Regstegniese implikasies van hofuitspraak (opvolg)

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Regstegniese implikasies van hofuitspraak (opvolg) – Kerkbode

Kerkbode

08 Augustus 2025

Dit het onder ons aandag gekom dat daar tans verskillende interpretasies van die hofbevel in die saak tussen ‘n voormalige gelegitimeerde en die NG Kerk op verskeie platforms die rondte doen.

Ten einde enige verwarrende interpretasie van die verklaring van 5 Augustus 2025 wat in Kerkbode gepubliseer is te voorkom, word die verklaring met die volgende regstegniese implikasie van die hofuitspraak uitgebrei.

’n Voormalige predikant het in Desember 2024 sy bevoegdheid verloor na afloop van ’n kerklik tugproses en daaropvolgende appèlprosesse. In Julie 2025 is dié besluit op hersiening geneem na die Hoër Hof. Daar is ook ’n dringende aansoek gebring waarin die hof versoek is om die kerk se besluit (verlies van bevoegdheid) op te skort tot na afhandeling van die hersieningsaansoek. Dit sou beteken dat hy toegelaat sou word om voort te gaan met sy bediening in die gemeente, al is hy nie meer ‘n predikant van die NG Kerk nie. Hierdie dringende aansoek is met koste van die rol verwyder omdat die Hof bevind het dat daar nie genoegsame dringendheid bewys is nie. – Verklaring uitgereik deur Charl Stander, aktuarius van die Sinode van Wes-Kaapland, namens die respondente.

Kommentaar

Daniel Louw

Charl Stander noem dit “verskillende interpretasies”. Ek dink egter hy was oneerlik of baie roekeloos.

Maar nouja, soos hierdie mense die Bybel ook verskillend interpreteer, moet ‘n mens seker maar verwag dat hulle ook regsuitsprake verskillend gaan interpreteer. Daar is egter, soos in beide die Bybel se geval en regsuitsprake, gewoonlik slegs een waarheid of een regte “interpretasie”…

2 thoughts on “Regstegniese implikasies van hofuitspraak (opvolg)”

  1. Sedert die “radikale transformasie” van die NGK in ‘n veelgode-erkenning – kultuur (definisie van inklusiwiteit) is daar ‘n toename in aggressie en liefdeloosheid teenoor enigiemand wat as “behoudend” gestereotipeer word. Die gewone lidmaat is siek daarvoor. In my eie NGK is daar ‘n sperwal gegooi tussen die menseregte-liefde en die intieme, Heilige Gees-gedrewe Liefde. Laasgenoemde is “diskriminerend” teenoor ander besoekers en word subtiel vermy. Ek weet nie watter genot die NGK (ASM)? daaruit put om behoudende predikante in die pad te steek nie? Kerkbode – kultuur het van Jesus Christus as ons Enigste Verlosser vergeet.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui