Geen argeologiese bewyse vir Bybelse eksodus?

In “Tyd om ‘kampvuurstories’ af te stof” (03.11.2021) hieronder skryf Marius Krige dat daar geen argeologiese bewyse vir die Bybelse eksodus bestaan nie. Daarmee voer hy aan dat ons meer krities moet wees oor wat die Bybel aan ons wil leer.

Daar is twee dinge wat ’n mens daaroor moet sê:

Eerstens is dit ’n argument uit stilte. Die afwesigheid van bewyse tel nie as ’n bewys daarteen nie.

Tweedens tel argeologie as historiese wetenskap waar die aannames wat jy maak bepalend is vir jou gevolgtrekkings. Dit is so dat hoofstroomargeoloë die eksodus bevraagteken omdat hulle nie tekens daarvan vind in die tydsperiode waarin hulle soek nie, maar argeoloë, soos David Rohl, het al aangetoon dat daar baie goeie redes is om te glo dat die verkeerde aannames gemaak word in terme van tydlyne. Indien ander tydlyne gebruik word, spring daar ’n magdom bewyse uit wat die eksodus bevestig.

Vir meer hieroor, kyk:

*****

Tyd om ‘kampvuurstories’ af te stof | Netwerk24

Deur Marius Krige, Hermanus

3 November 2021

Daar is mense wat vasklou aan die wet van Moses asof dit die alfa en omega is.

Dit is tyd dat ons die Tien Gebooie afstof. Daar is vir seker tydsgebonde elemente opgeteken, soos dat jy nie iemand anders se slaaf of slavin mag begeer nie. Kondoneer die Tien Gebooie dus slawerny?

Die Tien Gebooie word twee keer in die Bybel herhaal en die redes vir die instel van die Sabbat as rusdag verskil.

In Eks. 20:11 stel God die Sabbat in as rusdag omdat Hy op daardie dag gerus het. Maar Deut. 5:15 verklaar anders. Hier word jy beveel om die Sabbatdag te onderhou omdat jy in Egipte ‘n slaaf was en God jou daarvan bevry het.

Die eksodus uit Egipte val ook vreemd op, aangesien eietydse Israelse argeoloé (wat veel het om te verloor) ook tot die slotsom kom dat daar geen eksodus was nie — daar is bloot geen argeologiese bewyse daarvoor nie.

Waar laat dit ons? Die Tien Gebooie is wel stippellyne vir die pad, maar vele antieke geskrifte is bloot kampvuurstories.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui