Kyk ook:
Deur Daniel Louw
21 Junie 2025
Sommige mense voel dat ‘n mens altyd positief oor dinge moet wees. Jy moet lewe spreek. Die idee wat jy kry van hierdie mense is dat jou woorde of jou geloof die toekoms kan beïnvloed: as jy positief/lewe spreek, is die kanse beter dat die uitkoms positief gaan wees en as jy negatief is oor ‘n saak kan dit veroorsaak dat die negatiewe gebeur.
Hierdie siening word waarskynlik gebou op die volgende verse:
- Matteus 21: (22)As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.
- Markus 11: (23)Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. (24)Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
- Johannes 16: (24)Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”
- Filippense 4: (13)Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
- Jakobus 5: (15)En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.
Die realiteit sê egter iets anders. Daar is dosyne voorbeelde van mense wat baie vas geglo het dat iets sal gebeur, maar dan het dit nie gebeur nie.
Ek weet van ‘n situasie waar ‘n vrou kanker gekry het. Sy het tot die dag van haar dood geglo dat sy gesond sou word en geweier om die realiteit in die oë te staar. Dit was op die ou einde baie swaar vir haar geliefdes rondom haar omdat hulle nooit van haar kon afskeid neem nie.
Ek weet ook van ‘n ander situasie waar ‘n predikant kanker gehad het. Sommige mense het so vas geglo dat hy gesond sou word dat, toe hy die dag gesterf het, hulle vir hom wou kom bid sodat hy uit die dood kon opstaan.
Dit is natuurlik so dat ons ‘n positiewe ingesteldheid oor die lewe moet hê. Spreuke 4:23 sê:
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Om altyd negatief te wees kan ‘n effek op jou lewe en selfs jou gesondheid hê. In ‘n mate voel dit egter vir my om te glo dat jy lewe moet spreek, grens aan bygeloof. Kan jou woorde of geloof werklik die toekoms bepaal?
Daar is dele in die Bybel waar dit nie gehelp het om lewe te spreek nie:
- In 1 Konings 22 en 2 Kronieke 18 lees ons dat Agab die profete geraadpleeg het of hy en Josafat teen Ramot in Gilead moes gaan veg. Al die profete was positief. Die profeet Sedekia het selfs horings van yster gemaak en gesê dat Agab met hierdie horings die Arameërs sal stoot tot dit klaar is met hulle. Dit het egter nie gebeur nie.
- In Daniël 3 lees ons dat Nebukadnesar vir Sadrag, Mesag en Abednego in ‘n brandende oond gegooi het en hulle het dit oorleef. Voordat hulle in die oond gegooi is, het hulle die volgende gesê: “(17)Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. (18)Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” Dit is dus duidelik dat hulle nie lewe gespreek het nie, maar tog het God ingegryp.
- In Matteus 16:21-23 en Markus 8:31-33 lees ons dat Jesus die dissipels vertel het dat hy doodgemaak sou word. Petrus het Jesus egter berispe dat Hy so negatief was en lewe gespreek waarna Jesus na Petrus gedraai het en vir hom gesê het: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”
Om lewe te spreek kan ook geweldige spanning veroorsaak. Dit is moeilik om teen die realiteit in te gaan en te glo dat die uitkoms bepaal word deur jou woorde of jou geloof.
Dit is veel beter om vrede oor jou situasie te hê en God te vertrou vir die uitkoms, watookal die uitkoms is.
LAAT U WIL GESKIED! AMEN!
“LEWE SPREEK” is ‘n onderwerp waaroor ek nog ‘n diep omvattende studie wil maak. Alle woorde van GOD het “lewe” en dit is jammer dat die kerke-wêreld in ‘n geestelike sin, so arm is soos ‘n kerkmuis in God se werkinge, en so ryk soos ‘n 🇺🇸 Texas Olie-Magnaat in ménse se selektiewe lees van die Bybel, en die geweldige partydige toepassing daarvan (wat God haat) om hul eie “beursies” en gerieflike lewe die voorrang te laat geniet.
Toe GOD vir ESEGIËL sê hy moet spreek, ánders sal die 🩸🩸🩸🩸 van mense se ongehoorsaamheid op sý hoof rus, was dit òòk “lewe”, want. GOD se woorde is tog nooit “geestelik ⚰ “nie….maar glo my, kán letterlike ⚰⚰⚰⚰⚰⚰⚰⚰ bring vir Sy eie kinders, wat Hom in hul eiewaan, ignoreer.. Is elke christen – wat getuig hul is IN Christus – nie ook nou in Esegiël se 👣👣👣👣 nie?
In 2 KRONIEKE 19:7 (AFR53) is óók ✍🏻 “[7] Mag die skrik vir die Here dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die Here onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.”
Dié “geskenke”, word in die Engelse vertalings soms as “omkopery” (BRIBERY in engels) vertaal, en het soveel vorme, wat nooit aangespreek word nie reeds vir jare, altans in die sfere waar ek was. Selfs “stilbly” of “ander pad kyk” vir korrupsie by die werk….of die LEUEN LERAAR/PASTOOR, het ‘n noue verbintenis met “omkopery” op só subtiele en misleide manier en in vorne van “ek wil nie my werk verloor of bonus of verhoging of reputasie” , of een of ander vorm van moontlike verlies, wat maar ook “geskenk aanvaarding” is in terme van “geleentheidskoste-optimisering” (koste-rekenmeesters en ekonome o.a. ken dié tem “opportunity costs” baie goed), wanneer die “sosiale-moets-en-moenies” van die samelewing, vér meer gewig dra, as om God se woorde by die hedendaagse wêreld uit te bring.
Selfs die 10 gebooie, is “lewe spreek” vanuit God se oogpunt, en selfs die woorde van GOD aan die Israeliete in Egipte, om ‘n lam se 🩸 aan deurposte te smeer, was “lewe spreek”. Ons sit vandag met ‘n morsdooie kerke-wêreld en leraars, wat vér meer vir satan spreek, as vir GOD….selfs sg. “Behoudendes”, wat maar stilbly om hul beursies te bewaar..hul karre…hul huise…en maar min van GOD wáárlik dink deur hul lamsakkige optredes….terwyl die wolwe die skape verskeur….