Was apartheid sonde?

Kyk ook:

Daniel Louw

April 2023

Inhoudsopgawe

Opsomming

Apartheid was nie Bybels of on-Bybels nie.

Alhoewel ek ‘n voorstaander van billike diskriminasie is, is ek oor die algemeen nie ‘n voorstaander van diskriminasie nie. Diskriminasie is oor die algemeen ‘n verloor-verloor scenario.

Apartheid is nie ‘n oplossing vir Suid-Afrika nie, maar die huidige bedeling is nog minder ‘n oplossing. Die enigste werkbare oplossing volgens my is om slegs belastingbetalers te laat stem en moontlik selfs nog verder te gaan en ‘n stelsel te ontwerp waar jou stem meer tel hoe meer belasting jy betaal.

Inleiding

Dit bly vir my ‘n uiters vreemde verskynsel dat mense vandag in 2020 na die stand van Suid-Afrika kyk en dan steeds apartheid onsimpatiek afmaak as boos en selfs sondig.

As ‘n mens oor apartheid praat is daar baie Christene wat kies om slegs die sleg van apartheid raak te sien en dit bloot af te maak as boos en selfs sondig. Hulle is heeltemal blind vir die ekonomiese vooruitgang wat Suid-Afrika onder apartheid beleef het en die haglike toestand van Suid-Afrika in ‘n post-apartheid era.

Apartheid: ‘n gebroke poging om te oorleef in Afrika.

Bybelverse vir apartheid

Die NG Kerk het apartheid uit die Bybel probeer regverdig. Verse wat gebruik is, is die volgende:

Levitikus 19: (19)Moenie verskillende soorte diere kruis of verskillende soorte saad in een land saai of ‘n kledingstuk van verskillende soorte materiaal dra nie.

Nehemia 13: (1)Daardie dag is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daar is geskryf gevind dat ‘n Ammoniet of Moabiet nooit in die gemeente van God mag kom nie. (2)Dit was omdat hulle nie brood en water aan die Israeliete wou gee nie en vir Bileam gehuur het om ‘n vloek oor Israel uit te spreek. Ons God het die vloek in seën laat verander. (3)Toe die volk dié wet hoor, het hulle almal wat van gemengde herkoms was, van Israel afgeskei.

Ester 3: (8)Toe sê Haman vir koning Ahasveros: “Daar is ‘n volk wat versprei is oor al die provinsies van u koninkryk en wat hulle self apart hou van die ander volke.

Handelinge 17: (26)Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.

Dit is duidelik dat ‘n mens nie sommer hierdie verse kan gebruik om apartheid uit die Bybel te regverdig nie, maar die idee van ‘n reënboognasie is duidelik ook nie ‘n Bybelse opdrag nie

Bybelverse teen apartheid

Die volgende verse in die Bybel word gebruik deur mense wat apartheid as ‘n sonde wil verklaar:

Matteus 7: (12)Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.

Filippense 2: (4)“Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.”

Jakobus 2: (8)As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg.”

Eksodus 22: (21)Jy mag nie ‘n vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self ‘n vreemdeling in Egipte.

Eksodus 23: (9)Jy mag ‘n vreemdeling nie laat verdruk nie. Julle ken die lewe van ‘n vreemdeling, want julle was vreemdelinge in Egipte.

Levitikus 19: (33)Wanneer daar ‘n vreemdeling by julle in julle land woon, mag julle hom nie onderdruk nie.

Galasiërs 6: (10)Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Gelykheid in die Bybel

Die probleem met apartheid was dat swartmense nie gelyk behandel is nie. Die Bybel sê eintlik baie min oor gelykheid, soos ons die term ken. Ons almal is dit eens dat God 100% regverdig is, maar om regverdig te wees sluit nie noodwendig gelykheid in nie.

Ongelykheid in die Bybel

Die volgende is voorbeelde in die Bybel waar God ongelykheid toelaat:

Tiende gebod

Die tiende gebod lui: “Jy mag nie begeer nie”

Die logiese gevolgtrekking is dat almal nie gelyk is nie, maar dat jy moet aanvaar wat jy het.

Uitverkiesing

Ongeag wat jou siening oor die uitverkiesing is, dit is duidelik dat alle mense nie gelyke kanse gehad het om gered te word nie.

Diskriminasie op grond van liggaamlike tekorte

Levitikus 21:17-23

(17)“Sê vir Aäron: Geeneen van jou nakomelinge met ‘n liggaamlike tekortkoming mag ooit ‘n offer aan God bring nie. (18)Geen persoon wat ‘n liggaamlike tekortkoming het, mag offer nie: geen blinde of kreupele of iemand met ‘n misvormde gesig of liggaamsdeel, (19)of met ‘n gebreekte voet of hand, (20)of met ‘n boggel of ‘n onderontwikkelde liggaam, of met ‘n pêrel op die oog, of met skurfte of veluitslag, of ‘n beskadigde geslagsdeel nie. (21)Geen persoon uit die priestergeslag mag dus in die heiligdom ingaan om te offer as hy ‘n liggaamlike tekortkoming het nie. Hy mag nie ‘n offer vir die Here sy God bring as hy ‘n liggaamlike tekortkoming het nie. (22)Maar hy mag van die gewyde gawes eet, ook van die besondere gewyde gawes. (23)Hy mag egter nie naby die voorhangsel of naby die altaar kom as hy ‘n liggaamlike tekortkoming het nie. Ek, die Here, het hierdie dinge geheilig en dit mag nie ontheilig word nie.”

Slawerny

Die Bybel het slawerny toegelaat. Let wel, dit was nie slawerny soos ons dit vandag ken nie. Kyk Die Bybel oor slawe.

Levitikus 25:42-46

(42)Omdat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het, is hulle my dienaars. Daarom mag hulle nie as slawe aan iemand verkoop word nie. Uit eerbied vir julle God mag julle ook nie so ‘n mede-Israeliet hard behandel nie. Julle moet die slawe en slavinne wat julle nodig het, by die nasies rondom julle koop. Julle mag ook die kinders van bywoners koop wat tydelik tussen julle woon of van bywonerfamilies wat al geslagte in die land is. Sulke slawe is julle wettige eiendom wat deur julle aan julle kinders bemaak kan word as besittings en wat lewenslank hulle slawe sal wees. Julle mag egter nooit van julle mede-Israeliete slawe maak nie.

Diskriminasie op grond van ouderdom

Numeri 8: (23)Die Here het vir Moses gesê: (24)“Wat die Leviete betref, hulle moet vyf en twintig jaar of ouer wees voordat hulle hulle ampsplig in die tent van ontmoeting kan kom vervul. (25)As ‘n Leviet egter vyftig jaar oud is, moet hy sy amp neerlê en mag hy nie verder dien nie. (26)Hy mag sy mede-Leviete nog met hulle ampswerk in die tent van ontmoeting behulpsaam wees, maar self mag hy die diens nie behartig nie.

Jesus oor gelykheid

Nêrens spreek Jesus homself uit oor gelykheid nie, ten spyte daarvan dat hy baie geleenthede daarvoor gehad het.

Matteus 25:14-30 (Lukas 19:11-27)

(28)Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. (29)Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.

In hierdie gelykenis kry drie slawe onderskeidelik vyf, twee en een muntstukke.

Dit klink of dit meer regverdig sou wees indien Jesus die ekstra muntstuk aan die tweede slaaf sou gee, die een met die twee muntstukke. Tog gee hy dit aan die eerste slaaf, die een wat die meeste muntstukke het. Jesus sluit verder af met die stelling in vers 29.

Markus 14: (7)Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie.

Dit klink of Jesus hier ‘n keuse gee: Jy kan aan die armes goed doen as jy wil. Wat Jesus eintlik hier sê is dat dit belangriker is om tyd aan die Evangelie te spandeer eerder as om die tyd te gebruik om armes te versorg.

Markus 7:24-30

In Markus 7:24-30 lees ons van die Siro-Fenisiese wat Jesus vra om ‘n bose gees uit haar dogtertjie te dryf. In die Een Jaar Bybel is die oordenking oor Markus 7:29 op 25 Februarie die volgende:

“In die Joodse kultuur van daardie tyd was daar twee dinge wat teen die Siro-Fenisiese vrou getel het: (1)Sy was ‘n vrou en vroue was in dieselfde lig as vee gesien wat gekoop en verkoop kon word en (2)sy was ‘n heiden en volgens die opvattings van die tyd was die heidene buite God se genade.

Nêrens in die Bybel lees ons dat Jesus hom beywer het vir gelyke regte nie.

Lukas 12: (13)En een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel. (14)Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ‘n regter of deler oor julle aangestel? (15)En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

Jesus het presies die situasie geken het omdat hy alwetend was, dus het Hy ‘n gulde geleentheid gehad om reg te laat geskied tussen hierdie twee broers. Tog verkies Hy om dit nie te doen nie. Hoe verstaan ‘n mens hierdie optrede? Ek dink Jesus het hiermee gewys dat dit veel belangriker is om nie ongelukkig te wees oor ongelykheid nie (tiende gebod). In vers 15 sê Jesus dat die bron van die broer se ongelukkigheid uit hebsug gebore is.

Mag nie armes onregverdiglik bevoordeel nie

Levitikus 19: (15)Wees regverdig wanneer jy besluite moet maak. Moenie kant kies vir iemand omdat hy arm is of omdat hy belangrik is nie. Jy moet jou medemens regverdig behandel. (Die Boodskap)

Sosiale geregtigheid, die beginsel dat mense verskillend hanteer word op grond van hulle sosiale status, is nie ‘n Bybelse beginsel nie.

Almal het voordeel geniet uit apartheid

Daar is nie kwessies daaroor dat swartmense tydens apartheid minder geleenthede gehad het as blankes nie. Die feit is egter dat swart mense beter af was met apartheid as wat hulle sou gewees het sou die blankes nie in Afrika aangekom het nie.

Suid-Afrika is geseën met baie minerale rykdom, veral goud. Wat sou gebeur het as die goud van Suid-Afrika deur ‘n swart regering besit was? Hoogs waarskyn wat in die res van Afrika gebeur – dit sou uitgevoer geword het na een of ander Westerse land en ‘n paar regeringsamptenare sou skatryk geword het terwyl die res van die bevolking weinig van daardie voordele sou geniet. Die feit dat die goud en minerale in SA verantwoordelik bestuur is deur die apartheidsregering het tot voordeel van almal gelei.

In die boek Verraad teen Suid-Afrika, 1989, deur Klaus D Vaque (Engelse titel: The plot against South Africa, Duitse titel: Verrat an Südafrika (1988)) word onder andere die volgende statistieke in hoofstuk 2 gegee:

  • 4,8 miljoen blankes dra 77% van die totale belastinglas, terwyl 56% van die staatsuitgawes ten bate van 18,2 miljoen swartes gaan wat slegs 15% van die belasting betaal.
  • In die boekjaar 1986-7 het die blankes R9 000 miljoen aan inkomstebelasting betaal, die swartes R171 miljoen, die Indiërs R257 miljoen en die Kleurlinge R315 miljoen.
  • Tussen 1962 en 1972 het die VN 298 miljoen dollar aan onderontwikkelde lande uitbetaal. In dieselfde tydperk bestee Suid -Afrika 558 miljoen dollar aan die ontwikkeling van sy swart gebiede.
  • Teen die einde van 1970 het die swartes in Suid-Afrika 360 000 motorvoertuie besit: meer as die hele swart Afrika saam. Terwyl die bevolkings van lande soos Malawi en Mosambiek ‘n gemiddelde inkomste per kop van minder as R20 per maand verdien (en slegs in baie min swart lande oorskry dit R100), is die gemiddelde syfer R352.
  • Tussen 1975 en 1984 het die werklike inkomste van swart werkers met 27,5% gestyg, vergeleke met 6,4% vir blankes.
  • ‘n Swart burger van Suid-Afrika kan ‘n ingewikkelde hartklepoperasie vir net meer as een Amerikaanse dollar ondergaan. (Tussen twee en drie duisend sulke operasies word jaarliks slegs in een hospitaal in Pretoria uitgevoer.) ‘n Swart Amerikaner sal vyftien duisend dollar vir dieselfde operasie in die VSA moet betaal.
  • In 1970 verdien die swartes R1 751 miljoen, oftewel 25,5% van die totale nasionale looninkomste. Teen 1984 het hul aandeel tot R17 238 miljoen gestyg; ‘n styging van meer as 1000% in veertien jaar.
  • In Afrika en die meeste ontwikkelende lande is verpligte onderwys oor die algemeen onbekend. Suid -Afrika streef al jare daarna om gebiede uit te brei waar daar verpligte onderwys is.
  • Sedert 1970 is die binnelandse begroting vir swart onderwys met byna 30% per jaar verhoog – die grootste toename wat enige regeringsdepartement getoon het.
  • Sedert 1955 het die aantal swart leerlinge gestyg van 35 000 tot meer as ‘n miljoen in 1984, dit wil sê met ‘n faktor 31. In Suid-Afrika is die persentasie kinders wat skoolgaan 65%, teenoor 64% in Egipte, 57% in Nigerië, 52% in Ghana, 50% in Tanzanië en 29% in Ethiopië.
  • Soweto, die swart metropool buite Johannesburg met ‘n bevolking van ongeveer 1,2 miljoen, beskik oor vyf moderne sportstadions. Pretoria, die hoofstad, met ‘n blanke bevolking van ses honderd duisend, het drie. Soweto het meer as driehonderd skole, Pretoria 229.

Apartheid het verseker gemaak dat daar sekere swartmense se ware potensiaal nie benut is nie. Die feit van die saak is egter dat indien die blanke nie in Suid-Afrika was nie, sou daardie swartmense met die potensiaal, steeds gejag het vir ‘n bestaan of ‘n bestaansboerdery gehad het.

Blankes bring die Evangelie na Afrika

Nie net het blankes ekonomiese welvaart na Suid-Afrika gebring nie, maar ook die Evangelie:

  1. Jan van Riebeeck het met die intrapslag ‘n gebed gebid wat onder andere ingesluit het: “…onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat.”
  2. Na die slag van Bloedrivier het die blankes nie verder wraak geneem op die Zoeloes vir Bloukrans en Weenen nie. Hulle het sendingstasies gebou in Zoeloeland.
  3. Die swart kerk in SA is gevestig deur die blankes.
  4. Baie ander sendingaksies is geïnisieer deur die blankes in Suid-Afrika wat die hele Afrika bereik het.

Het apartheid wesenlik onderdruk?

Soos reeds gesê is, was swartmense in Suid-Afrika ordes beter af as hulle gelykes in die res van Afrika.

Verder, indien swartmense wesenlik onderdruk was in Suid-Afrika, sou ‘n mens verwag dat swartmense uit Suid-Afrika sou vlug na ander vryer lande. Die teendeel was egter waar: Suid-Afrika se grense moes streng bewaak word om te keer dat onwettige immigrant van die res van Afrika die land inkom.

Op 26 Oktober 1985 skryf Dr F Feichtinger die volgende namens die internasionale immigrante komitee van Suid-Afrika in ‘n brief aan die ambassadeur van die Verenigde Koninkryk:

Bishop Tutu’s claim that South African Blacks would welcome a Soviet occupation is manifestly absurd. From all over Africa almost 2 million Black people have voted for South Africa with their feet, seeking opportunities here that they no longer enjoy at home, trying to escape the miseries, internecine warfare, brutalities, oppression and famine that, tragically, have become almost the norm in Africa today.

(Uit The Plot against South Africa, hoofstuk 22)

Dit is so dat swartes nie gelyke behandeling ontvang het in Suid-Afrika nie, maar daar is ander ongelykhede in die lewe wat aanvaar word:

  • Jy behandel jou eie kinders beter as ander kinders
  • Jy behandel jou familie beter as wat jy vreemdelinge en selfs vriende behandel.
  • Jy behandel jou vriende beter as wat jy vreemdelinge behandel.

Apartheid se motief

In 1994 het wit Suid-Afrikaners gehoop dat Suid-Afrika nie soos die res van Afrika sou uitdraai nie. Daar was selfs blankes wat baie positief was dat die nuwe bedeling beter vir almal sou wees. Maar kom ons wees baie eerlik – ons kan nie regtig verbaas wees oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika nie. Dit is die storie van Afrika.

Anti-apartheidsaktiviste redeneer waarskynlik dat die motief vir apartheid was om een volk te onderdruk ten koste van ‘n ander volk. Of dit het gegaan oor magsbeheptheid.

Indien dit waar is, die volgende vrae:

  1. Hoekom was die swartes in Suid-Afrika ver beter af as in die res van Afrika?
  2. Hoekom het soveel van die blankes se belastinggeld vir swart ontwikkeling gegaan?
  3. Hoekom het swartmense nie uit Suid-Afrika gevlug nie? Trouens, die grense moes bewaak word om ‘n toestroming van ander Afrikalande te keer.

Jan Smuts word in die baie goeie dokumentêr, Smuts, Political Maker of the Modern World, geloof as een van Suid-Afrika se mees briljante presidente. Hy was in die geselskap van ander wêreldleiers, soos Roosevelt en Churchill. Hy het nie ‘n millimeter vir hulle teruggestaan nie. Hy het byvoorbeeld besef dat die Duitsers te hard gestraf word vir die eerste wêreldoorlog. Dit het op die ou einde die tweede wêreldoorlog veroorsaak. Die enigste kritiek wat teen Jan Smuts gehou word, is sy hantering van die swartkwessie in Suid-Afrika, of eerder, dat hy dit glad nie hanteer het nie (49:54). Die vraag is: hoekom het hierdie briljante man nie vir Suid-Afrika ‘n oplossing vir die raskwessie in plek gestel nie? Was dit dalk omdat hy nie ‘n oplossing gehad het nie? Het hy dalk geweet dat die polities korrekte optrede, Suid-Afrika sou vernietig?

In 1950 het Verwoerd gesê:

“In a multi-racial society where power must eventually be transferred into the hands of the numerically stronger Bantu, not only the White, but also the Coloured and Indian will go under. Over time even the Bantu masses will not benefit because on the strength of what happened elsewhere in Africa, it must be taken into consideration that South Africa will develop into an autocracy or dictatorship. On account of their lack of ability to manage a complicated administration, the country will moreover administratively and economically be destroyed and for everyone – White and Coloured – end in chaos”

PW Botha het in sy termyn die volgende gesê (kyk Former State President PW Botha’s ‘prophetic words’ describing the future of South Africa):

Listen, my friends, listen. Destroy white South Africa and our influence in this subcontinent of southern Africa, and this country will drift into factions, strife, chaos and poverty.

Die artikel Tot lof van Hendrik Verwoerd, deur Leon Lemmer, 27 November 2016 gee ‘n baie goeie idee hoe sommige mense in daardie tyd gedink het. Jy hoef nie saam met hulle sieninge te stem nie, maar jy kan nie ontken dat hulle reg was nie.

In die Youtube video Disrupted Land Documentary, deur Ernst Roets (10 Maart 2019) sê, Suid-Afrikaanse historikus, Liza-Mari Oberholzer die volgende oor Verwoerd se motief met apartheid (38:15):

He (Verwoerd) had an ideal that he wanted to reach. This ideal was to establish a country that was very much like Europe: the makeup of different countries with borders next to each other but had different cultures, different languages and in each country people could develop along their own lines. Verwoerd had the same dream for South Africa. He wanted to enable the different groups in South Africa to be governed by their own people, to study their own language and to develop along their own lines of their own cultures. So Verwoerd’s idea was not necessarily to separate the races because he saw one group as inferior to the other. He wanted to separate the races because he wanted them to be able to develop to their utmost potential within their own community.

Spreuke 14: (20)’n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; ‘n ryk man het baie vriende.

Dus

As ‘n mens na die toestand van die res van Afrika kyk en die toestand van Suid-Afrika nou is ek meer as bereid om die vorige leiers die voordeel van die twyfel te gee dat die motief van apartheid nie suiwer magbehepteid was nie maar bloot om Suid-Afrika te beskerm. Apartheid was ‘n gebroke poging om te oorleef in Afrika.

Ek kom uit ‘n huis waar swartmense met respek behandel is en dit gee my waarskynlik ‘n blindekol waarmee ek rekening moet hou. Daar is waarskynlik vandag mense wat baie sterk gekant is teen apartheid, juis oor hulle ouers se rassitiese optredes.

Die feit is egter dat apartheid nie my ouers gedwing het om swartmense onmenslik te behandel nie.

Voorbeelde van dinge wat wel sonde is:

  • Om Jode in konsentrasiekampe te sit en te vermoor bloot omdat hulle Jode.
  • Om onskuldige mense dood te maak, punt.
  • Om mense te ontvoer en te verkoop as slawe.
  • Om slawe te koop en sleg te behandel omdat jy hulle as gevangenes aanhou en hulle geen ander opsie het nie.

Die rol van kultuur

Dit is so dat Afrikane in die verlede minderwaardig behandel is deur die Weste. Daar was byvoorbeeld ook rassediskriminasie in Amerika. Swartmense kon nie polisiemanne word nie. William McDuff was byvoorbeeld die eerste swart polisieman in Dallas wat in 1896 aangestel was.

In die tyd van apartheid (1948-1994) was swartmense openlik anders hanteer as blankes. Huisbediendes het byvoorbeeld uit hulle eie blikborde geëet en moes die buite-toilet gebruik.

Vir Europa en Amerika was dit baie maklik om anders daaroor te begin dink en aan swartmense gelyke stemreg te gee, want die swartmense was in die minderheid in daardie lande. In Suid-Afrika sou gelyke stemreg beteken dat daar ‘n swart regering sou wees. PW Botha het in ‘n verklaring op 29 Julie 1986, tydens die besoek van die Britse Buitelandse Sekretaris, Sir Geoffrey Howe, daarna verwys as selfmoord: “I can never commit suicide by accepting threats and prescriptions from outside forces and hand South Africa over to Communist forces in disguise.”

Ander diskriminasie

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB)

Die motief van swart ekonomiese bemagtiging was kwansuis om die foute van die verlede reg te stel. Nou, 28 jaar na apartheid is SEB op sy felste. Natuurlik dink ek glad nie dit is ‘n billike manier van diskriminasie nie, maar ek noem dit omdat ek die vraag wil stel aan mense wat tans beweer dat apartheid sonde is: Is SEB ook dan sonde?

Verskillende klasse in die werksplek

Werknemers op hoër vlakke het sekere regte bo werknemers op laer vlakke. Op fabrieksafsluitings- of konstruksieterreine moet handearbeiders dikwels hulle eie badkamers gebruik en word die ander badkamers gesluit om te verhoed dat handearbeiders dit gebruik.

Familiebesighede

Familiebesighede diskrimineer openlik teen nie-familielede.

Ongelykhede

Klaus D. Vaqué skryf in The plot against South Africa (hfst 11), die volgende:

There can seldom have been an ideology that has had such a pernicious influence on the human species as the fallacious marxist doctrine of the equality of all men. According to that doctrine human beings are distinguishable from one another only by their membership of a particular social class, religion or state of affluence. Apart from that, regardless of whatever race or nation they belong to, they are all naturally equal and possessed of the same capabilities, talents and potentialities. If they all grew up under the same conditions, with equal opportunities in education and training, they would all be capable of the same mental development of the highest order.

Inequality is one of the unalterable realities of this world. Men cannot be both free and equal; for free men would not be equal, and equal men would not be free. But it is precisely in the multiplicity and variety of all forms of life that we perceive the blessing and the wisdom of a creation in which talents and abilities are unequally distributed and ought to complement one another.

‘n Mens sal moet aanvaar dat daar altyd ongelykhede in die lewe sal wees. Daar is slegs ‘n baie klein persentasie van mense in die wêreld wat ooit die geleentheid sal kry om formule 1 bestuurders te word.

Wat sou Jesus sê?

Geen van die twee partye (swart en wit) is waarskynlik onskuldig nie. Indien ‘n mens direk vir Jesus (God) kon vra wat Sy opinie was oor hierdie kwessie, glo ek dat Hy die volgende sou sê:

Aan wittes: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Aan swartes: Jy mag nie begeer nie. Wees tevrede met wat jy het. (Die tiende gebod.)

Wat was verkeerd met apartheid?

Daar was ‘n hele paar dinge wat Verwoerd en sy opvolgers anders kon doen. Onthou egter dat ons vandag die luuksheid van terugskouing het. Hulle was in bepaalde omstandighede met gebrekkige kennis tot hulle beskikking binne ‘n bepaalde kultuur.

Hier is egter ‘n lys van dinge wat anders gedoen kon word:

  1. Swartes in Suid-Afrika het minder regte gehad as ‘n buitelander. Byvoorbeeld, iemand van Amerika sou meer geleenthede gehad het om besigheid te doen in Suid-Afrika as ‘n swartman in Suid-Afrika.
  2. Swartes was beperk waar hulle grond kon koop.
  3. Aparte badkamers, treinwaens, kerke, ens. Dit was onnodig.
  4. Kompensasie vir hervestiging: Ek het nie ‘n probleem dat mense hervestig is nie. Blykbaar het dit oral in die wêreld al gebeur en gebeur dit steeds. Regerings moet dit soms doen ter wille van die groter prentjie. Sonder dat ek ‘n studie van byvoorbeeld Distrik 6 gaan maak het, kan ek egter indink dat daardie mense waarskynlik minimaal gekompenseer is.

Wat is die oplossing

In Ian Smith – A Bit of a Rebel praat Ian Smit (voormalige eersteminister van Zimbabwe) van “responsible majority rule” teenoor “irresponsible majority rule”. ….

Bylae

Bylaag A: Die Bybel leer dat jy goed moet doen aan die armes

Spreuke 14: (31)Wie ‘n arm mens verdruk, beledig sy Maker; wie hom oor ‘n arm mens ontferm, eer God.

Spreuke 17: (5)Wie met ‘n arm mens spot, beledig sy Maker; wie hom verheug oor die ongeluk van ‘n ander, sal self nie vrykom nie.

Spreuke 19: (17)Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.

Spreuke 22: (9)Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Spreuke 28: (8)Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm.

Spreuke 28: (27)Wie vir ‘n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.

Spreuke 29: (7)’n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense, ‘n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie.

Spreuke 29: (13)’n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik: die Here hou hulle altwee in die lewe. (14)As ‘n koning reg aan arm mense laat geskied, sal hy lank regeer.

Bylaag B: Die Bybel leer dat jy nie moet neerkyk op armes nie

Hier gaan dit egter oor wysheid en nie sonde nie.

Prediker 4: (13)’n Jong man wat arm is maar verstandig, is beter as ‘n koning wat oud is maar dwaas en hom nie meer wil laat waarsku nie. (14)’n Jong man het uit die tronk gekom en koning geword alhoewel hy arm gebore is in die koninkryk van sy voorganger.

Prediker 9: (15)In die stad was ‘n arm man met baie wysheid, en hy het die stad deur sy wysheid gered. Maar niemand het die arm man onthou nie.

Bylaag C: Die Bybel oor kapitalisme vs sosialisme

Spreuke 10: (4)’n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.

Genesis 3: (19)net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”

2 Tessalonisense 3: (10)Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”

Bylaag D: Voorspellings oor ‘n swart regering

Die volgende voorspellings bewys dat die motief van apartheid nie was om die swart volk te onderdruk nie, maar om almal in die land te beskerm, ‘n poging om te oorleef.

Jan Smuts

1917: “We have realised that political ideas which apply to our white civilisation largely do not apply to the administration of native affairs. To apply the same institutions on an equal basis to white and black alike does not lead to the best results, and so a practice had grown up in South Africa of creating parallel institutions – giving the natives their own separate institutions on parallel lines with institutions for whites. It may be that on those parallel lines we may yet be able to solve a problem which may otherwise be insoluble … We have felt more and more that if we are to solve our native question it is useless to try and govern black and white in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation. They are different not only in colour but in mind and in political capacity and their political institutions should be different, while always proceeding on the basis of self-government … We have now legislation before the Parliament of the Union in which an attempt is made … to create all over South Africa, wherever there are any considerable native communities, independent self-governing institutions for them. Thus in South Africa you will have in the long run large areas cultivated by blacks, where they will look after themselves in all their forms of living and development, while in the rest of the country you will have white communities, which will govern themselves separately according to accepted European principles”

Ian Smith

Ian Smith was die laaste wit eerste minister van Rhodesië (Zimbabwe). In November 1975 het hy die volgende gesê:

November 1975: If blacks are to rule themselves, people in towns will walk on sewage until they believe it’s normal. All the gains from colonization will vanish, infrastructure will collapse, roads will be impassable, trains will kill people until they’re abandoned as an unsafe mode of transport, hospitals will be closed, farms will be grabbed and nothing to feed the nation.

Uit Ian Smith has sadly been proved right.

PW Botha

Tydens ‘n staatsrede op 15 Augustus 1985 sê PW Botha die volgende:

I am not prepared to lead White South Africans and other minority groups on a road to abdication and suicide. Destroy white South Africa and our influence in this subcontinent of southern Africa, and this country will drift into factions, strife, chaos and poverty.

Hendrik (HF) Verwoerd

Uit Tot lof van Hendrik Verwoerd

In 1950 het Verwoerd gesê: “In a multi-racial society where power must eventually be transferred into the hands of the numerically stronger Bantu, not only the White, but also the Coloured and Indian will go under. Over time even the Bantu masses will not benefit because on the strength of what happened elsewhere in Africa, it must be taken into consideration that South Africa will develop into an autocracy or dictatorship. On account of their lack of ability to manage a complicated administration, the country will moreover administratively and economically be destroyed and for everyone – White and Coloured – end in chaos”

1960: “May the white man, may the White nations of the world, also Britain, not lose their intellectual hold or in any other way. If they abdicate on our behalf and surrender, then in the long run the flood of coloured people will not only overwhelm us, but in the years to come will reach their lands, and eventually overwhelm them too”

In 1961 het Verwoerd aan bruin raadslede gesê: “What happens if the whites lose their hold on a unitary state? Who runs the country? Not the Coloureds, but the Bantu. I do not wish to insult the Bantu as a group, because I must also seek justice for them. The fact is that the experience in Africa proves that if the Bantu obtains authority over a country, it will lead necessarily to a dictatorship of a small group of politically interested parties amongst them. The Bantu masses will be subject to them and will perhaps suffer far more than the suffering that they are alleged to experience under a white government.

“As far as the other groups are concerned they will without a doubt be pushed backwards, perhaps quickly, perhaps step by step. The Coloureds should not think that they will be the last to be excluded from the rule of, participation in and benefits of such a mixed society. They can easily be the first. Which group will be respected the least by a Bantu dictatorship and be the least needed? Will it not be the Coloureds? The Whites’ prestige and help might still be retained because of the usefulness of his knowledge”

In 1966 by geleentheid van sy laaste Republiekdagviering het Verwoerd gesê: “As far as the Bantu are concerned will it be to their advantage if they become the dominant group, but in that process lose their separate national identities, and probably their languages and customs and suffer as a result of their incapacity – which we know is the case – to lead, manage and develop the phase of western civilisation which this country has reached in respect of industrialisation and other things?

“Would it be right in respect of their own masses? The few who obtain power might be satisfied, but for all we know they may be prodigals. For a large extent the masses would become unemployed and experience difficulty as we have seen in the rest of Africa. Would it be morally right to create the appearance of freedom, but in reality to cause living conditions similar to slavery [?]”

Albert Schweitzer

Albert Schweitzer (1875 – 1965) het die volgende gesê:

The African is indeed my brother, but my junior brother.

I let the Africans pick all the fruit they want. You see, the Good Lord has protected the trees. He made the Africans too lazy to pick them bare.

The negro is a child, and with children nothing can be done without the use of authority. We must, therefore, so arrange the circumstances of daily life that my natural authority can find expression. With regard to the negros, then, I have coined the formula: “I am your brother, it is true, but your elder brother.”

Harry Oppenheimer

1960: “What the South African government was trying to do in separating the black and white races was not necessarily immoral as partition had provided the answer to problems in many parts of the world”

1961: “What the Congo does show is that primitive, uncivilised people cannot be trusted with the running of a modern state, and that independent democracy is the only possibility [rather: is only possible] if the electorate has reasonable standards of education and civilisation”

Bylaag E: The real story of apartheid

According to some, “…There’s an ugly reality that we can’t just sweep under the rug: that apartheid benefitted white South Africans at the cost of all others.”

Is that really true? Let us see who benefited from Apartheid.

Since 1970 the budget for black education was raised by about 30% per year every year. More than any other government department.

In the period 1955 -1984 the amount of black school students increased 31 times from 35,000 to 1,096 000.

65% of black South African children were at school compared to Egypt 64%, Nigeria 57%, Ghana52%, Tanzania50% and Ethiopia 29%.

Amongst the adults of South Africa, 71% could read and write (80% between the ages 12 and 22). Compare this to Kenya 47%, Egypt 38%, Nigeria 34% and Mozambique at 26%.

In South Africa, the whites built 15 new classrooms for blacks every working day, every year. At 40 children per class it meant space for an additional 600 black students every day!

In 1985 there were 42,000 Blacks at 5 universities in South Africa, about the same amount at the universities of the homelands (another 40,000 at another five).

In an article called “Die Afrikaner” 11 Feb 1987, the quarterly magazine called “Vox Africana Nr 29 4/87 stated that,

South Africa had 4,8 million whites and 18,2 million blacks in 1987. The whites paid 77% of the taxes and the blacks only 15%…despite this…56% of the government budget was spent on blacks.

During the time of Dr. Verwoerd. the living standards of Blacks were rising at 5,4% per year against that of the whites at 3,9% per year. In 1965 the economic growth of South Africa was the second highest in the world at 7,9%. The rate of inflation was a mere 2% per annum and the prime interest rate only 3% per annum. Domestic savings were so great that South Africa needed no foreign loans for normal economic expansion.

Even Lord Deedes admitted, “White South Africa grew to become the economic giant of the continent, the other members of the Commonwealth virtually sank into poverty.”

At the height of Apartheid in 1978 Soweto had 115 football fields, 3 rugby fields, 4 athletic tracks, 11 cricket fields, 2 golf courses, 47 tennis courts, 7 swimming pools built to Olympic standards, 5 bowling alleys, 81 netball fields, 39 children play parks, and countless civic halls, movie houses and clubhouses.

In addition to this, Soweto had 300 churches, 365 schools, 2 Technical Colleges, 8 clinics, 63 child day care centres, 11 Post Offices, and its own fruit and vegetable market.

There were 2300 registered companies that belonged to black businessmen, about 1000 private taxi companies. 3% of the 50,000 vehicle owners in 1978 were Mercedes Benz owners. Soweto alone had more cars, taxis, schools, churches and sport facilities than most independent countries in Africa. The Blacks of South Africa had more private vehicles than the entire white population of the USSR at the time.

Today Soweto has modern shopping malls like, Dobsonville Shopping Centre. In 2005 the Protea Gardens Mall opened. This was followed by the Baramall Shopping Centre and the Jabulani Shopping complex and the Maponya Mall. Experts say that Soweto has as much as 25% oversupply of retail space.

The biggest hospital in the world, Baragwanath with 3200 beds and at its peak during Apartheid with almost 8000 staff, had 23 operation theatres fitted out with the most modern medical equipment that existed in the world. Blacks were treated here, operated on…at full state costs to the white-taxpayers for unlimited periods. The budget of this hospital was and is higher than the yearly budget of most small member states of the United Nations.

Next door to Baragwanath is the St. John’s Eye Clinic. The clinic was world famous for the treatment of Glaucoma, Cataracts, traumatic eye injuries and rare tropical diseases.

Baragwanath in 1978 employed 450 medical doctors in full-time service. It treated 112 000 in-patients and 1.62 million out-patients per year. The children and infant death rate with 34.8 per 1000 was lower than Harlem in New York.

In 1982 alone, this hospital performed 898 heart operations of world quality.

Ironically…90% of the blood donors for this hospital were whites, who donated blood free of charge, totally voluntarily…to save black lives. (Quoted from The Citizen, 2 April 1987).

Verdere leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui