wanindruk dat ‘n hof reeds bevind het dat Coetzee se saak sonder meriete is, wat onwaar is.
- Net so vals en misleidend is die stelling dat: “Hierin is die ooreengekome Kerkorde die amptelike rigsnoer, en dit is opnuut deur die uitspraak van die regter bevestig dat die ooreengekome Kerkorde die amptelike rigsnoer vir kerklike sake is”.
- Die hof het geen sodanige bevinding gemaak nie. Die aansoek is slegs van die rol verwyder op grond daarvan dat dit nie die vlak van dringendheid getoon het wat vereis word vir aanhoor in die dringende hof nie. Geen uitspraak is gemaak – uitdruklik of geïmpliseerd – wat die geldigheid, gesag of behoorlike toepassing van die Kerkorde bevestig nie. Om anders voor te gee, is om die hof se beperkte prosedurele bevinding verkeerdelik as substansiele endossement van die Kerk se interne regulasieraamwerk voor te hou, wat die bevel geensins gedoen het nie.
- Ons beskou Stander se verklaring as lasterlik, aangesien dit valslik impliseer dat die bewerings wat deur Coetzee gemaak is, reeds deur die hof van die hand gewys is. Dit ondermyn nie net die integriteit van die hangende hersieningsaansoek nie, maar benadeel ook Coetzee se reputasie en aansien binne die kerkgemeenskap.
Kommentaar
xxx