Leeuwberg gemeente doleer

Kyk ook:

In opdrag van die kerkraad van Leeuwberg gemeente rig ek die volgende skrywe aan julle.

Dit is met groot spyt en hartseer dat ons as gemeente vir die afgelope paar jaar al kennis neem van die invloed van die liberale teologie in ons kerk, veral in die siening en hantering van die Woord van God. Met so ’n humanistiese, subjektiewe siening van die Skrif kan ons onsself glad nie vereenselwig nie. Ons staan sterk op die gereformeerde tradisie en siening dat die Bybel objektief, onfeilbaar en akkuraat is. Ons voel baie sterk daaroor dat ons as NG Kerk een belydenis moet hê en dat elke gemeente nie self daaroor kan besluit nie.

Daarom is ons as gemeente nou in ’n staat van dolering teen die Vrystaatse Sinode en die Algemene Sinode met die oog daarop om van die NG Kerk weg te breek, tensy daar oor die plek en die rol van die Skrif in ons kerk besin word en ons weer by een Protestantse belydenis kan terugkom.

Die gevolg is dat ons as gemeente onmiddellik alle verbintenisse met die NG Kerk staak, asook alle finansiële verpligtinge

Ds Eddie Botha

2 thoughts on “Leeuwberg gemeente doleer”

  1. FILÉMON 1:4-7 (AFR83)
    4 Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God 5 omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys. 6 My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou ’n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen. 7 Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.

  2. Ek (as waarnemer van buite die gemeente) is baie dankbaar om hiervan kennis te neem.

    Is verstom dat daar nie nog meer NG-gemeentes is wat amptelik doleer nie. Christene het nodig om waaksaam en paraat te wees en te bly. Om self die Skrif te lees en daaroor na te dink. Dan word ons nie so maklik deur valse lering mislei nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui