NG gemeente Charl Cilliers doleer

Kyk ook:

In Mei 2019 het NG gemeente Charl Cilliers reeds aanduiding gegee dat hulle glad nie tevrede is met die rigting wat die NG Kerk inslaan nie (kyk Druk bou oor 2015-besluit, meen gemeente). Intussen het die Algemene Sinode ruimte geskep vir selfdegeslagverhoudings (SGVs) in die NG Kerk. Charl Cilliers het daarop gereageer deur te doleer. Hier volg hulle kerkraadsbesluit:

PREDIKANT:
Dr. Bennie Marais
TEL: 017 6400 217
SEL: 076 9134 861
bpmarais@wam.co.za
SKRIBA:
Anelda Maritz
FAKS: 086 620 1487
SEL: 017 6400 239
kerkkantoor@ngcharlcilliers.co.za
Posbus 3
CHARL CILLIERS
2301
Pastorie
319 Ackerman Street
CHARL CILLIERS
2301

06 November 2019

Geagte voorsitter

Die Kerkraad van die NG Kerk Chari Cilliers het tydens ’n amptelike kerkraadsvergadering op 5
November 2019 die volgende besluit geneem.

  1. Die Kerkraad distansieer hulself van die Algemene Sinode se besluit rakende
    selfdegeslagverhoudinge (SGV).
  2. Die Kerkraad verklaar hiermee dat die gemeente in ’n toestand van rou verkeer en dat die
    gemeente voortaan as die Dolerende gemeente van die NG Kerk Charl Cilliers bekend sal staan.
  3. Die Kerkraad versoek die Hoëveld Sinode om ’n buitengewone Sinode Sitting te hou om die
    besluit van die Algemene Sinode oor die selfdegeslagverhoudinge te bespreek.

Geteken

Voorsitter van Kerkraad: B Marais

Leierouderling: M de Jager

Leierdiaken: A Serfontein

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui