Geloof wat rêrig is – Leiersgids vir die belydenisgroep

Titel: Geloof wat rêrig is – Leiersgids vir die belydenisgroep

‘n Praktiese gids om jongmense na egte verbindtenis aan hulle geloof te lei.

‘n Geloofsreis deur die Apostoliese Geloofsbelydenis en die tien gebooie

Beskikbaar by Bybel-Media.

Hierdie is ‘n amptelike katkisasieboek van die NG Kerk.

Op bladsy 201 staan die volgende oor Homoseksualiteit:

Homoseksualiteit

Oor die verskynsel van homoseksualiteit moet ons baie omsigtig wees, want ons het hier te doen met mense wat hulle liggaamlike en sosiale posisie dikwels baie pynlik ervaar. Hier is dit nie dieselfde as wanneer iemand seksueel gemolesteer word nie. Homoseksuele mense word dikwels deur die samelewing verwerp oor hulle seksuele orïentasie wat hulle nie self gekies het nie.

Die Bybelgegewens oor homoseksualiteit (Lev 18:22-23; Rom 1:24-32; 1 Kor 6:8-9; 1 Tim 1:9-10) bring ons voor ‘n probleem. Tog praat die Bybel nie oor die verskynsel van homoseksualiteit soos dit wetenskaplik ondersoek is met verloop van die afgelope eeu en ‘n half nie. Daarom mag die kerk nie veroordelend staan teenoor homoseksuele mense nie. Hulle is dikwels van die eensaamste mense in die samelewing. Daarom moet ons as Christene hulle in die Christelike gemeenskap verwelkom.

Om te probeer verklaar waarom mense gay is, is kompleks. Sommnige navorsers sê dat daar ‘n sterk genetiese komponent by betrokke is; ander se navorsing bewys dat hormonale faktore ‘n groot rol speel; nog ander beweer dat sosiale faktore soos molestering of opvoeding ook ‘n rol kan speel in mense se seksuele orientasie. Die onsekerheid oor waarom mense gay is bring mee dat ons versigtig moet wees. Ons kan dit nie aan ‘n enkele faktor toeskryf nie. Wat die heel belangrikste is, is om te besef dat gay mense nie kies om gay te wees nie.

Bybeltekste wat tradisioneel gebruik is om die beoefening van homoseksualiteit te veroordeel, kan dus nie gebruik word om gay mense te etiketteer en te verwerp nie. In plaas daarvan om gay mense te verwerp, behoort ons ons af te vra wat ons doen wat hulle dalk uitgesluit en verwerp laat voel. Volg ons die voorbeeld van Jesus wat ons geleer het om ons naaste lief te hê soos onsself? Wanneer ons in Psalm 139 lees dat God ons wonderbaarlik aanmekaargeweef het toe ons nog in ons moeder se skoot was, is sy vingerafdrukke op elke mens. Het ons dan die reg om sy maaksels, wat Hom as Verlosser aangeneem het, te verwerp?

Net soos gay mense dikwels bang is vir heteroseksuele mense omdat hulle verwerping vrees, is heteroseksuele mense dikwels bang vir gay mense. Die rede hiervoor is meestal onkunde. Daar is te veel mites oor gay mense soos dat gay mans altyd verfynd is en lesbiërs butch. Of dat alle gay mense promisku is. Dit is enkele mites wat onwaar is. Promiskuïteit is ‘n individuele keuse en kom net so baie onder heteroseksuele mans en vroue voor.

Ons almal, gay en heteroseksuele mense, is meer as net seksuele wesens. Daar is soveel meer waarmee ons met mekaar in verhouding kan tree as ons seksuele identiteit.

Om waarlik kerk vir mekaar te wees, moet ons uitreik na gay mense. Dit beteken ons moet met hulle begin praat en veral na hulle luister. As Christene behoort ons hulle in liefde te omarm, hulle laat deel in die kerklike aktiwiteite en vir hulle ondersteuning bied hoe en waar hulle dit nodig het. Bowenal moet ons bereid wees om by hulle te leer. Só kan hulle ervaar dat hulle behoort, saam met ander Christene.

3 thoughts on “Geloof wat rêrig is – Leiersgids vir die belydenisgroep”

  1. Aanhaling:
    “Promiskuïteit is ‘n individuele keuse en kom net so baie onder heteroseksuele mans en vroue voor.”
    Nou wonner mens net, wanneer is sonde n keuse en wanneer is dit maar aangebore, in die gene?

  2. So dikwels het ek al gewonder waarom JESUS die vrae wat soms aan Hom gestel was, “darem nou nie eintlik geantwoord het nie”, en eers baie, baie jare later begin leer GLO het, dat ‘’Hy het geantwoord’’ – en sommer baie direk óók – want, Sy woorde is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart, en daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

    “Geloof wat rêrig is” laat my onwillekeurig dink aan Hebreërs 11, waar die wáre manne van geloof opgetreë het. Mens kan dus waarlik by ander mense ook leer: nie altyd wat hulle sê of doen nie, maar dit is tog asof mense se woorde, gedagtes, dade ‘n oorbrugging word, na ‘n volgende aksie. En dáár waar dié, mens lei na die Bybel, of na dieper dinge oor GOD, kan mens sommer baie tyd aan spandeer.

    Ek kyk vroeër vandag weer na ‘n paar videos van Ortodokse Jode – en daar is ook verskeie “faksies” onder hulle, soos bv. die Hassidiese Jode – en vind weereens hul liedere aangrypend, en selfs diè video waar die eerste Minister van Israel, Benjamin Netanyahu by die Westelike Muur Plaza in Jerusalem, op Sondag 22 Junie 2025, ‘n spesiale dankseggingsgebed gelewer het saam met die rabbie van die “Western Wall and holy sites”, ‘’Rabbi Shmuel Rabinowitz’’, en die Direkteur van die ‘’Western Wall Heritage Foundation”, ‘’Mr. Mordechai (Suli) Eliav’’, en veral dan ook in hierdie tydvak van die “Rising Lion”-oorlog.

    Om ‘n spesifieke rede – wat ek nie nou gaan vermeld – laat die Eerste Minister van Israel, Benjamin Netanyahu se naam, my vir jare reeds, herinner an die geweldige groot seën deur Moses aan die stam van Benjamin in Deut 33:12, “…Die beminde van die HERE—hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange”. Die Modern King James-vertaling (soos baie ander Engelse vertalings), praat só : “..Of Benjamin he said, The beloved of Jehovah shall live in safety beside Him, and shall cover him all the day long, yea he shall dwell between His shoulders.’’ Mens kan gerus die hele hoofstuk 33 weer lees; elke woord is aangrypend. [ https://youtu.be/6s9E4N3qYVQ?feature=shared ]

    In die een video, word ‘n lied gesing waarna ek al dikwels geluister, en is netso aangrypend, veral omdat direk verwys word na Psalm 127:1:”A Song of degrees for Solomon. Unless Jehovah builds the house, they labor in vain who build it; unless Jehovah keeps the city, the watchman stays awake in vain”. Die lied word gesing deur die “The Meshorerim Choir” [https://youtu.be/TBTU3Rs0HUM?feature=shared]:

    Im HaShem lo yivneh vayis
    shav amlu vonav bo

    Im HaShem lo yishmar ir
    shav shakad shomer

    Hineh lo yanum
    ve lo yishan
    Shomer Yisra’el
    _________________________
    Except the LORD build the house,
    they labour in vain that build it.

    Except the LORD keep the city,
    the watchman waketh but in vain

    Behold, He that keepeth Israel
    doth neither slumber nor sleep.

    Wat ek dus eintlik hier sê, is dat die Ou Testament, nie sommer ‘n ou nat koerantpapier behoort te wees waarmee vullis mee opgetel word vanaf vuil vloere nie. Voor mens by mense leer, leer maar eerste by GOD, want dan word die hoeksteen rég gelê.

    Die NG Kerk is afvallig.

  3. As ek so mag byvoeg – noudat ek PSALM18 vanoggend lees, met so ánder klemverskuiwing vanuit die AMPLIFIED CLASSIC 1987-vertaling van THE ZONDERVAN CORPORATION & LOCKMAN FOUNDATION, en spesifiek kyk na Psalm 18:15-16, waar die fondasies van die 🌏🌎🌍 blootgelê word deur die HERE Homself, en Hy verlos (my) van vyande se bose waters:

    Nie nét die NG Kerk sit met die groot probleem nie, maar ook die AGS en VEK en HETESH en ReachSA en Liittle Falls Christian Centre in 🇿🇦 en sovele ánder in 🇿🇦, 🇺🇸, 🇬🇧, ens.. Reeds lánk voor 2025….mens 👣👣👣 tog na ‘n gewonde persoon, en versorg hom soos die Barmhartige Samaritaan met opregte bedoeling sònder verwagting van enige teenprestasie? Maar nee… hùlle is baie, baie erger….hul neem die 🔪 en steek sommer verder vir baie jare. Sélfs Dr. Izak Burger….en EncounterSA en Rhema….? Hul 👂👂 a.g.v.. die Gawe van die Gees (wat GOD nooit terugtrek nie) – EN PAS DIT BAIE VLEESLIK TOE – maar NIE a.g.v. en VANUIT ‘n diepe saam👣👣👣👣 met GOD se ❤ nie…OF sáám met ‘n gewonde ❤ nie,want hul eie messteke se gevolge s óók maar groot sigbaar in só hart, sáám met dié van MITTAL STEEL?Want wanneer die HERE sê “bely” of “kom uit daardie kerk of sfeer of groep of werk”, of “wees EERLIK IN DIE BELASTINGOPGAWE”, en jy doen dit NIE, sal jy sáám met ANC en DA en EFF en MK , en baie ánder, sink soos die TITANIC.

    Die 🩸 🩸🩸🩸🩸🩸🩸van Christus maak nie “los tonge” rég nie….óók nie leuens of verskuiwings of weglatings in belastingopgawes of finansiële jaarstate nie of verwarde of skewe konsultante se opinies nie…..dit vergewe wel, maar is nie goedkoop nie…..”Restitution”? Bely voor GOD oor die 🪞 van die Bybel wat na “self” kyk? Lyk my meer persone kyk eerder na ‘n ⬛ – soos die “Kassie in die TV Kamer” – as na die 🪞 in die Bybel . Miskien moet bg. òok pelgrims word, soos heelwat Islamitiese Pelgrims en na “sélf” gaan staar, want GOD SE LIG IS ÒÒK IN DIE OU TESTAMENT, maar lyk my meesste christene, jode, islamiete, hindoes, ens. het maar min, min tyd vir die 10 gebooie, of Esegiël of Jeremia of Eksodus of Genesis of 1-2 Konings/Kronieke, ens, en “verander” maar ook die Psalms na willekeur, om eerder by hùl eie 🧠 te laat aanklank vind, as die wáre bedoeling.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui