Ken ouers katkisasiehandboeke se inhoud?

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Ken ouers katkisasiehandboeke se inhoud? | Netwerk24

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

18 Junie 2025

Ds. Pieter de Jager vra met reg “Wat is die volgende laagtepunt” (11.06) na aanleiding daarvan “dat sommige kerklidmate al hoe meer onder die illusie verkeer dat dit Bybels geregverdig is om verliefde paartjies toe te laat om saam te woon”.

Maar wat verwag hy dan, want die NG Kerk se algemene sinode se 2013-besluit bevorder hierdie illusie? Onder sinodebesluite 35 (punt 14 tot 22) word daar, onder die NGK se nuwe ruimdenkendheid oor die huwelik, begrip getoon vir saamwoon voor die huwelik, ook vir die seksuele wat daarmee gepaard gaan, en nêrens word saamwoon en seks voor die huwelik afgewys nie.

Die volgende laagtepunt was die publisering van die twee nuwe katkisasiehandboeke, naamlik Roetemerkers en Ongekaart. Eersgenoemde se subtitel is “Oorgangsrituele vir tussenin-tye”, terwyl die tweede een se subtitel is “ ’n Bronboek vir roetemerkers vir oorgange, en Nuwe rituele om op ’n betekenisvolle manier oor die ongekarteerde drumpels van die lewe te tree”.

Hoofstuk 20 se titel is “Uitkom” (Coming out ), waar dit bevestig word “Ek is gay gemaak na God se beeld”. Dan bevestig dit verder: “Die simboliek wat hier ter sprake kom, is dié van nuwe lewe en opstanding. Tekste waarmee gewerk kan word, is Jona se uitkom uit die vis, Lasarus se opwekking uit die dood en Jesus se opstanding.”

Ek dink elke ouer van elke katkisant moet gaan uitvind watter ruimdenkendheid hulle kinders nou in die nuwe kerklike “ruim huis” geleer word, en gaan ondersoek instel na wat in die katkisasiehandboeke bestaan wat gebruik word. Ja, ek wonder saam met De Jager: Wat is die volgende laagtepunt?

• Laat hoor van jou:  Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com.  Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

Kommentaar

xxx

1 thought on “Ken ouers katkisasiehandboeke se inhoud?”

  1. Meesste ouers kén nie eens die Bybel se inhoud nie, en sekere dele (sommer baie gróót dele, of gewigtige dele, of baie, baie boeke in die Bybel), is vir jare of dekades nie eens gelees, of ge👂👂 vanaf die preekstoel, of van welke bron ookal nie…of oor ge🧠 nie. Die Bybel en God se dinge en Sy werke, is by meesste ouers, nie eens ‘n gesprek-die-moeite-werd-om-oor-te-praat tussen mekáár, of met ander mense nie. GOD is vir meeste ouers, die Sondagmaal se poeding: baie lekker om van te eet, maar hoe vinniger en kortstondiger, hoe beter, en “tog-asseblief-nie-té-gereeld-nie”. Rugby, sport, politiek, skinder, TV, Rolprente, vermaak, braai en kuier, grappe vertel, vanmeleë se dae, stories, ens., is wat nou wáárlik die moeite werd is vir ouers om aan tyd te spandeer. God moet net nie té veel van hul tyd in beslag neem nie, want te veel van “té”, is ook maar hoogs verwaand, ‘n groot gedwepery, of hoe….? Waarom dan nog na Katkisasie materiaal…of sélfs skoolonderrig materiaal kyk?

    En só leer die kinders in alle geval dít, wat die ouers rééds ÍS, WANT as die ouers waarlik die pad met GOD saamge👣 het, het hul al dekades gelede, sélf reeds sondagskoolklasse by die kerk gegee, en bidure gely, en uitreike gereël, en die “woke-dominee” by die deur uitgeskop sáám met sy kerkraad, en sommer sélf aansoek gedoen om as ouderling of diaken op te treë, en wyke besoek SAAM met die nuwe dominee wat aan die 🔥 is vir sy gemeente, en wat geen bang haar op sy kop het vir duiwel, demoon, politikus, polisieman, besigheidseienaar, stadsraadslid, “woke leraar”, leuen leraar, leunen Sinode ens nie. Nie eens vir Trump of Putin of Obama of enige leier in 🇿🇦🇬🇧🇮🇱🇺🇸 of van wáár ookal, of ANC of DA of EFF of VF+ of PA of MK of IFP ens nie….en nie sal skroom om die leuenaars sélfs onder eie Afrikaanssprekendes, aan die pen te laat ry nie, hetsy boer of te nie. GOD is onpartydig, aldan nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui