Verklaring deur besorgde leraars en kerkrade

Verklaring deur besorgde leraars en kerkrade | Kerkbode

Dit is met groot hartseer, verslaendheid en gebrokenheid voor God dat ons, as leraars van die NG kerk in Namibië en Suid-Afrika, kennis geneem het van die Algemene Sinode van die NG Kerk se besluit (Benoni, 8 Oktober 2019) wat ruimte maak vir selfdegeslagverhoudings en selfdegeslagverbintenisse in die kerk. Ons is van mening dat dit nie ʼn besluit is wat deur die Heilige Gees bepaal is nie, maar eerder deur die heersende sekulêre humanistiese tydgees.

Ons betreur hierdie besluit ten diepste as in stryd met God se Woord en dus as ’n minagting van die gesag van God se Woord. Dit is genadeloos en liefdeloos, omdat die Sinode met hierdie besluit sekere sondaars (1 Korintiërs 6:9 -10) ontsondig en vryspreek. Dit los hulle onder die toorn van God (Johannes 3:36; Romeine 1:18) en weerhou hul die geleentheid om God se genade te ervaar. Hierdeur word hulle die voorreg ontneem om deur geloof in Christus Jesus vrygespreek en vrygemaak te word van die sonde van homoseksualiteit (1 Korintiërs 6:11).

Ons doen hierdie verklaring met ’n besef van ons eie gebrokenheid en worstelstryd teen sonde en met die vaste wete dat net die vryspraak van Christus ons red. Ons is oortuig dat homoseksualiteit, soos enige ander sonde, siekte, lyding en onvolkomenheid, die gevolg is van die gebrokenheid wat met die sondeval in die wêreld gekom het. Ons wil daarom medegelowiges wat worstel met hul homoseksuele oriëntasie, in liefde vashou en begelei om hul Godgegewe roeping as kinders van God uit te leef. Ware lewensvervulling as kind van God word immers nie gevind in die uitleef van enige seksuele oriëntasie nie, maar in gehoorsaamheid aan my Goddelike roeping en in die uitleef van my identiteit in Christus:

  • Ons glo heelhartig dat, in ons nadenke oor selfdegeslagverhoudings, ons alleen die Woord van God as ons vertrekpunt en finale gesagvolle bron kan gebruik om God se wil te onderskei. Die Woord, en nie die jongste navorsing uit die vloeibare menswetenskappe nie, het altyd die laaste woord te spreek.
  • Ons glo heelhartig dat die Bybel ons leer dat die huwelik tussen een man en een vrou, saamgebind deur die liefde van Christus, ’n lewenslange verbintenis is en God se wil vir sy kerk is. Dit is ook die enigste wyse waarop ’n Christelike huwelik tot stand kan kom.
  • Ons glo heelhartig dat die Bybel alle seksuele verhoudings buite die huwelik as sonde en opstand teen God se wil veroordeel.
  • Ons glo heelhartig dat die Bybel alle homoseksuele dade in die sterkste sin as sonde en opstand teen God se wil veroordeel. Soos met alle ander sonde, is daar ook vir die sonde van homoseksuele dade vergifnis en vrymaking moontlik deur die krag van die bloed van Christus.
  • Ons glo heelhartig dat die integriteit, geloofwaardigheid en heiligheid van die kerk van Christus op die spel is wanneer mense wat bely dat hulle Christene is, terselfdertyd ook volhard in ’n lewenswyse van homoseksuele dade. Sodanige homoseksuele lewenswyse, soos trouens met volharding in enige ander sonde soos beskryf in 1 Korintiërs 6:9-11, diskwalifiseer sulke persone vir enige ampte in die kerk van Christus, sowel as vir die Koninkryk van God.
  • Ons bely en erken die menswaardigheid van alle mense voor God, omdat alle mense geskep is na die beeld van God en Jesus Christus vir alle mense gesterf het. Daarom staan ons deure en harte oop om met die deernis en liefde van Christus, alle sondaars, ongeag hul seksuele oriëntasie, te verwelkom, te bedien en pastoraal te begelei met die evangelie van liefde in Christus Jesus.

Gedring deur Christus se liefde, moet ons mekaar se sonde ernstig opneem, sodat ook in die NG kerk ons op geen ander plek skuiling sal soek as in die vryspraak en bloed van Jesus Christus nie. In Christus wag die oorwinnaarskroon anderkant die graf en sal ons aardse stryd teen sonde vir ewig verby wees.

Reeds onderteken deur die volgende leraars van die NG Kerk in Namibië: (38)

Andries Gous, Christo Swarts, Christo van den Heever, Dirk Coetzee, Dries Burger, Dries Coetzee, Dubois du Toit, Düring Cornelius, Edwin Kakori, Erik van Zyl, Ernst Coetzee, Evert Strydom, Gerrie Cwi, Gerson Kuvare, Hector Jooste, Hein Schaaf, Hendrik van Zyl, Isaac Chameia, Jaco Rossouw, Jacob Schoeman, Jafet Moyo, Jason Ngambwe, Johan Combrinck, Johannes de Koning, Josef Gevers, Koos Engelbrecht, Leviet Kxao, Lukas van Vuuren, dr Manus Olivier, N!aici Komtsa, Petrus Kaimbi, Pierre Bosman, Richard Becker, Rudolf Smit, Shotty Mayebo, Thinus Coetzee, Vian du Plessis, Willie Coetzee

Reeds onderteken deur die volgende kerkrade van gemeentes in die NG Kerk in Namibië: (10)

NG Kerk Otjiwarongo, NG Kerk Omaruru, NG Kerk Oewer, NG Kerk Opuwo, NG Kerk Tsumeb, NG Kerk Suiderhof, NG Kerk Warmbad, NG Kerk Maltahöhe, NG kerk Outjo, NG Kerk Kalkrand

Reeds onderteken deur die volgende leraars van die NG Kerk in Suid-Afrika: (76)

Abrie Botha, dr Adré van den Berg, Alwyn Roux, Andre Fourie, Andre Lammertyn, Andrea Werner, Andries Grobler, Arend Hoon, dr Banus Botha, Bertus Janse van Rensburg, Carel Smith, Cecilna Grobler, dr Chris Saayman, Chris Visser, Christie Smit, Clifford James, Corrie Greeff, Dawie le Roux, Deon Senekal, Dr Dirk Venter, Eric Swanepoel, Ernst Rischmuller, Evert Bergh, Fanie le Roux, Floors Ellis, Francois Botha, Frikkie Snyman, Dr Gerard Olivier, Gert Badenhorst, Gert Barnard, Gert Delport, dr Gert Duursema, Dr Gideon Kok, Helgard Janse van Rensburg, dr Hennie Hoepfner, Ds Hermanus Crouse, Ian Dubery, Jan Louw, Jan Venter, Janlu Kuyler, Janus Roux, Johan Bloemhof, Johan Engelbrecht, prof Johan Janse van Rensburg, Johan Koen, John Holtzhausen, Jos van der Merwe, dr Leon Oosthuizen, dr Manie Taute, Marcel Vosloo, Marius Joubert, Marthinus Coreejes, Naledi Lehoko,Nicholas Botha, Nico Sennett, Ockie Olivier, Otto Clasen, PC Pretorius, Petrus Kriel, Philip Kuhn, Piet Fourie, Piet Otto, Pieter Badenhorst, Pieter Prinsloo, Pieter Theron, Rhenier Nel, Ruan du Plooy, dr Sas Conradie, Stefaan de Jager, Stefan van der Merwe, Theo Danzfuss, Tiaan Victor, Wessel Oosthuizen, Willem Badenhorst, Willem Botha, Willie Crous

Reeds onderteken deur die volgende kerkrade van gemeentes in die NG Kerk in Suid-Afrika: (6)

NG Kerk Tafelberg in Kaapstad, NG Kerk Kroonstad-Wes, NG Kerk Clearview Maclear, NG Kerk Delmas-Wes, Moreletapark Gemeente, NG Kerk Sasolburg Tuinedal.

Reeds onderteken deur die volgende leraars van die Reformed Church in Africa

Dr Gregory H Denysschen, Kovilan Moodley, Theo Francis.

Reeds onderteken deur die volgende kerkrade van die Reformed Church in Africa

Reformed Church in Africa in Cravenby Cape Town – called Living Waters.

Reeds onderteken deur die volgende leraars van die Uniting Reformed Church of Southern Africa (URCSA)

Louwrens van der Westhuizen

7 November 2019

3 thoughts on “Verklaring deur besorgde leraars en kerkrade”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui