‘n Christen kan deur bose gees beset word

Kyk ook:

Die volgende brief het in Kerkbode verskyn.

***********

”n Christen kan deur bose gees beset word’

May van der Walt, Posbus 761, Silverton, skryf:

29 Julie 1994

My eerste reaksie op bogenoemde vraag, soos in Die Kerkbode van 29 Oktober 1993, is: “Nee”. Maar as ek ondersoekend na honderde mense kyk wat oor jare heen onder berading was, dink ek weer.

Feite leer dat sowat 75% van die lidmate wat ons teekom, nie ’n getuienis van redding het nie, nóg

sekerheid oor hulle eindbestemming. Talle moes al teenoor my erken dat hulle valslik voor God en sy gemeente belydenis van geloof afgelê het. Dit is gewoonlik hulle wat uiteindelik hulp nodig het. Baie teruggevalle Christene het ook vir my gevra: “Help my, ek het ’n duiwel of ’n bose gees in my of ek het die sonde teen die Heilige Gees gepleeg.” Mense sê ook God het hulle nie meer lief nie. Hy luister nie meer nie. As ons, die hulpverleners, oortredings soos fortuinvertellery, handpalmlees en ‘sterre voorspel’ uitwys, moet die kerk ons maar verdra. Die hulpsoekende het dit waarskynlik as net ’n ‘grap’ beskou, maar in die oë van God is dit sonde.

Ek het ook probleme met die sogenaamde Christelike meditasie wat deur sommige NG teoloë voorgestaan word. Volgens Art 12 van die Drie Formuliere van Eenheid lê die Satan en sy hose geeste op loer om die kerk en sy lidmate met alle mag in die hande te kry. Wat word van die ongereddes of teruggevalle Christene indien hulle hierdie misleidende tegnieke aangryp? Nou word hulle boonop gewaarsku teen mede-gelowiges wat bedoel om hulle te help. My kerk dryf hulle as’t ware na diegene

wat net wag om hulle onskriftuurlik te ‘bevry’ – verder die afgrond in. So verloor ons duisende wat

gehelp kon word.

Heilige Gees

Ek vra dat daar ruimte moet wees vir hulle wat gebalanseerd onder leiding van die Heilige Gees en met ’n opregte gemoed voor God die mense in nood raaksien en wil help. Ek meen dat diensknegte en

lidmate van die kerk baie versigtig moet wees met die ligtelike gebruik van terme soos ‘duiwelontbinders’, bindingstandpunte en bindingspraktyke en daardeur ’n kosbare dienswerk in Christus afkraak. As daar in die Naam van Jesus Christus gewerk en gebid word, word dit nie deur opregtes van hart as ’n sogenaamde towerformule gebruik nie.

Salwing

Ek is ook daarvan bewus dat ons kerk in die verlede nie genoegsaam die leer van die demonologie

aan ons teoloë deurgegee het nie. Volgens die Nuwe Testament sal ons nog meer van demoniese aanslae hoor. Kan ons lidmate en teoloë nie nou maar hande vat nie? Die salwing van die Heilige

Gees sal ons immers lei (1 Joh 2:27). Indien ons geestelik hande vat, kan ons baie by mekaar leer.

(Verkort. – Red)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui