Dwaling of verdagmaking in die NG Kerk

Onderstaande 3 plasings met hul kommentare het op facebook/kerkbode verskyn. Dit is opgevolg deur prof. Nelus Niemandt se ernstige aanval op die NG-lidmaat, dr. Wynand Louw, en ander, oor hul sogenaamde valse beskuldigings van hom. Hierdie opvolgplasing met kommentare kan gesien word op Moderator ontmasker “aanstootlike leuens”. Lees gerus alles en besluit self wie reg is.

Plasing 1

(http://www.facebook.com/kerkbode/posts/310710898992927)

Wynand Louw -> Kerkbode

Leraars in die NG Kerk skuldig aan bedrog!

http://hierstaanek.com/2012/03/08/leraars-in-die-ng-kerk-wat-die-belydenisskrifte-verwerp-pleeg-bedrog/

Leraars in die NG Kerk wat die belydenisskrifte verwerp pleeg bedrog!

hierstaanek.com

Leraars in die NG Kerk wat die belydenisskrifte verwerp pleeg bedrog! Die volgende is ’n uittreksel uit die besluite van die Algemene Sinode van 2007 rakende die Kerkorde van die NG kerk. Dit ha…

Kommentare:

Petrus Steyn

Die belydenisskrifte is mos nie die Bybel nie. sover ek weet is dit maargeskrifte wat die kerk geskryf het om sekere ouens wat anders gedink het uit te hou. Klink amper soos die Doppers. hulle preek mos ook uit die belydenisskrifte.

Wynand Louw

Petrus, dit is nie die punt nie. Die punt is dat leraars in die NG Kerk hulleself deur ’n siviele dienskontrak aan die belydenisskrifte verbind het. Lees maar weer my artikel.

Stefan Coetzer

Haai jinne ou Wynand! Wat sou die gottens tog sonder jou onverdroete ywer gemaak het? Ek weet! Ikabod skrywe en saggies en teer heengaan.

Wynand Louw

Stefan, miskien moet jy gaan vir berading of iets, dit lyk my jy is verslaaf aan die NG Kerk. Jy kan, soos ’n harde druggie, maar net nie sonder die NG Kerk klaarkom nie. Wat anders maak jy hier? 🙂 My ywer is vir God en die Kerk, jou ywer (Jy pos baie meer hier as ek) is vir…??? Jou verslawing?

Petrus Steyn

As dit oor die dienskontrak gaan, kan hulle onder die arbeidswet vasgevat word. In die Kerk gaan dit mos oor of mense gered word of nie. wat maak dit nou saak of daar in die belydenisskrifte staan Paulus het Hebreërs geskryf (en dit klink my hy het nie!). Belydenisskrifte is opgestel deur mense wat bedreigd gevoel het oor hul (die kerk) hul houvas op die gewone mense begin verloor het!

Petrus Steyn

Wynand, is jy ’n ds? of pla die NG kerk jou maar net?

Wynand Louw

Ek is ’n dr, nie ’n ds nie. Ek is lidmaat in die NG kerk, en sien die vernietiing wat emergent teologie die liggaam van Christus aanrig. Hierdie artikel gaan oor die dienskontrak, maar emergent teologie vernietig geloof, want dit is anti-evangelies en antichristelik. Dus veg ek hoofsaaklik teen die teologie. Ek voel nie bedreig nie – as mense dink ek voel bedreig het hulle dit ligjare mis!

Kerkbode

Wynand Louw Jy maak ongegronde uitsprake oor mense wat jy nog nooit in die oë gekyk het om jou gedagtes oor hulle denke te toets en te beredeneer nie. Dit is onverantwoordelik en laakbaar. Nelus Niemandt reageer in Kerkbode van 16 Maart volledig op jou aantygings. – Redakteur, Kerkbode.

Hennie Mouton

Kyk na Ralph Barnard se plasing en kommentare hieronder oor die “gay-issue” en sien hoe sommige NG-leraars nie eers die basiese van die Christelike geloof wil erken nie, naamlik die verlossing en sondevergifnis weens Christus se kruisdood. Hulle aanvaar ook nie dat Christus se offer aan die kruis die Ou Testamentiese offers vervang het nie.

Wynand Louw

Jean, in plaas van om my so te beskuldig, verduidelik eerder waarom my artikel hierbo verkeerd is. Totdat jy dit gedoen het is dit wat jy hier sê – dat my optrede “laakbaar” is net ’n opinie met geen waarde nie. Jou opinie is net so goed soos jou argument, onthou! Wat Prof Niemand betref – ek is werklik bly dat hy my vrae in detail gaan antwoord – dit sal die onsekerheid van gewone lidmate uit die weg ruim en sy integriteit bevestig. Dus uitstekende nuus!

Kerkbode

Hennie Mouton ook jy maak jou skuldig aan ongegronde verdagmakery. Wie is “sommige NG leraars”? Moet ons 90% of 80% of 2% van hulle verdink? – Redakteur, Kerkbode.

Wynand Louw

Jean, Hennie het jou na spesifieke mense op die forum verwys, sonder om hulle name te noem (Hy het dus meer grasie as ek) Jy moet maar self die spesifieke draad gaan lees om te kyk na wie hy verwys!

Adri-Louise van Renen, redakteur van Kerkbode, het onderstaande kommentaar later verwyder, omrede dit haar nuwe kommentare nie gepas het nie – kyk na die 2de plasing en kommentare verder ondertoe.

Kerkbode

Die Kerkraad van die NG Gemeente Weltevreden het pas ’n verklaring na aanleiding van die verdagmakery teen prof Nelus Niemandt deur mense soos Wynand Louw en Hennie Mouton en Gideon Aggenbag uitgereik. Dit lees soos volg: “Die Kerkraad en leraars van die NG Gemeente Weltevreden het met hartseer kennis geneem van die onstellende uitlatings wat sekere persone in sosiale media oor prof. Nelus Niemandt, leraar van die gemeente, maak. Ons as geloofsgemeenskap getuig met die grootste vrymoedigheid van sy liefde vir die Here Jesus Christus en sy opregte geloof. Ons hoor dit gereeld in sy preke, bely dit saam met hom in die gemeente en ervaar dit in sy lewe. Prof Nelus Niemandt is die afglope 25 jaar deel van die geloofsgemeenskap van NG Weltevreden.Hallo Jean, Ons as NG Weltevreden wil graag ook reageer op die aantygings wat gemaak is op Prof Nelus Niemandt as persoon as jy dit dalk ook in die Kerkbode kan opneem. Hier is ons amptelike standpunt: Die Kerkraad en leraars van die NG Gemeente Weltevreden het met hartseer kennis geneem van die onstellende uitlatings wat sekere persone in sosiale media oor prof. Nelus Niemandt, leraar van die gemeente, maak. Ons as geloofsgemeenskap getuig met die grootste vrymoedigheid van sy liefde vir die Here Jesus Christus en sy opregte geloof. Ons hoor dit gereeld in sy preke, bely dit saam met hom in die gemeente en ervaar dit in sy lewe. Prof Nelus Niemandt is die afglope 25 jaar deel van die geloofsgemeenskap van NG Weltevreden. Die Kerkraad en leraars van NG Weltevreden

Kerkbode‎

Hennie Mouton en Wynand Louw – Hierdie keer is dit nie Jean wat links en regs beskuldig kan word nie. Hy het nog nie ’n woord in hierdie gesrpek geskryf nie. – Adri-Louise van Renen.

Kerkbode

Hennie Mouton en Wynand Louw – Julle moet my nou verskoon, ek het werk om te doen en sal nie vandag verder aan hierdie gesprek kan deelneem nie. Soos gesê: AL! die vrae wat julle oor prof Niemandt te vra het, word in die bostaande persverklaring asook in Kerkbode van 16 Maart beantwoord.

Hennie Mouton

Ek sien geen spesifieke name in die amptelike verklaring van NG Weltevreden in die slordige plasing van Kerkbode (Adri-Louise van Renen via Jean Oosthuizen) hierbo nie. Dit lyk dus of Kerkbode sekere name byvoeg omrede hul eie (agteraf?) doelstellings. Indien my naam by NG Weltevreden wel ter sprake gekom het, sal ek van hulle af graag die presiese beskrywingspunt wil sien. Wat wel waar is, is dat ek al dikwels vir Nelus Niemandt vrae gevra het en geen antwoorde gekry het nie. Hier is die laaste so ’n geval, op hierdie selfde webwerf. Dit het gegaan oor Leonard Sweet. Let asseblief op die styl van my skrywe.

Dankie Nelus, vir jou verwysing na

http://www.leonardsweet.com/response.php.

Wat jy hierbo aangehaal het uit sy stuk, beantwoord heelwat vrae oor hom en “New Age”.

Hier is nog ’n paar belangrike stukke uit sy skrywe:

“By quoting and referencing people outside the faith, I am doing nothing more than Peter, Paul and Jesus himself did. Paul circumcised Timothy and made a vow in the temple. Some Christians could have easily interpreted these actions as proof that Paul was a legalist. But he was simply being “a Jew to the Jew,” speaking their language to get their hearing, yet not compromising the gospel at the same time.”

“yet not compromising the gospel at the same time” is uiters belangrik, en is ongelukkig dit wat baie NG-teoloë (predikante ingesluit) duidelik nie regkry nie. Enigeen wat hierop glip, begin ’n vreemde evangelie verkondig. Leonard Sweet wys byvoorbeeld uit hoe so ’n vreemde evangelie by die ontluikendes (“emergents”) gevind word. Kyk hoe distansieer hy hom van hulle:

“It is doubly ironic that I am under attack for being Emergent or a leader in the “emerging church” movement when I am known in emerging church circles as one of its severest critics. In fact, four years ago Relevant Magazine hosted and published a conversation between Brian McLaren, Tony Jones and myself where my “Include Me Out” critiques of the “emerging church” were aired and discussed, RELEVANT Issue #21 (July/August 2006) In panel discussions I have looked Brian McLaren in the eyes and lamented “The Unbearable Wrongness of Brian.” The gospel is not simply about “principles of justice” but the person of Jesus, the very Son of God, born of the virgin Mary, who came to die for our sins, descended into hell, rose again on the third day, and is now seated with the Father while he lives his resurrection life in and through us by the power of the Spirit. I elaborate this more in the book I co-wrote with Frank Viola, The Jesus Manifesto (2010). If wanting to be a “Jesus manifest” is what it means to be “mystical,” then I plead guilty. For I do believe in the present tense of Jesus: I do believe that “Christ is Alive!” I do believe that “We Serve a Risen Savior.” I do believe that “He’s in the world today.”

I can still call Brian McLaren (and others) my friends while critiquing their theology. The “emerging church” is a young movement grown old very quickly because . ..

* It is prone to cause political ruckus when it should be rocking the world for Christ;

* It is missing a hunger and longing for the salvation of others, a passion for others to fall in love with Jesus and the sense that there are things at stake here that have both earthly and eternal consequences . . .

* It appears more and more to be a new evangelical form of the old 70s liberation theology;

* It makes the mistake of separating the Person of Jesus from His teachings;

* It deconstructs everything, including the historic creeds of the church and the divine inspiration of the entire biblical canon;

* It revels in spreading doubt more than faith.”

Nelus, as jy en ander teoloë/predikante wat in die verlede baie ontluikende geluide gemaak het, julle kan vereenselwig met hierdie uitsprake van Leonard Sweet, sal dit baie van ons vrae beantwoord. En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees.

Wynand Louw

Hallo Adri Louise. Antwoord Prof Nelus regtig my vrae?

Kerkbode

In 4 000+ woorde.

Wynand Louw

Dankie, ek waardeer dit werklik. Dra asb ook my dank aan Prof Niemandt oor!

Petrus Steyn

Wynand, as jy so graag antwoorde van daai Prof wil kry, gaan sien hom en praat met hom. As jy by jou vrou iets wil weet, skryf jy tog seker nie aan haar ook nie ? Dis mos hoe mens dit doen, van oog tot oog.

Wynand Louw

Petrus, hy bly in Pretoria en ek in die Kaap. Ek het hom gebel en gevra om my te antwoord. Hy wou steeds nie.

http://hierstaanek.com/2012/02/12/ope-brief-aan-prof-nelus-niemandt-gepos-op-facebook-12022012/

http://hierstaanek.com/2012/01/04/korrespondensie-met-prof-nelus-niemandt/

Daniel Louw

Dit sal wonderlik wees as prof Nelus, Wynand se vrae beantwoord, maar hoekom is ek skepties? Vir een of ander rede… Tyd sal leer.

Vince Aslett

Seeing is believing!

Renier Lourens

Wynand en Hennie laat my dink aan ’n twee jarige kind wat sy speelding gryp, as iemand anders daarmee wil speel, en dan skree: Myne, myne! En begin huil.

Hennie Mouton

Renier, is dit jou enigste antwoord of jou beste een?

Renier Lourens

Dis my waarheid, Hennie. Maak daarmee nes jy wil. Ek steur my lankal nie…

——————————–

Plasing 2

(http://www.facebook.com/kerkbode/posts/390606417634656)

Kerkbode

Die Kerkraad van die NG Gemeente Weltevreden het pas ’n verklaring na aanleiding van die verdagmakery teen prof Nelus Niemandt deur mense soos Wynand Louw en Hennie Mouton en Gideon Aggenbag uitgereik. Dit lees soos volg: “Die Kerkraad en leraars van die NG Gemeente Weltevreden het met hartseer kennis geneem van die onstellende uitlatings wat sekere persone in sosiale media oor prof. Nelus Niemand…t, leraar van die gemeente, maak. Ons as geloofsgemeenskap getuig met die grootste vrymoedigheid van sy liefde vir die Here Jesus Christus en sy opregte geloof. Ons hoor dit gereeld in sy preke, bely dit saam met hom in die gemeente en ervaar dit in sy lewe. Prof Nelus Niemandt is die afglope 25 jaar deel van die geloofsgemeenskap van NG Weltevreden. Die Kerkraad en leraars van NG Gemeente Weltevreden.

Kommentare:

Hennie Mouton

Ek sien geen spesifieke name in die amptelike verklaring van NG Weltevreden in die plasing van Kerkbode (Adri-Louise van Renen via Jean Oosthuizen soos gesien in die plasing ondertoe) hierbo nie. Dit lyk dus of Kerkbode sekere name byvoeg omrede hul eie (agteraf?) doelstellings. Indien my naam by NG Weltevreden wel ter sprake gekom het, sal ek van hulle af graag die presiese beskrywingspunt wil sien. Wat wel waar is, is dat ek al dikwels vir Nelus Niemandt vrae gevra het en geen antwoorde gekry het nie. Hier is die laaste so ’n geval, op hierdie selfde webwerf. Dit het gegaan oor Leonard Sweet. Let asseblief op die styl van my skrywe.

Dankie Nelus, vir jou verwysing na

http://www.leonardsweet.com/response.php.

Wat jy hierbo aangehaal het uit sy stuk, beantwoord heelwat vrae oor hom en “New Age”.

Hier is nog ’n paar belangrike stukke uit sy skrywe:

“By quoting and referencing people outside the faith, I am doing nothing more than Peter, Paul and Jesus himself did. Paul circumcised Timothy and made a vow in the temple. Some Christians could have easily interpreted these actions as proof that Paul was a legalist. But he was simply being “a Jew to the Jew,” speaking their language to get their hearing, yet not compromising the gospel at the same time.”

“yet not compromising the gospel at the same time” is uiters belangrik, en is ongelukkig dit wat baie NG-teoloë (predikante ingesluit) duidelik nie regkry nie. Enigeen wat hierop glip, begin ’n vreemde evangelie verkondig. Leonard Sweet wys byvoorbeeld uit hoe so ’n vreemde evangelie by die ontluikendes (“emergents”) gevind word. Kyk hoe distansieer hy hom van hulle:

“It is doubly ironic that I am under attack for being Emergent or a leader in the “emerging church” movement when I am known in emerging church circles as one of its severest critics. In fact, four years ago Relevant Magazine hosted and published a conversation between Brian McLaren, Tony Jones and myself where my “Include Me Out” critiques of the “emerging church” were aired and discussed, RELEVANT Issue #21 (July/August 2006) In panel discussions I have looked Brian McLaren in the eyes and lamented “The Unbearable Wrongness of Brian.” The gospel is not simply about “principles of justice” but the person of Jesus, the very Son of God, born of the virgin Mary, who came to die for our sins, descended into hell, rose again on the third day, and is now seated with the Father while he lives his resurrection life in and through us by the power of the Spirit. I elaborate this more in the book I co-wrote with Frank Viola, The Jesus Manifesto (2010). If wanting to be a “Jesus manifest” is what it means to be “mystical,” then I plead guilty. For I do believe in the present tense of Jesus: I do believe that “Christ is Alive!” I do believe that “We Serve a Risen Savior.” I do believe that “He’s in the world today.”

I can still call Brian McLaren (and others) my friends while critiquing their theology. The “emerging church” is a young movement grown old very quickly because . ..

* It is prone to cause political ruckus when it should be rocking the world for Christ;

* It is missing a hunger and longing for the salvation of others, a passion for others to fall in love with Jesus and the sense that there are things at stake here that have both earthly and eternal consequences . . .

* It appears more and more to be a new evangelical form of the old 70s liberation theology;

* It makes the mistake of separating the Person of Jesus from His teachings;

* It deconstructs everything, including the historic creeds of the church and the divine inspiration of the entire biblical canon;

* It revels in spreading doubt more than faith.”

Nelus, as jy en ander teoloë/predikante wat in die verlede baie ontluikende geluide gemaak het, julle kan vereenselwig met hierdie uitsprake van Leonard Sweet, sal dit baie van ons vrae beantwoord. En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees.

Johann Enslin

veel belangriker ken ek Nelus as iemand in geloofsgemeenskap met God/in Jesus en vol van die HG

Wynand Louw

Geagte Kerkraad van Weltevreden

Baie dankie vir u reaksie, dit word waardeer.

Ek is verheug oor u opinie dat Prof Niemandt die belydenisskrifte van die NG kerk glo en bely.

Dit maak dit egter vir my totaal onverstaanbaar waarom Prof Niemand tydens privaat korrespondensie wat oor weke gestrek het, en maande daarna in openbare gesprek geweier het om eenvoudige vrae oor sy geloof te beantwoord.

Dit sou hom tien minute neem om dit te doen, en dit sou hierdie hele ongemaklike situasie voorkom het.

Ek moet dus die voor die handliggende aan u uitwys: Dit is nie my vrae wat hom verdag gemaak het nie, dit is sy weiering om ’n openbare belydenis van sy geloof te gee deur die vrae te beantwoord, wat hom verdag gemaak het.

Ek versoek u dus as kerkraad met geestelike opsig oor Prof Niemandt om my versoek dat hy my vrae beantwoord aan hom oor te dra.

Met dank

Wynand Louw

Hennie Mouton

Johann, in daardie geval sal Nelus hopelik poog om bogenoemde verdraaide weergawe van Kerkbode oor die NG Weltevreden-verklaring reg te laat stel.

Wynand Louw

http://hierstaanek.com/2012/02/12/ope-brief-aan-prof-nelus-niemandt-gepos-op-facebook-12022012/

Wynand Louw

Johann, waarom beantwoord hy nie my vrae nie? Hy het dan mos niks om te vrees of te verloor nie?

Lourens Oosthuizen ‎

.. “En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees.”

………… 🙂

Vince Aslett

Klink vir my soos damage control, mmmm

Kerkbode

Hennie Mouton 1) Daar is nie sprake van ’n verdraaide weergawe nie. Die aanhalingsteken toon tog duidelik waar Weltevreden se verklaring begin. 2) Ek plaas niks “via Jean” nie. Kerkbode se fb-blad het 3 administrators – wanneer een van ons dus iets plaas, verskyn Kerkbode se icon langs die plasing; behalwe as ons dit onder ons eie fb-identiteit doen. As flukse fb-gebruiker behoort jy dit tog te kan verstaan. Lyk my verdagmakery is nou maar eenmaal jou game. – Adri-Louise.

Hennie Mouton

Adri-Louise,

1) Tensy jy my kan wys dat Wynand Louw, my en Gideon Aggenbag se name onder bespreking was by NG Weltevreden, gaan ek jou onbehoorlike byvoeging daarvan as ’n verdraaiing beskou.

2) Jou eie kommentaar hieronder op Wynand se plasing wys dat jy die berig via Jean Oosthuizen ontvang het. Let op die foutjie wat jy so in die middel rond gemaak het — dit het die oorspronklike skrywe aan Jean onthul:

“Kerkbode Die Kerkraad van die NG Gemeente Weltevreden het pas ’n verklaring na aanleiding van die verdagmakery teen prof Nelus Niemandt deur mense soos Wynand Louw en Hennie Mouton en Gideon Aggenbag uitgereik. Dit lees soos volg: “Die Kerkraad en leraars van die NG Gemeente Weltevreden het met hartseer kennis geneem van die onstellende uitlatings wat sekere persone in sosiale media oor prof. Nelus Niemandt, leraar van die gemeente, maak. Ons as geloofsgemeenskap getuig met die grootste vrymoedigheid van sy liefde vir die Here Jesus Christus en sy opregte geloof. Ons hoor dit gereeld in sy preke, bely dit saam met hom in die gemeente en ervaar dit in sy lewe. Prof Nelus Niemandt is die afglope 25 jaar deel van die geloofsgemeenskap van NG Weltevreden.Hallo Jean, Ons as NG Weltevreden wil graag ook reageer op die aantygings wat gemaak is op Prof Nelus Niemandt as persoon as jy dit dalk ook in die Kerkbode kan opneem. Hier is ons amptelike standpunt: Die Kerkraad en leraars van die NG Gemeente Weltevreden het met hartseer kennis geneem van die onstellende uitlatings wat sekere persone in sosiale media oor prof. Nelus Niemandt, leraar van die gemeente, maak. Ons as geloofsgemeenskap getuig met die grootste vrymoedigheid van sy liefde vir die Here Jesus Christus en sy opregte geloof. Ons hoor dit gereeld in sy preke, bely dit saam met hom in die gemeente en ervaar dit in sy lewe. Prof Nelus Niemandt is die afglope 25 jaar deel van die geloofsgemeenskap van NG Weltevreden. Die Kerkraad en leraars van NG Weltevreden”

Bogenoemde kommentaar is nou nie meer daar nie, want jy het dit verwyder. Dis oneerlike verwydering Adri-Louise, want in die middel van bogenoemde staan “Hallo Jean”, wat wys dat dit aan hom gerig was en ek dus met reg kan sê dat jy dit via hom ontvang het.

Om my nou weer van verdagmakery te beskuldig is presies verdagmakery van jou kant af Adri-Louise, want dis gegrond op jou eie leuens.

Petrus Steyn

Werk julle mense nooit?! As julle so graag wil skryf oor ander mense se geloof (of gebrek daaraan) skryf ’n boek. Hierdie gekibbel lyk vir my maar na hppe in die wind… : “hy glo so, sy doen dit, hy antwoord my nie… Een of ander tyd moet mens standerd 2 ontgroei!

Frans Klopper

Asseblief tog, hou op kerm oor ons kerkleiers en ons kerk, maak eerder ’n positiewe verskil om ons eenheid in die Here te wys!

Kerkbode

Ag, Hennie Mouton!! Regtig. Hoekom het jy nie net gevra nie? Dan kon ek jou vroeër gehelp het. Ek het die verklaring via prof Niemand via ’n fb-chat EN via ’n e-pos vanaf hom ontvang. Hy het dit waarskynlik ge-copy ut ’n e-pos wat die kerkraad na Jean gestuur het en ook aan hom ge-cc het. Jean woon die Woordfees op Stb by en is salig onbewus van wat hier aangaan. Dankie, ek aanvaar jou verskoning.

Lourens Oosthuizen

Aangesien díe draad (gesprek) nou draai om die booshede van leuens en verdagmakery:

1) My eerste responsie het hierdie aangeleentheid as ’n tragiese “business as usual” geoordeel, en die ondermyning van ’n goeie getuienis uitgewys. Ek het dit later verwyder. Dis eintlik nie my besigheid nie. Ek is net ’n waarnemer.

2) My tweede responsie haal Hennie Mouton aan:

“En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees.”

Nou sien ek dat my poging om dit so neutraal as moontlik te stel al 4 Likes verwerf het, insluitende díe van Hennie Mouton. Dit bring my dan tot die skrywe van hierdie responsie. 🙂

Ek kon maar eerder “???????” by die aanhaling geplaas het. Dit sou dalk ’n beter aanduiding gegee het van my eie ervaring by die lees van daardie sin aan die einde van Hennie se eerste responsie hier.

So, ek kan maar vra: Is dit werklik so? Is dit werklik die waarheid? Ek vertsaan dat dit begin met, “Ek glo,” en mens moet dit dan respekteer as iemand se geloofsoortuig, dit is, sý waarheid.

Maar is dit werklik so? Is dit regtig waar dat ’n paar antwoorde (“..sou hom tien minute neem om dit te doen”– Wynand Louw) God sal eer en die NGK sal “seën?”

3) Verder vind my waarneming dit opvallend dat Wynand Louw deeglik daarop wys dat Nelus Niemandt “tydens privaat korrespondensie wat oor weke gestrek het, en maande daarna in openbare gesprek geweier het om eenvoudige vrae oor sy geloof te beantwoord.”

As hy dan nou maar “tien minute (ge)neem het om dit te doen,” ..”sou (dit) hierdie hele ongemaklike situasie voorkom het.”

Vir my eenvoudige begrip lyk dit dan duidelik dat “hierdie hele ongemaklike situasie” NIE deur Nelus Niemandt gedryf is nie.

Wynand Louw

Lourens, ek het nie gesê prof Niemandt het dit gedryf nie. Ek het gesê die feit dat hy nie openlik teenoor die lidmate van sy kerk is nie skep ’n krisis. Ek is maar die ou wat opstaan en praat – mense verlaat ons plaaslike gemeent OMDAT PROF NIEMANDT NIKS SE OOR JULIAN MULLER EN BEN DU TOIT NIE! Nie net Prof Niemandt nie, die moderamen en leierskap van die kerk in die algemeen. Ons kerk het ’n ernstige geloofwaardigheidskrisis op voetsoolvlak, wie dit nie sien nie is blind gebore. Deel van die geloofwaardigheidskrisis is dat ons gewone lidmate nie meer weet wat ons leiers glo nie. So ek vra weer – waarom het Prof Niemandt tot dusver geweier om antwoorde oor sy geloof te bevraagteken? Kerkbode sê hy het ’n 4000 woorde artikel daaroor in die naweek se Kerkbode. Ek bid werklik dat hy die saak bevredigend oplos – ons kerk het nodig dat sy haar leiers kan vertrou.

Hennie Mouton

Adri-Louise, ek is bly om te hoor jou eerste kommentaar se tweede deel was net maar jou eie fout. Jammer dat ek so ’n verkeerde, alhoewel billike afleiding op grond van jou fout gemaak het. Maar jou verdere verdagmakery en oneerlike verwydering van jou eie kommentaar het jy nog nie op geantwoord nie. Natuurlik mag en kan mens jou eie kommentaar verwyder, maar as ander mense al reeds daarop geantwoord het, is dit tog nie heeltemal eerlike optrede nie. Wat nou van verskonings van jou kant af? Wat is jou bewyse teen al drie van ons dat ons verdagmakery teen Nelus Niemandt gepleeg het? En natuurlik verdagmakery impliseer leuens of wat bedoel jy met verdagmakery?

Lourens Oosthuizen

Dankie, Wynand Louw, vir ’n baie ordentlike antwoord. Ek waardeer dit.

Die groter krisis, soos wat ek dit dan nou tussen die lyne lees, ook in Wynand se responsie, gaan nie eintlik oor die presiese geloofsbelydenisse van enkelinge nie, d.w.s. die gelooswaarhede wat in ’n mindere of meerdere mate, of ten volle onderskryf word nie, maar oor die realiteit van die kerk se vernaamste produk, VERLOSSING: BEVRYDING, GENESING, en REGENERASIE — alles in Christus, deur Christus, vir Christus. Wat in vertroue op God in Christus berus, nie in die “vertroue” wat lidmate in ander plaas nie, al is hulle die amptenary van die instelling toevertrou met die bewaring van die Waarheid van die geestelike verlossing en vernuwing.

Wynand Louw

Lourens, elke keer wat iemand soos Dr Ben du Toit ’n uitspraak maak in die openbaar wat ons belydenisskrifte weerspreek en die Moderamen bly stil, loop nog mense uit die kerk, of verloor nog mense hulle geloof. Die basislyn is 20 000 in die laaste jaar!

Ben Engelbrecht

‎Lourens Oosthuizen: My ‘like’ by jou opmerking oor “En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees” verteenwoordig die ?????, wat jy wou bysit…

Hennie Mouton

Ben, Lourens, en wie ookal nog wil antwoord: My verklaring het oor Leonard Sweet se uitsprake gegaan soos hierbo aangehaal. Stem julle saam met sy uitsprake? Nelus het daarna in ’n positiewe sin verwys, so wat sê julle?

Lourens Oosthuizen

@Hennie: Omdat jy my direk vra, ontwoord ek beleefd en met apologie dat my antwoord heeltemaal onbevredigend is as ’n responsie op hennie se spesifieke vraag: Ek het nog nooit Leonard Sweet se uitsprake gelees nie, en durf nie ’n opinie daaroor waag nie. Jammer.

Ek is ook nie bevoeg om meer hieroor te sê nie. My responsies hier is op wat ek wel híer gelees het.

Thanks. Lekker naweek, Ek hoop rus en vrede heers in die harte en sinne van almal betrokke in hierdie”ongemaklikheid.”

Hennie Mouton

Lourens, dankie vir jou beleefde antwoord, maar ek vra net jou respons op Leonard Sweet se uitsprake soos ek dit hierbo in die eerste kommentaar aangehaal het. Dis dieselfde kommentaar waarin ek afsluit met die sin “En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees” waarop jy wel baie kommentaar gelewer het. Ek weet dus nie waarop jy jou beoordeling van my afsluitingsin gebaseer het as jy nie besef het waarna ek daarmee verwys het nie.

Cobus Van Wyngaard

Ek kyk hierdie goed so once in a while, en wat my telkens vang (en in hierdie geval is dit baie duidelik) is die patronizing manier waarop daar met lidmate en kerkraadslede omgegaan word. Dis asof julle dink dat Nelus die laaste 25 jaar sy gemeente mislei het, en hulle nog heeltyd te dom was om dit agter te kom. As ek in daai gemeente was sou ek offence gevat het. Die manier hoe ons in die NG Kerk gedink het was maar nog altyd dat ons kerkrade en ringe vertrou, maar as ek julle so luister, dan is kerkrade en ringe nie werklik instaat om ingelig te kan praat oor geloofsake nie. Hennie, Wynand, no offence, maar so ’n benadering verdien om ignoreer te word. Gaan spyker nou maar goed aan mure of skryf tesisse oor die saak, maar as julle oor kerklike dwaalleer wil praat, dan tel die stem van kerkrade actually meer as die stem van lone rangers op facebook (dis nou natuurlik solank ons binne die kerk werk).

Pieter Olivier

@ johann enslin ek hoop regtig nie jy het so min eerbied en respek vir die Heilige Gees dat jy as deel van die skepping Sy Naam to ’n afkorting af maak nie

Lourens Oosthuizen

‎/..”ek vra net jou respons op Leonard Sweet se uitsprake”..

Dit blyk duidelik dat Hennie óók van my verwag dat ek my moet kan “vereenselwig” met Sweet se uitsprake, of dan nou seker myself ‘skuldig” verklaar as ek nie wil nie.

Jammer, Hennie, maar ek ken my beperkinge, en Leonard Sweet is nie een van hulle nie.:-)

Hennie Mouton

Jou antwoord klink oulik Lourens, maar dis juis sulke ontwykende antwoorde wat maak dat die NG Kerk al dieper in die krisis insak.

Cobus, ons verwag juis van kerkrade en ringe om uitsprake van mense aan die hand van die Bybel te meet, en nie alles vir soetkoek op te vreet nie. Ons glo hulle is beslis in afhanklikheid aan God daartoe in staat, maar jy verwag skynbaar dat NG-teoloë en -leiers se uitsprake maar net in goedertrou aanvaar moet word. Jou beskuldiging van kerkrade en ringe te onderskat is dus eerder op jouself van toepassing, lyk dit vir my.

Johannes Oosthuizen

Hoekom word die gesprekke nie in Huisgenoot gepubliseer nie? Niemand sal die moddergooiery wil mis nie. Ek staan verstom!

Renier Lourens

Ek wonder wie hierdie ouens wat hulle-self aangestel het as judge, jury and executioner, dink hulle is. Dis nie die leiers van die NGK wat mense die kerk laat verlaat nie, wat mense laat twyfel nie, wat ander se geloof laat skade ly nie, wat die beeld van die NGK skaad nie, wat liefdeloos optree nie maar wel hierdie onheilige inkwisissie wat hel bent is om hulle eie skewe oortuigings en selfgeregtigheid op ander af te dwing. Aanvanklik het ek gereken mens kan met hulle gesprek voer, maar weldra het ek besef die gespreksverkeer is eenrigting- hulle is reg, slegs hulle. Die res is goddeloos, afvallig en oppad hel toe. Soveel arrogansie het ek nog nooit voorheen teegekom nie. Dalk verstaan ek iets van Martin Luther voor die RK se regbank…

Hennie Mouton

Renier, ons is meestal gewone lidmate wat ernstig oor God en die Bybel is. En jou en ander predikante hier se onwilligheid om sinvolle antwoorde op redelike vrae te gee, maar eerder soos jy nou hier te reageer, doen juis die kerk baie skade aan. Hoekom is dit vir jou so moeilik om te hanteer dat ons vrae vra en self glo dat ons standpunte reg is volgens die Bybel? Jy verkondig tog sekerlik nie standpunte wat jy nie glo reg is nie, of doen jy?

Marius de Jager

Jinne manne julle kan darem kla en kerm oor die kleinste goedjies. Haal eerrs die balk uit julle eie oë voor julle die splinter in iemand anders sin soek.

Ek kan glad nie insien dat enige lidmaat of prediker aan iemand antwoorde verskuldig is nie, veral nie as julle nie deel van daardie kerkraad of selfs die ring of senode is nie.

Hierdie absolute aanval op enige mens wat net effe van julle ongepoetse denke verskil word in die openbaar gekruisig.

Ek dien liewer ’n lewende God op my manier as om deel te wees van ’n instelling, en hoor my “instelling” met judges soos julle.

Heelwaarskynlik daarom dat ek my geloof uitleef sonder om kerk toe te gaan …

Henk van Hoving

Mense verlaat nie die kerk oor die “leiers” se uitsprake nie maar omdat hulle “lou” geword het en nie meer hieroor vermaan word nie. Ek is in vyf jaar eenmaal besoek. Die dominee’s, doen nie meer huisbesoek nie – seker te besig op facebook. Ouderlinge besoek glad nie en diakens is vervang met aftrekorders. Die kerk het irelevant geword omdat die kerk nie meer sy lidmate ken nie. Die manne het slap geword en al hoe meer vroue moet ampte vul omdat mans slapgat geword het.

Renier Lourens

Hennie, ek staan onder die opsig en tug van my kerkraad, dan die ring en dan die sinode. Is jy van mening dat al die genoemdes dan oneerlik omgaan met die Woord en belydenisskrifte, dat hulle geestelik onvolwasse is en dat hulle nie vir hulleself standpunt kan inneem nie? Die kerkorde is duidelik hieroor. Ek is slegs aan my kerkraad antwoorde verskuldig. Die manier waarop julle omgaan is nie Skriftuurlik nie. Ons konsensus en eenheid lê nie in ’n woordelikse na-pratery van wat julle sê nie, nie in mekaar se interpretasies nie, maar in Christus. Julle houding weerspreek Christelike liefde juis omdat julle onbehoorlik gesprekvoer deur ander dood te praat, onbereidheid om te luister, vingerwysend en ‘van bo’ te praat, gebrek aan ruimte vir ander se sienings ens. Dit is moontlik om op ’n Christelike wyse van mekaar te verskil, maar ek vind dit nie by julle nie. As julle so ernstig is oor God, waar is Sy liefde dan? Jy skuld my ook maar antwoorde, maar jy kan self kies om dit te beantwoord of nie sonder dat ek enige afleidings maak oor waar jy tov jou geloof ens staan. Dis maar my manier om jou respek te betoon…

Pieter Olivier ‎

@ Henk van Hoving in die 5 jaar hoeveel keer het jy die dominee gaan besoek ons as christine moet dien nie op ons agterent sit om deur almal gedien te word nie en dit sluit sondae in gaan beitjie kerk toe om tedien nie om gedien te word nie

Hennie Mouton

Renier, die antwoord op jou eerste vraag aan my is nee. Ek en Wynand is verskillende mense — vra hom maar as jy sy antwoord wil hê. Ek verskil van jou dat ons omgang met die Skrif nie Skriftuurlik is nie. Ek glo Ralph Barnard se omgang met die Skrif is nie Skriftuurlik nie want hy aanvaar nie dat Christus se kruisoffer die Ou Testamentiese offers vervang het nie. Jy sien, ek sê niks erger as jy nie, ek motiveer dit net wat beter is as jou veralgemeende beskuldiging. Mens kan nie iemand anders hier doodpraat nie. Mens se bydrae kan net uitgevee word deur ouens wat hier in beheer is. Ons het nooit gesê julle mag nie hier jul sienings lug nie, maar ons het sekerlik die reg om daarvan te verskil en te sê hoekom. Dit is tog in lyn met die doel van hierdie gesprekke. God se liefde word gewys deur Sy kruisoffer, Sy genade, Sy vergifnis van Sy kinders se sondes … Stel maar weer jou vraag as jy eintlik iets anders bedoel het. Watter ander antwoorde skuld ek jou? En wat sê jy van Ralph se siening oor Christus se kruisiging soos hierbo gestel?

Wynand Louw

Renier. Die Bybel se baie duidelik dat di ekerk nie dwaalleer mag toelaat nie. Lees die boek van Judas. Liberales se aanspraak dat die Bybel sê daarmoet eengesindheid wees terwyl hulle niks sê oor die Bybel se duidelike opdragte om dwaalleraars uit die kerk te ban nie is oneerlik. Renier, ek dink nie jy lieg met opset nie maar ek dink jou vooroordeel maak dat jy die Bybel se uitpsrake teen dwaalleraars (onbewustelik?) ontken. Wees asb eerlik, Renier, en gee ons jou eksegese van die boek Judas.

Barend Nel

Hennie Mouton sê: “Mens kan nie iemand anders hier doodpraat nie. Mens se bydrae kan net uitgevee word deur ouens wat hier in beheer is. Ons het nooit gesê julle mag nie hier jul sienings lug nie, maar ons het sekerlik die reg om daarvan te verskil en te sê hoekom. Dit is tog in lyn met die doel van hierdie gesprekke”

Ek stem heeltemal daarmee saam. My probleem was nog nooit daarmee nie, maar wel daarmee dat predikante wat onder die “julle” van jou paragrafie hierbo val van valsheid en bedrog beskuldig word, dat geëis word dat hulle moet bedank en dat hulle op allerlei maniere gedreig word. Dit is sekerlik nie die bedoeling met hierdie gesprekke nie. Trouens dit maak alle moontlikheid van gesprekke dood. Die oomblik as ’n mens iemand met tug of sanksies dreig as hy ’n mening lug wat nie met die heersende mening in lyn is nie, is eerlike gesprekke dood en al wat oorbly is ’n klakkelose napratery.

Die huidige belydenisskrifte het almal in tydens periodes van groot meningsverkille en stryd in die kerk uitgekristaliseer as formulerings van konsensus oor belangrike geskilpunte. In die groepe waar hierdie formulier “van enigheid” gebore is, was dit daarom iets kosbaars. Die siening dat hierdie geskrifte onveranderlike en ewige vasleggings van ons ONGETWYFELDE geloof is en dat selfs die interpretasie daarvan nie gekritiseer mag word nie, het daarvan dooie geskrifte gemaak. Daarom weet meer as 90% NGK lidmate (volgens informele opnames wat ek oor die afgelope 35 jaar gemaak het) nie eers wat die NAME van ons belydenisskrifte is nie, wat nog te sê wat daarin staan. Dit het dooie geskrifte waarin die geloof van ons kerkvoorvaders vervat is geword… en nie meer lewendige formulerings van óns geloof nie. Diegene wat dink dat hulle die belydensiskrifte gaan red deur te eis dat gespreksgenote niks mag sê wat teen die belydenisskrifte (of die letterlike woorde van die belydenisskrifte of die spreker se interpretasie van wat die belydenisskrifte wou sê) is nie, red nie die belydenisskrifte nie. Hulle verdoem dit net verder tot vergetelheid.

Daar is deesdae ’n lewendige gesprek oor geloofsake en ook oor die belydenis aan die gang… iets wat ek vir dekades nie geken het nie. Dit is ’n goeie ding, selfs al hoor ’n mens baie goed waarvan jy glad nie hou nie. Dit is nie nodig om die gesprek te probeer smoor deur mense se mond met allerlei dreigemente te snoer nie. Ons kan gerus maar Gamaliël se wyse raad volg, soos gevind in Handelinge 5:

“33 Toe die Raad dit hoor, was hulle woedend, en hulle wou die apostels doodmaak.

34 Een van die Fariseërs in die Raad, ’n man met die naam Gamaliël, wat as leermeester van die wet van Moses by die hele volk in hoë aansien was, het toe opgestaan en gevra dat die apostels ’n rukkie buitentoe gevat moet word.

35 Daarna sê hy vir die Raad: “Israeliete, julle moet versigtig wees wat julle met hierdie mense gaan doen.

36 ’n Tyd gelede was daar die geval van Teudas, wat in opstand gekom en daarop aanspraak gemaak het dat hy iemand van betekenis is. Hy het ’n aanhang gekry van omtrent vier honderd man. Hy is doodgemaak, en al sy volgelinge is verstrooi, en die opstand het op niks uitgeloop nie.

37 Daarna was dit Judas die Galileër, wat in die tyd van die volkstelling in opstand gekom het met ’n deel van die volk agter hom aan. Ook hy is om die lewe gebring, en al sy volgelinge is uitmekaar gejaag.

38 Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie.

39 Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!” Die Raad het na hom geluister.”

Cobus Van Wyngaard

Maak vrede. Die kerk het die geneigdheid om stuff op verskillende maniere te interpreteer. As dit jou pla… oh well, ek weet nie eintlik wat jy moet maak as dit jou pla nie. Ons is al vir 2000 jaar besig hiermee, ek het nie veel hoop dat dit binnekort sal verander nie. So ek gaan nou maar voort, ek’s gedoem tot interpretasie, en dit gaan ek doen.

Hennie Mouton

Geen probleem met die regte vertolking nie Cobus, maar dan moet jou vertolking verdedigbaar uit die Skrif en nie teenstrydig daarmee wees nie.

————————-

Plasing 3

(http://www.facebook.com/kerkbode/posts/390608034301161)

Johann Heinrich Ernst -> Kerkbode

Daar kom ’n tyd wanneer ’n mens vir iemand anders moet sê: “Dit is nou genoeg!” Daarom nou hier aan Wynand Louw: “Nou bly jy stil!” Wat help dit om ander te beskuldig dat hulle bedrog sou pleeg deur sogenaamd die belydenisskrifte te verwerp, maar jy pas nie die belydenisskrifte toe in jou eie lewe nie. Wat staan in Sondag 43 Vraag 112 van die Heidelbergse Kategismus? “Vraag: Wat eis die negende gebod? Antwoord: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde verdraai, nie ’n kwaadsteker of lasteraar wees nie, niemand ligtelik en onverhoord veroordeel of help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as van die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring nie. So moet ek in regsake en in alle handelinge die waarheid lief hê, en opreg wees in wat ek sê en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder.” Dit is een ding om vir die bestaan van die duiwel op te kom. Dit word iets baie erger as ’n mens die duiwel se eie werke doen. Dan word jy self ’n duiwel! Nou gebeur ook dat ek dik die duiwel in word vir my broer oor sy duiwelswerk.

Kommentare:

Johan van der Merwe

Amen.

Wynand Louw

Dr Ernst

Ek waardeer u persoonlike aandag.

U is aktuarius van die Algemene Sinode. U regskennis oor die algemeen en u kerkregskennis in die besonder sal dus van groot waarde wees in hierdie gesprek.

Die artikel wat ek geskryf het is maar my, ’n leek se opinie. Ek glo dit is korrek, anders sou ek dit nie geskryf het nie. Maar ek is ’n mens, en dus feilbaar.

Ek sal dit dus waardeer indien u op logies beredeneerde manier kan verduidelik waarom ’n leraar in diens van die NG Kerk wat nie die belydenisskrifte glo nie, nie bedrog pleeg nie. Indien u dit oortuigend kan doen sal ek hierdie artikel oor die legitimasie eed as deel van ’n siviele dienskontrak terug trek en in die openbaar om verskoning vra aan enigeen wat daardeur benadeel is.

Ek sal ook graag wil hoor waarom u beweer dat iemand wat die bestaan van die duiwel verwerp nie die Bybel en belydenisskrifte weerspreek nie.

Soos ek aan Mnr Oosthuizen hieronder verduidelik het, totdat u hierdie punte op logies beredeneerde manier uit die Bybel en belydenisskrifte bewys het u opinie maar net dit: U opinie.

Met agting

Wynand Louw

Johann Heinrich Ernst

Beste broer Wynand, uit liefde sal ek jou hierdie een keer in die “openbaar” antwoord, maar dit is en bly my standpunt dat sake soos hierdie op ’n persoonlike en broederlike manier met mekaar in veilige ruimtes, sonder dwang of provokasie, en eerlik en openhartig bespreek moet word. Ek sal probeer saaklik wees. Om te beweer dat iemand aan bedrog skuldig is, is niks meer as ’n aanklag nie. In die kerklike en burgerlike reg is iemand altyd onskuldig totdat hy, nadat getuienis oorweeg is en kruisondervraging plaasgevind het, aan ’n oortreding skuldig bevind is. Jou opmerkings is blote aannames en daarom kan dit gevaarlik wees. Verder skiet ’n mens nooit in die kerk met ’n haelgeweer op ander nie. Jesus het in Matteus 18 baie duidelike voorskrifte gegee oor hoe ons as gelowiges teenoor mekaar moet optree. Daar staan nie: As jou broer na jou oordeel verkeerd opgetree het, gaan val hom aan op die Facebook webwerwe nie. Inteendeel, persoonlike, private gesprek en/of vermaning, vertroulikheid en eerbaarheid is die wyse waarop met jou broer in die geloof gehandel word as hy afdwaal, sondig, verkeerd optree of dwaling sou verkondig. Liefdevolle teregwysing van jou broer, medelid, onder vier oë met die doel om terug te wen, is die voorgeskrewe weg. Die tweede stap is om in ooreenstemming met Deutr 19 vers 15 nog een of twee medelede met jou saam te neem. Steeds privaat en na die beweerde oortreder se huis. En eers, as dit nie tot herstel lei nie, eers dan word dit vir die gemeente in vertroue gesê. Dit word nie uitgeblaker waar moontlik ongelowiges kan hoor en sien hoe sleg dit is as broers nie saam lewe nie.

Wynand Louw

Dr Ernst

Eerstens moet ek u daarop wys dat u nie my vrae beantwoord het nie. U oorspronklike pos op hierdie draad bly dus steeds niks anders as ’n ongesubstansieerde opinie nie.

Ek vertrou op grond van die feit dat u aktuarius is, dat u wel beide my vrae sinvol en bevredigend kan antwoord.

Tweedens is ek onseker waarom u verwys na die Mattheus 18 proses aangesien ek geen name in my artikel oor leraars wat bedrog pleeg noem nie.

1) Indien u verwys na Dr du Toit (‘n saak waar ek gedink het ons reeds die kwessie van die Matt 18 volledig bespreek het), wil ek u graag verwys na die feit dat die kerkorde duidelik onderskeid tref tussen openbare en geheime sondes, en dat openbare sondes nie onder die Mattheus 18 proses val nie. Die selfde geld vir Prof Julian Muller, wat die evangelie en Jesus in die openbaar verloën. Ek wil net noem dat ek vir Prof Muller 2 eposse gestuur het voordat ek die eerte keer sy naam in die openbaar genoem het – hy het my eposse ignoreer.

2) Indien u verwys na Prof Niemand, wil ek u daarop wys dat ek nooit ’n aanklag teen hom gemaak het nie maar hom bloot gevra het om sy posisie rakende die belydenis van ons kerk duidelik te stel, aan die hand van vrae wat ek hom gevra het. Ek wil u ook daarop wys dat ek lank met hom in persoonlike gesprek was voordat ek die gesprek enigsins openbaar gemaak het of na die openbare arena verskuif het. Dit voldoen dus 100% aan die vereistes van die Matt 18 proses.

3) Indien u verwys na individue op hierdie en ander internet forums wil ek u daarop wys dat alle aantygings teen hulle in die openbaar gebasseer is op hulle voortgesette optrede op openbare internetforums. Dit val dus ook onder die groep van openbare sondes en Matt 18 geld nie daarvoor nie.

Ek wag vir u verduideliking waarom ’n NG Leraar in diens van die kerk nie kontraktueel aan sy legitimasie verklaring gebind is nie, ten spyte daarvan dat dit deel van sy dienskontrak uitmaak.

Vriendelik Groete

Wynand Louw

Albert Cruywagen

Snoer hierdie bittergalle se monde!! Assssseblief!! Dit is inderdaad nou genoeg. Die NGK kan sonder hulle klaarkom.

Hennie Mouton

Is dit nie merkwaardig dat as sekere mense hier gekritiseer word, selfs net indirek, sommige dominees skreeu dat die sogenaamde verdagmakers se monde gesnoer moet word nie, maar as God hier blatant deur ateïste soos Stefan Coetzer en Dom Willem beledig word, dieselfde dominees eerder stilbly of met hulle saampraat as om hulle enigsins aan te spreek? Ek praat nou van die gereelde deelnemers hier.

Albert Cruywagen

Die ateiste is reeds uit die kerk uit. Dis diegene binne-in die kerk wat soveel skade aanrig waaroor ons bekommerd is.

Hennie Mouton

Is God se eer en die moontlike redding van die ateïste wat hier deelneem en die feit dat mense soos jy hulle nie weerspreek nie wat op sigself ’n baie negatiewe boodskap uitdra, nie vir jou van belang nie Albert?

Albert Cruywagen

Hennie: Jy as lidmaat rig groot skade aan in die kerk. Ek hoor jou naam redelik wyd. Die ateiste is buite die kerk.

Hennie Mouton

Albert, jy as predikant rig skade aan met jou ongelowige standpunte en jou gebrek aan teenkanting van ateïste se doelstellings. Ek lees jou naam en jou opinies op vreeslik baie plekke. Nee, ek aanvaar nie jou opinie dat ek skade aan die ware kerk aanrig nie. Hoe rig mens skade aan as jy Bybelse waarhede voorstaan? As ek skade aanrig aan die verspreiding van leuens is ek baie dankbaar.

Albert Cruywagen

My ongelowige standpunte? Dis ’n groot lieg. Dis verdagmakery. Ek het nog nooit iets gesê dat ek ongelowig is nie. Jou Bybelse “waarhede” is in ’n uiters klein kring “waarheid”! En ek herhaal: ek los die ateiste uit. Hulle is deur die kerk en anderkant uit.

Albert Cruywagen

Hennie: Ghoebaai!

Stefaan de Jager

Albert, jou standpunt oor gebed is ’n ongelowige een, tensy jy intussen van siening verander het.

Hennie Mouton

Albert, ek stem met jou saam — jy het nog nooit gesê jy is ongelowig nie. Moslems, Hindoes, Nuwe Hervormers (bestaan hulle nog?), panteïste en panenteïste dink nes jy as nie/nieu-teïs ook nie hulle is ongelowig nie. Wat sê jy as nie/nieu-teïs nou weer van Christus as enigste Verlosser en God?

Vince Aslett

Albert Albert, kom vertel ons of jy glo dat Hesus werklik opgestaan het, ag toe. Wat van die maagdelike geboorte, of dat Jesus God is. Of is God maar net in ons koppe? Dis maklik om grootmeneer te speel en om op die rug te ry van iemand anders, of self te se dat jy elke Sondaf rympues bely, maar bely bietjie in die public. Dit is vir my verbasend hoe Johan sommige aanvat, maar ander kan toelaat om op facebook te se wat hulle wil. Dit laat my wonder wat sy siening is? Ag nee wat Ngk, julle het dit verloor, !!!!!!!!!!

Daniel Louw

Johann Ernst se optrede hier is merkwaardig: In sy eerste pos vat hy Wynand aan dat hy leuens oor ander versprei (met verwysing na die 9de gebod).

Toe Wynand hom vra watter leuens hy versprei, antwoord Johann met die Bybelse riglyne hoe jy iemand moet benader wat met jou verskil (Wynand het duidelik alreeds daardie pad geloop – kyk Wynand se pos hieronder http://www.facebook.com/kerkbode/posts/310710898992927). Nou is Johann stil en Wynand weet steeds nie wat hy gedoen het om die eerste uittrap te verdien nie. ?!?!

Alwyn Van Schoor

As die doomnie eerder die tyd wat hy op FB rond le meer produktief in sy gemeente wil gebruik sal daar dalk minder ateiste “deur die kerk” wees!

Willie Smith

Daniel, ek het dieselfde gedink oor Johann Ernst se optrede hier. Hy tree op – en dan vertel hy dat mens nie so moet optree nie. Eish.

Johann Heinrich Ernst

As Daniel Louw in die openbaar wil goedpraat wat Wynand Louw aan Nelus Niemandt in die openbaar gedoen het, is dit seker sy saak en rus dit op sy gewete. Ek het seker die goeie reg om my ’n keer in die openbaar daarvan te distansieer, ’n medebroer op die Christelike weg te wys en hom in liefde te vra om liewer die weg te volg wat Christus, ons Hoof en Heer, vir ons as sy volgelinge aangewys het. Wynand Louw het geen reg om as openbare vervolger op te tree teen medegelowiges nie. Hy het geen reg om hom as regter oor ander aan te stel nie. Medegelowiges het geen plig om hom in die openbaar te antwoord op sy vervolgsugtige opmerkings nie. Wanneer ’n persoon hom as openbare aanklaer nie antwoord nie, het hierdie persoon nog geensins daardeur stilswyend erken dat hy skuldig is nie. Wynand Louw is op sy optrede gewys. As ek in die openbaar sou sê watter leuens hy sou versprei, doen ek presies wat ek nie wil hê Wynand moet doen nie. Dan beskuldig en verhoor ek hom, asof ek dan sy regter is. En dit wil en kan en mag ek nie wees nie.

Vince Aslett

As jy n publieke posisie wil beklee, soos leierskap van ons ou kerkie, dan kan ons seker verwag van jou om ons te vertel wat jy nou eintlik glo …. of nie. Dis deurdat die kerkrade en gemeentes stil gebly het en as soetkoek opgevreet wat die Ds ons vertel, dat Apartheid en al daai issues die kerk se integriteit geknou het. Ek persoonlik het nie n probleem as jy en enige ander persoon iets anders glo nie, maar gaan stig dan jou eie kerk, of sluit aan by die nuwe Hervormers. Dit is nie net sulke debatte op FB wat gelowiges die wal af laat val nie, dis meer waneer ons leiers in die publiek boeke skryf, artikels in koerante publiseer dat hulle nie dieselfde dink nie. As jy deur die kerk betaal word, is dit die kerk se reg om te wil weet waaran jy glo! Die vraag is nou net, wie is die kerk?

Vince Aslett ‎

“Wat Louw&kie nie begryp nie, is dat ’n “ja” of “n…ee” antwoord kwalik ’n antwoord is” – Mmmmmmm, Vraag: Glo jy in die letterlike, fisiese opstanding van Jesus Christus ? Ek dink n Ja of nee is voldoende? (Ek bedoel jy glo, of …… jy glo nie)

Wynand Louw

Dr Ernst

Ek wil graag veneem wanneer ek Prof Niemandt van enigiets beskuldig het in die openbaar. Ek het hom bloot gevra om te verklaar wat hy glo en hom daarop gewys dat sy stilswye hom verdag maak.

Ek het my volledige korrespondensie met hom gepubliseer. Ons kontak op Facebook is in die openbare domein.

Ek het deurgaans dit duidelik probeer stel dat ek ek hom van niks beskuldig nie maar dat sy op trede hom verdag maak op die volgende maniere:

1) Hy haal skrywers wat die Evangelie verwater en selfs verwerp ten gunste van emergent teologie onkrities in sy openbare skrywes haal. Alhoewel hy hulle nie noodwendig aanhaal op die punte waarop hulle dwaal nie beveel hy hulle absoluut onkrities aan, sonder om hulle dwaling uit te wys. Soos iemand anders op Facebook uitgewys het, dit is soos om skape na die wolwe te stuur.

2) Hy het op ’n radioprogram uitsprake gemaak oor die bestaan van die duiwel wat uiters dubbelsinnig was.

3) Hierdie feite laat mense op voetsoolvlak met onsekerheid oor wat die leiers in die NG kerk glo. Ek glo dit is ’n belangrike rede waarom die NG Kerk lede verloor. Dit is beslis ’n faktor by mense wat ek persoonlik ken.

4) Ek het Prof Niemandt verskeie kere daarop gewys dat hy die onsekerheid onmiddelik kan stuit deur ’n openbare belydenis van sy geloof te maak na aanleiding van dei vrae wat ek hom gevra het.

5) Ek het hom daarop gewys dat indien hy sou weier om die vrae te beantwoord, dit die onsekerheid van lidmate sou vererger, en sou bydra tot die geloofwaardigheidskrisis van die kerk (Ek verwys na die feit dat mense soos Julian Muller wat die evangelie in die openbaar verwerp skynbaar deur die kerk beskerm word)

6) Prof Niemandt weier sedert ongeveer 4 maande om my vrae te antwoord. Hy kon dit in tien minute gedoen het (Die Bybel is baie duidelik dat ons ons geloof ten alle tye in die openbaar moet verklaar) en dit sou die hele ongemaklike situasie voorkom het.

Dr Ernst, ek is ’n feilbare mens, en ek kommunikeer nie altyd presies soos ek moet nie. Ek weet dat my korrespondensie met Prof Niemandt soms hard oor kon kom – dit reflekteer die erns van die situasie. Ek kan verstaan dat mense my konfronterende manier verkeerd kan interpreteer, en ek is jammer daaroor indien dit so oorkom.

En ek is ’n sondaar – een wat God se genade ontvang het, maar nog steeds daagliks teen die sondige natuur moet stry – dus is dit moontlik dat ek in my skrywes aan Prof Niemandt soms grense oorskry het. Ek is egter nie bewus van so ’n situasie nie.

Ek wil u dus vriendelik en broederlik versoek om spesifieke plekke in my korrespondensie met Prof Niemandt uit te wys. Indien dit blyk dat ek grense oorskry het sal ek Prof Niemandt in die openbaar om verskoning vra.

Maar weet dit:

Die lede van die Lede van die NG Kerk het die absolute reg om presies te weet wat hulle leiers glo, veral in tye soos vandag dat panenteïsme, universalisme, en ander liberale dwalings die Evangelie en die Gereformeerde belydenis bedreig.

Ek bevestig dus my reg as lidmaat van die NG Kerk om Prof Niemandt te vra wat hy glo.

Dit is jammer dat mense dink ek val hom aan. Wat my betref is hierdie aantyging van alle waarheid ontbloot. Ek val slegs bevese dwaalleraars, volgens Christus se opdrag en in Sy liefde aan. Verwys asb na al die Bebelse tekste wat dit beveel.

Die feit dat Dr Niemandt weier om ’n openbare geloofsbelydenis af te le deur my vrae te beantwoord is uiters verdag. Dit is beslis nie ek wat hom verdag maak nie – dit is sy weiering om te sê wat hy glo.

Weereens – hierdie gesprek sal onmiddelik hier eindig as Prof Niemandt my vrae antwoord en bewys hy onderskryf die belydenisskrifte van ons kerk. Ek kan nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie aangesien die antwoord so voor die hand liggend is.

Mag God u seën

Met agting

Wynand Louw

Wynand Louw

Dr Ernst, ek moet u laastens daarop wys dat u nog geen van my vrae beantwoord het nie. Ek versoek u op grond van basiese medemenslikheid om dit asseblief te doen.

Stefan Coetzer

Ai ou Wynand. Hoe harder jy probeer hoe meer verspot klink jy.

Stefan Coetzer

Sies man Ralph! Hoe moet ek nou voel oor só ’n “saamstemmery”? 😉

Daniel Louw

Johann, Wynand nooi jou om in die openbaar te sê waar hy leuens versprei, so gaan voort. Die alternatief is om dit persoonlik vir hom te sê. ’n Mens kan baie maklik persoonlike boodskappe met Facebook stuur. Tot dan, steun ek vir Wynand.

Wynand Louw

Ralph, ek het reeds ’n klag hangend teen ’n dominie wat bewysde dwaalleer pleeg. Ek is betrokke by ’n gravamen teen die Sinode se dwaling. Ek volg dus die Kerklike weg. Daar is geen klag teen Prof Niemandt nie, slegs ’n uiters dringende versoek dat hy verklaar wat hy glo. Jou opmerking is dus onnodig.

Ralph Barnard ‎”… ’n gravamen teen die Sinode se dwaling …” So jy sê die Sinode dwaal, Wynand?

Daniel Louw

Johann Ernst het die volgende geskryf:

“Daarom nou hier aan Wynand Louw: Nou bly jy stil! … Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as van die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring nie. … Nou gebeur ook dat ek dik die duiwel in word vir my broer oor sy duiwelswerk.”

En later:

“As ek in die openbaar sou sê watter leuens hy sou versprei, doen ek presies wat ek nie wil hê Wynand moet doen nie.”

Enigeen kan sien dat Johann vir Wynand beskuldig dat hy leuens versprei.

En dan kom Johann met die verbasende opmerking dat mens nie mag sê wat die leuens is nie, al word hy deur die beskuldigde gevra.

So volgens hom mag mens in die openbaar sê dat iemand leuens versprei (want hy doen dit self) en hom dan uittrap, maar mens mag nie sê wat die leuens is nie.

Jammer, ek dink om iemand van leuens te beskuldig in die openbaar, maar dan te weier om die leuens op te noem as die beskuldigde hom daarvoor vra, soos Johann gedoen het, is nog erger as enigiets wat Wynand sogenaamd gedoen het.

Wynand Louw

Ralhp, die Sinode het ongetwyfeld gedwaal toe dit besluit het om dwaalleer in die kerk toe te laat. Ek respekteer jou opnie, as jy voel dat dat dit nie so is nie, en versoek jou dan om ’n logiese respons op my artikel oor die dwaling in die Sinode onderaan die artikel op my webwerf te pos! Ons kan dan die saak bespreek!

Stefaan de Jager

Wel, die Gereformeerde Kerk reken ook ons sinode het die deur vir dwaling oopgemaak. Om die deur oop te maak dat die Satan ook vir sommige net `n bose mag is, kom mos neer op `n sinodale dwaling. Geen wonder dat die Gereformeerde Kerk nie met ons wil gesels nie, omdat hulle bang is dit bring dwaling in hul kerk in. Ons het daardie wakkerword klap na ons kant verdien.

Johann Heinrich Ernst

Stefaan, die Gereformeerde Kerk se deputate het onlangs op hulle versoek met ons in amptelik in gesprek en ons stap steeds die pad vorentoe saam. Ongelukkig het koerantberigte, briewe in die pers en opmerkings op webwerwe die verkeerde boodskappe oorgedra. Dit wys net hoeveel skade buite die amptelike vergaderinge aangerig word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui