Die Bybel oor masturbasie

‘n Mens hoor soms mense sê: “99% van alle (ongetroude jong) mans masturbeer, en die ander 1% lieg.”

Alhoewel hierdie seker baie mans gemoedsrus gee oor hierdie daad, sê dit egter niks oor die sondige aard daarvan nie – as almal dit doen, beteken dit nie dit is reg nie.

Kom ons wees eerlik, tydens masturbasie dink ’n mens nie aan motorfietse en karre nie. Tydens masturbasie het jy seksuele gedagtes. Jesus sê die volgende oor seksuele gedagtes tydens die bergrede in Matteus 5:27-29:

(27)“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ (28)Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. (29)“As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.

Pornografie

Geen Christen het enige twyfel daaroor dat pornografie sonde is nie. Dit is nie eers nodig om die Bybel nader te sleep oor hierdie onderwerp nie, maar as ’n mens moet, dan kan ’n mens Matteus 5:28 hierbo van toepassing maak op pornografie. Party mense troos hulleself waarskynlik daaraan dat hulle darem nie na pornografiese prentjies kyk tydens masturbasie nie. As ’n mens egter na Matteus 5:28 kyk, is daar nie ’n verskil daarin om ’n vrou in onderklere te begeer teenoor om ’n vrou te begeer waar alle geslagsdele ontbloot is nie.

Verder staan daar in Matteus 5:30 die volgende:

(30)Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”

Is dit toevallig dat Jesus na die regterhand verwys, wat gebruik word vir masturbasie? Hoogs waarskynlik nie.

Mans wat tydskrifte soos Sports Illustrated swimsuit edition, GQ, FHM, ens koop, sal baie mooi selfondersoek moet doen oor hulle motief. Pasop vir die argument dat die vroulike liggaam as kuns gesien kan word. ’n Christen man kan ’n Ferrari aanstaar, maar ’n Christen man wat ’n mooi vrou aanstaar sal sy getuienis vir God belemmer.

Impak op die huwelik

Mense wat hulleself aan wellus skuldig maak (voor of tydens die huwelik) kan hulle eie huwelike en sekslewe ernstige skade berokken. Om twee voorbeelde te noem:

  1. Daar is gevalle waar mans so gewoond daaraan is om seksueel opgewek te word deur ’n pornografiese prentjie dat hulle nie seks met hulle vroue kan hê indien hulle nie ’n pornografiese prentjie langs hulle het nie. Dink net watter impak dit op die vrou se selfbeeld het.
  2. Daar is ook vroue wat meer bevredig word deur masturbasie as deur seks met hulle mans. Dus kan dit gebeur dat hierdie vroue eerder masturbeer en wanneer haar man toenadering vra, dan is sy afsydig omdat sy reeds haarself seksueel bevredig het. Dit kan ernstige gevolge inhou vir die huwelik. Dit kan selfs veroorsaak dat die man ander weivelde gaan soek.

Uitlaatklep vir ongetroudes

Mens kan redeneer dat veral seuns gebore word met sterk seksdrange en dat masturbasie as ’n goeie uitlaatklep kan dien vir hulle. ’n Mens het tot ’n groot mate begrip vir hierdie argument, maar dit is nie geldig nie. As Christene kan ons onself nie laat lei deur ons drange en emosies nie, maar moet ons onsself laat lei deur die wil van God. Kyk ook Word jy gay gebore?.

Gevolgtrekking

Daar is geen twyfel daaroor dat masturbasie sonde is nie: Masturbasie gaan altyd gepaard met begerende seksuele gedagtes. Of ’n persoon aan ’n vrou in swemklere dink of aan ’n vrou in ’n pornografiese fliek of foto, Matteus 5:28 is van toepassing: “Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.” Vers 30 verwys ook baie hoogs waarskynlik na die aksie van masturbasie.

Dit is nie net sonde nie, maar dit kan ernstige negatiewe gevolge inhou vir die huwelik.

Masturbasie is in ’n groot mate soos dwelms: as jy dit eers een keer gedoen het, is dit baie moeilik om daarmee op te hou, selfs in die huwelik. Daarom word aanbeveel om dit nooit te begin doen nie: eerstens omdat dit sonde is en tweedens omdat dit ’n impak op jou huwelik kan hê.

John Piper het dit ook baie goed soos volg gestel:

Masturbation is the experience of sexual orgasm produced by self-stimulation. Virtually every man and almost as many women have tried it. It is a regular practice of most single men.

One of the major forces preventing young people from obeying the call of God into vocational Christian service is defeat in the area of lust. A teenager hears a challenging call to throw himself into the cause of world evangelization. He feels the promptings of the Holy Spirit. He tastes the thrill of following the King of kings into battle. But he does not obey because he is masturbating regularly. He feels guilty. He can hardly imagine witnessing to a pretty girl about the eternal plight of her soul, because he has so habitually looked at girls naked in his imagination. So he feels unworthy and unable to obey the call of God. Masturbation becomes the enemy of missions.

Is masturbation wrong? Let me address the issue mainly for men. I cannot imagine sexual orgasm in the loins without sexual image in the mind. I know there are nocturnal emissions, which I regard as innocent and helpful, but I doubt that they are ever orgasmic apart from a sexual dream that supplies the necessary image in the mind. Evidently God has constituted the connection between sexual orgasm and sexual thought in such a way that the force and pleasure of orgasm is dependent on the thought or images in our minds.

Therefore in order to masturbate, it is necessary to get vivid and exciting thoughts or images into the mind. This can be done by pure imagination or by pictures or movies or stories or real persons. These images always involve women as sexual objects. I use the word “object” because in order for a woman to be a true sexual “subject” in our imagination she must in reality be one with whom we are experiencing what we are imagining. This is not the case with masturbation.

So I vote no on masturbation. There may be other reasons why it is wrong. For now I rest my vote on the inevitable sexual images which accompany masturbation and which turn women into sexual objects. The sexual thoughts that enable masturbation do not help any man to treat women with greater respect. Therefore masturbation produces real and legitimate guilt and stands in the way of obedience.

Three encouragements to single men:

1. You are not alone in the battle.
2. Periodic failure in this area no more disqualifies you from ministry than periodic failures of impatience (which is also a sin).
3. Pursue the expulsive power of a new affection. I walked by a whole section of “photography” books at the Walker Art Center last Thursday empowered by the better pleasure of feeling Christ conquer the temptation to look.

For the sake of your power,

Pastor John

Nog Bybelverse oor die onderwerp:

  • Job 31:1 : “Ek het my plegtig verbind om nie na ’n meisie te kyk en haar te begeer nie.

1 thought on “Die Bybel oor masturbasie”

  1. Ek is al 25jaar gelukkig getroud. Ek is steeds mal oor ’n mooi vrou en glo nie dis ’n sonde om ’n mooi vrou te waardeer nie. As ek na ’n mooi vrou kyk en haar skoonheid waardeer, is dit beslis nie begeer nie. Ek het nie ’n begeerte om met ’n vrou intiem te wees net as ek na haar kyk nie. Dit is nie ’n sonde om na ’n mooi sonsondergang te kyk en dit te geniet nie, so kan ’n mens ook waardering hê vir die skoonheid van ’n vrou. Dit is ook iets wat God geskep het…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui