Ope brief: NGK en homoseksualiteit 2015-07

Kyk ook:

In die artikel Nelus Niemandt se pleidooi: ‘Gooi NG Kerk óóp vir gays’ het Nelus Niemandt, moderator van die NGK, sy progay standpunt openlik uitgespreek. Ook op 5 Julie 2015 in Rapport in ‘Gay is nie ’n keuse, maar liefde is’. ’n Mens het maar altyd geweet dat Nelus hoogs waarskynlik progay is, maar nou het hy dit vir die eerste keer in die openbaar erken.

In Oktober hierdie jaar sit die NGK se algemene sinode weer. Die gay-kwessie gaan weereens bespreek word. (Kyk ook Ope byeenkoms van die NGK se Taakspan oor Homoseksualiteit in Maart 2015 te Stellenbosch.) Die feit dat die NGK se moderator openlik progay is, voorspel niks goeds vir die komende sinode nie. Neem kennis dat die algemene sinode hierdie jaar ’n verkleinde sinode gaan wees. Sommige mense spekuleer dat die sinodegangers met die hand uitgekies is. ’n Mens sal moet sien wat gebeur…

Hierdie gebeure val “toevallig” saam met die gebeure in Amerika waar amptelik besluit is dat gayhuwelike landswyd gewettig moet word. (In die verlede het die verskillende state apart hieroor besluit.) Die withuis (en lyk my ander geboue) is selfs na die hofuitspraak later dieselfde dag verlig met die ses kleure van die gayvlag om hierdie besluit te vier (kyk White House, buildings across the country light up in rainbow colors to celebrate gay rights). Blykbaar is dit die eerste keer in die geskiedenis dat die withuis met ligte van verskillende kleure verlig is! (Kyk ook Obama se obsessie met gay huwelike.)

Die pous van die katolieke kerk het nog nie sy opinie oor homoseksualiteit in die openbaar bekend gemaak nie. Dit alleen sê hoogs waarskynlik reeds waar sy sentimente lê. Kyk ook:

Dit is ’n baie groot deurbraak vir die LGBT gemeenskap (Lesbian, Gay, Bisexual, Transgender), maar ’n groot terugslag vir Bybelgelowige Christene (kyk Die Bybel oor homoseksualiteit).

Hierdie gebeure herinner aan drie gebeure in die geskiedenis:

  1. Sondvloed: In Genesis 6 sê die Bybel dat die mense op aarde gemeenskap gehad het met hemelwesens. Hierdie was vir God so afskuwelik dat hy besluit het om die hele aarde te verdelg met ’n wêreldwye vloed.
  2. Sodom en Gomorra: In Genesis 19 word vertel hoe God Sodom en Gomorra vernietig het deur vuur en swael. Die rede was weereens seksuele losbandigheid, en lyk my spesifiek homoseksualiteit.
  3. Pompeiï: Pompeiï is in 79 nC heeltemal bedek deur vulkaniese as van ’n vuurspuwende berg. Na opgrawings is baie erotiese kunswerke gevind, selfs seks met diere. Die eerste gedagte wat by ’n mens opkom is dat God Pompeiï vernietig het oor hierdie sonde.

Is die onlangse gebeure nie dalk ’n vervulling van die profesie in Openbaring 17 nie?

Die Here se seën sal nie op die NG Kerk wees as hierdie sonde in die kerk toelaat word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui