Eksterne faktore kan nie DNS verander nie

By baie mense is daar ’n wanpersepsie oor die aanpasbaarheid van lewende organismes in klimaatomstandighede. Hulle glo byvoorbeeld dat diere wat in koue plekke leef, se hare vanself langer groei omdat dit so koud is en dan is hulle beter aangepas vir hulle omgewing. Die langer hare dra dan ook oor aan hulle kinders.

Of hulle glo dat mense in sonnige klimaat se velkeur donkerder geword het weens die baie son. Of dat kameelperde se nekke langer geword het omdat hulle vir baie jare en geslagte moes rek om blare van hoë bome by te kom.

Dit is egter dieselfde as om te glo dat indien ek baie oefening doen en fiks word, gaan my kinders beter langafstandatlete wees. Ons weet mos dit is nie hoe dit werk nie. Jou vermoë word geneties bepaal.

Lamarck (1744-1829) was ’n evolusionis wat geglo het dat eksterne faktore wel DNS inligting kan beïnvloed/verander. August Weisman (1834-1914) het Lamarck se teorie egter verkeerd bewys deur ’n eksperiment te doen om 68 muise sterte af te sny vir vyf generasies. Die resultaat is dat elke muis met ’n stert gebore is. Hiermee is Lamarck se teorie vireers in die hoek geskuif.

Daar is ’n ander eksperiment wat al vir amper 4000 jaar aan die gang is. Een jaar voor Isak se geboorte in 1896 vC het God ’n verbond met Abraham gesluit en die besnydenis ingestel . Dus vir amper 4000 jaar lank word Joodse seuntjie se voorhuide afgesny maar steeds word hulle elke keer daarmee gebore.

Hoe pas diere dan by hulle omstandighede aan?

Jy moet begin met ’n dier wat die genetiese inligting vir beide lang en kort hare het. In ’n koue klimaat sal die diere met kort hare van die koue sterf voordat hulle kon voortplant. Die diere met die lang hare sal oorleef en met tyd sal daar slegs diere wees met lang hare. In so ’n geval verminder die genetiese inligting van die spesie egter – die diere met kort hare het uitgesterf.

Vir meer hieroor, kyk:

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui