Wynand Louw vs Nelus Niemandt 2012

Tydens die Algemene Sinode van 2011 is prof Nelus Niemandt verkies as nuwe moderator in die plek van prof Piet Strauss. Dit is by hierdie sinode waar ’n baie kontroversiële besluit geneem is: dit is om ruimte te maak vir mense wat anders dink oor die bose; wat die duiwel nie as ’n persoon wil sien nie. Dit ten spyte daarvan dat die Bybel baie duidelik daaroor is (kyk Die Bybel oor die duiwel/Satan). Vir meer oor hierdie besluit, kyk 2011 NGK besluit oor die duiwel.

Na die sinodebesluit het prof Nelus op 26 Oktober 2011 in ’n radio-onderhoud met Evert Buurman laat blyk dat hy saamstem met die sinodebesluit. Kyk Nelus Niemandt oor die bose en seks voor die huwelik.

Na hierdie gebeure het dr Wynand Louw, ’n mediese dokter van Melkbosstrand, met beide dr Ben du Toit en prof Nelus Niemandt kontak gemaak om hulle te konfronteer met die feit dat indien predikante die nuwe sinodebesluit oor die bose aanhang, hulle hul legitimasie-eed verbreek (Dr Ben glo openlik nie aan die duiwel as persoon nie – kyk NG Kerk laat ruimte vir botsende sienings oor duiwel). Hy het hulle ook vrae gevra oor hulle geloofs-/teologiese oortuigings (kyk ook Vrae aan predikante), maar nie een van hulle wou sy vrae antwoord nie. Beide het dr Wynand se vrae vyandig beskou en slegs aangedui dat hulle by hulle legitimasie-eed staan. Kyk:

Intussen het dr Wynand in ’n paar debatte op www.facebook.com/kerkbode vir prof Nelus gevra oor sy siening oor die ontluikende kerk, maar prof Nelus het hom nie geantwoord nie. Omdat daar ook ander predikante was met dwalende sieninge, het dr Wynand die volgende artikel geplaas in die algemeen (dit was dus nie op prof Nelus gemik nie, maar aan alle predikante): Leraars in die NG Kerk skuldig aan bedrog! (dit lyk of dit intussen van Facebook verwyder is).

Daarna het prof Nelus se kerkraad vir hom opgekom in Die Kerkraad van die NG Gemeente Weltevreden verdedig prof Nelus Niemandt.

En daarna het dr Johann Ernst van Doornkloofgemeente, Centurion, ook vir dr Wynand op sy plek probeer sit in Dr Johann Ernst (Doornkloof) val Wynand aan. Let daarop dat toe aan dr Johann gevra is watter leuens dr Wynand kwansuis versprei het, het hy die vraag ontwyk en tot vandag toe nog nooit daarop geantwoord nie.

Kort na dr Johann Ernst se kommentaar het prof Nelus sy artikel geskryf (kyk Moderator ontmasker “kwaadwillige leuens”). Dit is die tweede keer dat prof Nelus baie tyd spandeer om van dr Wynand te skryf sonder om enige van sy vrae te beantwoord.

Intussen het dr Wynand op prof Nelus se artikel kommentaar gelewer in Antwoord op Prof Nelus Niemandt se artikel in Kerkbode 16 Maart 2012 (en op Facebook).

En daarna het prof Nelus die volgende geskryf op www.facebook.com/kerkbode: Danie Mouton skryf in Grenspos…

Dit is baie belangrik om te weet dat Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, baie kommentare op skrywes verwyder het. Daarom is die meeste publieke skrywes ook op www.glodiebybel.co.za geplaas sodat die verwyderde kommentare ook gesien kan word (dit is in grys gemerk).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui