Oop teïsme

“Oop teïsme”, ook bekend as “oop teologie” en die “oopheid van God,” is ’n poging om die voorkennis van God in verhouding met die mens se vrye wil te verklaar. Die argument vir oop teïsme is hoofsaaklik dit: mense is waarlik vry; as God die toekoms volkome geken het, kon die mens nie waarlik vry wees nie. Dus, God weet nie heeltemal alles omtrent die toekoms nie. Oop teïsme is van mening dat die toekoms nie geken kan word nie. Derhalwe weet God alles wat geken kan word, maar Hy ken nie die toekoms nie.

Stephan Joubert is ’n voorbeeld van iemand wat ’n oop teïs is. Kyk wat skryf hy in God programmeer my lewe nie vooruit met vervaldag en al nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui