Sinode-besluit kan grasieuse skeiding bring

*******

Sinode-besluit kan grasieuse skeiding bring | Netwerk24

Daniel Louw

10 Augustus 2022

Die Oostelike Sinode van die NG Kerk (NGK) het besluit om vir dolerende gemeentes wat nie gemaklik is met die algemene sinode (AS) se besluite nie ’n nuwe kerk te plant of ’n nuwe sinode te stig. Hierdie entiteit sal onafhanklik van die NGK se AS funksioneer, maar sal steeds in assosiasie met die NGK wees. Hierdie plan is blykbaar om kerkskeuring te vermy.

Hoe dit sal werk om totaal uiteenlopende teologiese sienings binne een denominasie te akkommodeer, gaan egter interessant wees. In 2010 was Juanita du Plessis bereid om aan Huisgenoot se Skouspel te onttrek sou sy ’n verhoog met Jack Parow moes deel. Die vraag is of alle dolerendes gewillig sal wees om “ ’n verhoog te deel” met sommige mense wat as dwaalleraars gesien word.

Nietemin bly dit ’n positiewe ontwikkeling wat hopelik ’n grasieuse/welwillende/vreedsame skeiding in die NG Kerk sal bring.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui