1994 NGK besluit: Aborsie

Die volgende besluit oor aborsie is geneem tydens die NG Kerk se algemene sinode van 1994.

******

AGENDA

A.3 Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake, p 63

2. Aborsie

Stemme het die afgelope tyd opgegaan ten gunste van aborsie op aanvraag. Aborsie het selfs ’n politieke speelbal geword. Onderstaande standpunt, soos deur die Algemene Sinode van 1982 besluite, is opnuut aan die media en politici verskaf. Die Sinode bevind, in die lig van die Skrifgegewens en die stand van wetenskaplike gegewens, dat aborsie ontoelaatbaar is. In die hoogs uitsonderlike gevalle van volkome onafwendbaarheid, bly dit nog steeds ’n saak wat nie volgens God se geopenbaarde wil is nie en daarom slegs met diepe worsteling, skuldbelydenis, pyn en onder felle protes aanvaar kan word. (Handelinge Algemene Sinode 1982: 1242)

HANDELINGE

A.3 Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake, p 429

Kennis geneem

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui