God hét alles in ses dae gemaak

Kyk ook:

Die volgende brief het in Die Kerkbode verskyn.

Interessant, MJ Smuts jr, se siening is glad nie dieselfde as sy pa se siening nie. Kyk die volgende resensie wat hy geskryf het oor die boek Die Trojaanse Perd in die NG Kerk:

***********

‘God hét alles in ses dae gemaak’

MJ Smuts, Helderberg, skryf:

29 Julie 1994

Ek vewys na ’n artikel in Die Kerkbode van 24 Junie 1994 en dr Adelbert Scholtz se mening oor evolusie.

Hy sê onder meer die oorgrote meerderheid Bybelverklaarders sien in Gen 1 nie meer ’n letterlike en gedetailleerde beskrywing van God se skeppingswerk nie. Dit is eerder ’n digterlike werk oor die grootheid van die Skepper. Dit was nooit die skrywer se bedoeling om ’n akkurate verslag oor die ontstaan van die heelal te gee nie, skryf dr Scholtz.

My vraag as gewone teoloog aan hierdie Bybelverklaarders is: Kan ons dan nie finaal aanvaar wat God – nie ’n profeet of ’n digter nie, maar God self – oor die skepping sê nie?

Gebooie

Kom ons luister wat Hy sê: “Toe het God al hierdie gebooie aangekondig” (Eks 20:1). ’n Deel hiervan, en let wel, in die Afrikaanse Bybel (Eks 20:1-17) staan in aanhalingstekens. “Die Here het in ses dae die emel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin.” Telkens word ‘alles’ beklemtoon.

Wie mag hierdie woorde van God ooit betwyfel? Ek glo dat dr Scholtz nie God se Woord minder as ek aanvaar nie.

Ons moet onthou dat God almagtig is. Wat die geleerdes meen miljoene jare geneem het, kan God in ’n oomblik doen. As God dus sê: “Laat daar lig wees,” dan is daar dadelik lig.

God het nie die son nodig om lig te maak nie, want die Bybel leer vir ons dat God self lig is (1 Joh 1:5). Kom ons berus daarin: God bet self gesê dat Hy alles in ses dae geskep het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui