Maak evolusie bekragtigbare voorspellings? Regtig??

Die volgende brief is geskryf na aanleiding van SOS maak toe aanlyn kykers die duiwel in (26 Jul 2020). Dit is egter nie in Rapport geplaas nie.

**********

Maak evolusie bekragtigbare voorspellings? Regtig??

Deur Bernhard Ficker

9 Augustus 2020

Richard Dawkins skryf “Natural selection, the blind, unconscious, automatic process which Darwin discovered has no purpose in mind and no mind’s eye. It has no vision, no foresight, no sight at all. It is the blind watchmaker”.

Daarteenoor skryf George Claassen verlede week oor die evolusieteorie dat “vir ’n teorie om as wetenskap aanvaar te word, moet dit getoets kan word en bekragtigbare voorspellings kan maak”. Nou wonder ek of George net vir ons kan uitlig watse bekragtigbare voorspellings evolusieleer al ooit gemaak het, of in die toekoms sal maak, as Dawkins sê dit het geen vooruitsiendheid hoegenaamd nie?

Peter Atkins fouteer wanneer hy verwys na “Intelligente Ontwerp” as ’n gekamoefleerde variant van Kreasionisme.   Intelligente Ontwerp as studieveld het ten doel om op wetenskaplike gronde te bewys dat intelligensie nodig was met die ontwerp van lewe en dat alles nie kon geskied deur doellose lukrake kans nie. Dit maak glad geen verwysing of uitsprake oor ’n god of God nie.

Kreasionisme daarenteen konstateer dat lewe so kompleks is dat dit nie suiwer per toeval kon ontstaan het nie maar slegs deur ’n Skepper-God daargestel kon word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui