Kerk ‘mag nie gender-apartheid toepas’

Kyk ook:

Die sinode het skaars begin en die progays begin al reeds dreig met die hof.

Hennie Pienaar was een van die 12 mense wat die NG Kerk hof toe geneem het en vir Chris van Wyk na die menseregtekommissie gesleep het.

Baie Christelik…

**********

Kerk ‘mag nie gender-apartheid toepas’ | Netwerk24

Deur Raymond Willemse

06 Oktober 2019 20:16

Die kerk mag nie gender-apartheid toepas nie.

Só sê prop. Hennie Pienaar, medestigter van Queers without Borders (QWB).

Pienaar is ’n besoeker aan die NG Kerk se 17de vergadering van die algemene sinode wat vandeesweek in Benoni plaasvind.

QWB is in 2017 gestig. Die beweging is ’n sosiale drukgroep wat die samelewing bewus maak van hoofsaaklik LGBTIQ-kwessies.

Pienaar sê hy hoop dat die kerk nie die 2015-besluit weer gaan omkeer nie.

Die sinode het in 2015 besluit elke gemeente kan self besluit of hulle gay predikante wil aanstel, gay lidmate aanvaar, gay verhoudings aanvaar of gay paartjies wil trou.

Die NGK het in 2016 sy 2015-besluit oor huwelike van dieselfde geslag gewysig. Lidmate van die NG Kerk het hulle tot die hof gewend en die 2016-besluit is deur die hooggeregshof ter syde gestel.

“Die 2015-besluit is die bes moontlike kompromis. Niemand word gedwing nie en elke gemeente kan self besluit. Indien die nuwe moderatuur die besluit gaan omkeer, gaan ons regsadvies inwin en ons moontlik weer tot die hof wend as die kerk ongrondwetlik optree. QWB gaan die sinode met valkoë dophou.”

Pienaar is een van die ondertekenaars onder wie vooraanstaande politici, akteurs, skrywers, akademici en kunstenaars, van ’n ope brief aan die kerk oor die kwessie van gays in dié kerk.

In die brief vra die ondertekenaars die sinode om nie 2015-besluite ongedaan te maak nie. Hulle waarsku ook dat enige besluit waarvolgens gay lidmate nie in al die voorregte van kerklidmaatskap deel nie, ongrondwetlik is en sal neerkom op minagting van die hof se bevinding in 2016.

Pienaar sê die kerk hoef nie bang te wees vir diversiteit nie.

“Daar is vir almal ’n plekkie onder die son.”

1 thought on “Kerk ‘mag nie gender-apartheid toepas’”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui