God is sensitief

Kyk ook:

OOR WIE MOET DIT EERSTENS GAAN: OOR GOD OF DIE KERK?
– God is sensitief!

Coligny Nel

3 November 2019

“As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly.”

Die kerk het mensgesentreerd geraak – en vergeet dit gaan oor om God seer te maak. Nie oor om mense
seer te maak nie, maar God self, die Een wie ons liefhet……. Ek glo dat God die mees sensitiewe Persoon
van almal is.

2 Thess 2:10 sê dat dit die LIEFDE vir die Waarheid is wat mense in die eindtye van misleiding sal bewaar –
nie die waarheid self nie. Maar die Liefde daarvoor.

Dis ’n hartsaak… Dis wanneer jy die Waarheid meer as enige iets anders in jou lewe wil hê.

Prof Johan Janse van Rensburg skryf:

“Volgens die situasie-etiek van Fletcher, Robinson en Tillich is die liefde die kompas van alle etiese gedrag. Selfs wanneer die Tien Gebooie nee sê, kan daar situasies wees wat oortreding van die wet noodsaak omdat die liefde dit vereis. Dan is dit nie meer “Jy mag” nie maar “Jy moet”.

Dit klink só reg. Tog is dit só verkeerd.

Hierdie soort natuurlike teologie verwring die Bybelse konsep van liefde en skep daarmee die indruk dat alles wat uit liefde is, moreel aanvaarbaar is.

Die wortel van hierdie dwaling is die veronderstelling dat die liefde onvoorwaardelik is.”

Die Skrif hanteer nooit die liefde as enigste norm nie.

1 Korintiërs 13 verduidelik wat liefde is en nie is nie, en verbind die liefde aan geloof en hoop.

Wie sy naaste liefhet, sal nie die naaste op enige manier te na kom nie (Rom. 13).

Jesus se liefde aanvaar nie immorele gedrag nie (Joh. 4 en 8).

Wie God bo alles liefhet, sal graag wil lewe soos Hy verwag. Jesus sê in Johannes 15:10: “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly.”

Reaksie

Op 3 November 2019 het Marie Sukers (Parlement) kommentaar hierop gelewer:

Read both your letters this morning: thank you for blowing the trumpet! I am convinced ( more so then before) that God had called you to stand in this season of the end times! My heart was broken as I read your letter, broken because of the spirit of conviction and truth in every word. The witness you bear for Christ and the salt of the Words you wrote, moved my heart to the need of repentance and Christ-centered living. God bless you, Coligny. Pray for me always to bear witness of Him, Christ in all things I do. God bless you, the battle is the Lords!!

1 thought on “God is sensitief”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui