Kuise klere

Die volgende Bybelverse sê dat Christene se kleredrag moet getuig van die Gees wat in hulle woon en moet daarom kuis wees.

Romeine 14: (13b)Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ’n val kan bring nie. … (21)Dit is goed as ’n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie.

Matteus 5: (28)Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. (29)“As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.

Romeine 12: (1) … Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.

1 Korintiërs 6: (18)Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ’n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. (19)Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: (20)julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Filippense 1: (20b)Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe,

Titus 2.4-5: (4)… die jonger vrouens … (5)verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.

1 Timoteus 2: (9)Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, (10)maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien.

Wees versigtig dat jou kleredrag ander mense kan laat struikel. Dit is veral van toepassing vir vroue. Hieroor sê die Bybel:

Matteus 18 : (6)Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. (7)Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.”

Hier volg ’n paar artikels of videos wat handel oor die geskikte kleredrag vir Christene:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui